Ek lees graag. Veral as ek meer wil uitvind oor ‘n nuwe onderwerp. So ek het baie artikels en so paar boeke gelees (en sal nog baie) oor homeschooling.
Die voordeel hiervan is dat ek baie inligting en nuwe kennis opgedoen het. Die nadeel is dat ek baie inligting het en nuwe kennis opgedoen het! Ja, dis ‘n voordeel en ‘n nadeel.
Ek sal verduidelik met ‘n voorbeeld. Toe ek swanger was met my eerste kind, lees ek al wat ‘n boek oor ouerskap, moederskap en baba-opvoeding. Een spesifieke boek was die bekende On becoming Babywise deur Gary Ezzo. Sjoe, daai boek sou baie stres en bekommernis veroorsaak in die eerste jaar van my kind se lewe. Want sy het refluks gehad en volgens die boek kan ‘n babatjie met refluks nogsteeds teen 8 weke, (of op die meeste 12 weke) begin deurslaap! Wel, my kindjie het een volle nag deurgeslaap die hele jaar! So, die gevolgtrekking wat ek gemaak het was, ‘Ek is nie ‘n baba-mamma nie’, dws, ek is nie goed met die baba stadium nie, hopelik raak ek beter hoe ouer hulle word. Jinne, dat ‘n soektog vir inligting mens so kan beperk!
So, kan ek net sê dat dit awesome is om baie op te lees oor ‘n saak, om te leer uit ander se ervarings en nuwe perspektief te kry, maar moenie toelaat dat dit by jou steel nie.
Dit gesê, gaan ek nou ‘n bronne lysie maak van die leestof wat ek gelees het oor homeschooling. Want dit het my tog meer toegerus laat voel, deel van iets groter as myself. Ek loop in die voetspore van moeders wat klaar hierdie pad voltooi het, hoekom nie als leer wat ek kan, (voor ek nog een tree gegee het) nie? Voeg gerus jou goeie boek/artikel/aanhaling by deur ‘n comment te los.
Die eerste goeie boek wat my eers in die tuisonderrig rigting gewys het, was Clay en Sally Clarkson se uitstekende boek: ‘Educating the Wholehearted Child’. Hulle verduidelik hoekom mens homeschool en het tabelle wat skool onderrig opmeet teenoor tuisskool. Dit het my aandag getrek!
Hulle verduidelik ook al die tipes homeschooling kurrikulum wat daar is en het hulle eie een saamgestel. Ek hou baie van die klem op Dissipelskap. Dit is wat ons doen as ouers, ons dissipel ons kinders, stap ‘n pad saam hulle soos Jesus met sy dissipels gedoen het. Na 3 jaar was hulle gereed om kerkleiers te wees! Wat kan ons doen met 18 jaar?!
Die boek het baie voorbeelde uit die Clarkson’s se tuisonderrig jare wat ek geniet het om te lees. Mens wil praktiese voorbeelde hê van wat ander mense doen in hulle tuisskool. Wow! Dit was inspirerend!
Daars ook klomp Templates agter in die boek wat ek weer na moet gaan kyk, want eks seker daar was so paar wat ek wou fotokopie en gebruik. (Hulle sê ons mag 🙂
Dan het ek ‘n goeie webwerf ontdek wat klomp goeie artikels het vir beginner homeschoolers. As ‘n groot dik boek jou afsit, lees gerus klomp kort artikels wat hier te vinde is:
Tips for starting Homeschooling http://www.south-african-homeschool-curriculum.com/tips-for-starting-homeschooling.html
Jy gaan aritkels vind wat tydskriferig is. Hulle is die wat in my opinie, net spasie volmaak, en met jou kop kan smokkel. Hulle is gekenmerk deur ‘n nommer vooraan die titel. 5 Tips for this en 4 Do’s and Dont’s en 6 Ways and Wont’s. Sulke artikels is eintlik beter om te skryf as om te lees, want dit is subjektiewe opsommings. Lees slegs vir tydverdryf:
5 Tips to a Happier Homeschool http://simplehomeschool.net/happier-homeschool/
5 Tips for Homeschooling with Littles http://www.justlaine.com/2012/08/tips-for-homeschooling-while-you-have.html?m=1
3 Things that will sink your homeschool” so that I can avoid the pitfalls. http://www.hiphomeschoolmoms.com/2012/07/3-things-that-will-sink-your-homeschool/
Ek het op Kindle ‘n paar samples gelees van boeke wat oor homschooling gaan. Nie een wat regtig my belangstelling behou het nie.
Toe sien ek Wendy Young se boek “The Living Education” raak. Sy is ‘n Suid-Afrikaner (dadelik ‘n pluspunt) tuisskool mamma wat saam met Shirley Erwee die Footprints on our Land kurrikulum ontwerp het. Ek wou graag lees wat sy te sê het oor homeschooling.
Ek het dit binne twee weke in die pos ontvang. Die twee vakansie storie boeke bly ongelees langs my bed. Ek is nog honger vir homeschool happies!
Wendy se boek het my eers teleurgegstel. Waar is die propvol insperende idees en praktiese voorbeelde? Ek was reg om nog ‘n altaar te bou vir ‘n tuismamma heldin. Maar die boek het my vinnig aarde toe gebring. Homschooling is harde werk! Ek sweef die laaste ruk op hierdie romantiese wolk van Pinterest kunswerk en Amerikaanse Hip Homeschool Moms (Facebook blad). Als was net awesome! ‘The Living Education’ het my herhinner dat ek my baba gaan voed en neersit om te slaap en moontlik siek kinders gaan hê en hier en daar morse gaan moet opruim. Dit was ‘n wake-up call en dalk presies wat ek nodig gehad het om te lees!
Sy het ‘n lysie boeke wat sy aanbeveel en een wat ek nog graag sal wil lees is The Three R’s deur Ruth Beecheck.
Laastens ‘n blog artikel deur Reb Bradley getitel Homeschool Blindspots (http://www.joshharris.com/2011/09/homeschool_blindspots.php) Sjoe, nou moet ek hoor dat daar homeschool kinders is wat van die pad afgaan en in dwelms en drank betrokke raak! Ag nee! Ek dog alle homeschoolers is suksesvol en kweek perfekte kinders! Wel, ek is lekker naief. Hierdie artikel was goed om te lees sodat ek nie ‘my significance’ in my kinders se sukses plaas nie. Die fokus moet op ons kinders bly en nie op hoe wonderlik ons is omdat ons homeschool nie.
My gebed nog altyd en op hierdie reis ook gaan wees: Here, wees my en my kinders se Leermeester.
Die Here sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees. (PSALMS 32:8 NLV)