Die beste jaar van my studie loopbaan was 2006 toe ek by Tuks se Groenkloof Kampus NGSO (Nagraadse Sertifikaat in Onderwys) geswot het.
Dit het my uitgedaag om onderwys anderste te benader. Ek het afgekom op van my notas die ander dag en WOW!, dis goeie stuff! Moes net met julle deel!
Een kwotasie wat ek neergepen het is: “What the teacher intends to communicate is not significant, only how the teacher is perceived by the learners.”
Dit gaan aan om te verduidelik dat die kinders jou gesig en gesindheid kan lees en aanvoel. As jy benoud en angstig voel, sal hulle daardie emsoies weerkaats. Dit weet ons al klaar as mammas in ons huis. Die Ma skep die atmosfeer, so dis maklik om die konsep oor te dra na jou tuis skooltjie toe. Ek is verheug dat my kinders so positief is oor homeschooling en elke oggend gretig na die Klaskamer toe gaan. Nou besef ek dat klein oortjies die afgelope paar weke afgeluister het elke keer wat ek iemand vertel het van ons plan. My persoonlikheid laat my nie toe om my opgewondenheid te onderdruk nie, so al wat ‘n vreemdeling op vakansie wie vra hoe oud my kinders is, het gehoor van die avontuur wat op ons wag. V’middag antwoord my 3-jarige met trots ‘n tannie by die swemles, “ons doen nie gewone skool nie, ons doen homeschooling!”
Die Onderwys jaar se hoofboodskap was om die werk wat ‘n kind moet studeet so toepaslik aan sy lewe as moontlik te maak. Die frase “Real-life experience” was herhaal tot vervelings toe. Met ons praktiese weke, was ons opdrag: “Present a real-life problem. Make sure it is clear, creative, fun and different to the ordinary.”
Wat is bedoel met ‘real-life’? “It has to matter to the learner right now! Something that is going to change his/her life now.”
Ek moes Graad 5e by Brooklyn Primary leer oor VIGS. Ja, in lewens-orientering. Ek kan nie onthou of die handboek iets gesê het oor seks nie. Ek weet net dat ek nie op daardie stadium die woord sou kon sê vir elf-jariges nie. In elk geval, ek is geleer om myself die vraag vooraf te vra: Hoekom moet die leerders hierdie leer? Wel, ek het lank gedink oor hoe om VIGS nou ‘real’ te maak vir die kinders en toe is daar ‘n oplossing. My dosent was oppad om my te krit, so ek get gevra of ons kan maak asof sy VIGS het. Jip, vir die kinders lieg en sê sy is HIV+. Ek vra my dosent vooraf om tussen die kinders te sit en dan gedeurende die klastyd vir een van die leerlinge te vra vir ‘n slukkie van sy water en kyk of hy reg reageer, (om nie haar weg te stoot of met afsku haar te behandel nie). Die punt van my les was dat mense wat HIV+ is nogsteeds normaal kan lyk, (nie sieklik nie) en dat mens nie VIGS kan kry deur om uit dieselfde glas te drink nie. Om sulke mense met die selfde liefde en respek te hanteer as jy ‘n ander oom of tannie sou benader. Toe ek die kinders inlig van my HIV+ dosent wat oppad was, was daar ‘n geskokte stilte. Is that real-life enough for you? 🙂 Hulle het hul bes probeer om nie vir haar te staar nie, en ek moet hulle krediet gee, hulle was beskaafd en goed-gesind teenoor haar. Die les was nogtans chaoties en ek was gedruk vir tyd. Die periode was bietjie te kort maar ek hoop die boodskap het deur gedring. Toe ek aan die einde van die les vir hulle laat weet dat sy toe nie HIV+ is nie, toe was daar bietjie verligting gemeng met verontwaardiging dat ek hulle gekul het. Ek weet nie of dit eties reg was nie, moontlik het die ‘means’ nie ‘the end ge’justify’ nie.
Ek het af trant gegaan. Die punt is ons as tuisonderrig mammas kan soveel makliker ‘real-life’ ervarings vir ons kinders skep omdat ons tans ‘real-life’ doen!
Leave A Comment