Teddiebere en ballonne het my kinders gegroet toe hulle Maandagoggend by die klaskamer instap. Ek het borrels geblaas en hulle het ‘n b gebou met een lang ballon en een ronde een. Daar was baie borrelende opgewondenheid en ek besluit toe ons sing sommer “Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus het my lief!” en toe “Lees jou Bybel, bid elke dag.”
20140228-171622.jpg20140228-171711.jpg
Klankie-werk
Ek begin gewoonlik met sensories bou en baljaat met die nuwe klankie. So sien my kinders die letter groot en oefen om dit eers te skryf in die lug en teen teksture. So hierdie week, het ons sunlight seep saam water en voedselkleursel gemeng om borrels te blaas. Toe die borrels lekker oorloop, druk ons die B letter papier teen dit om die B mooi te versier.
20140228-172538.jpg
Skryf
Die oudste oefen elke week haar nuwe klankie in haar handskrif boek. Ek soek ook geleentheid vir haar om ‘n paar sinne af te skryf van ‘n sin wat ek vir haar neerpen. Die keer blaai sy en sussie deur hulle baba albums en kies hulle gunsteling baba foto. Toe vertel Janéy vir my wat sy wil sê en ek skryf dit vir haar neer en sy kopie dit in haar boek. Interessant sy kies foto waar sy as pasgebore baba styf teen my lê en skryf: ‘Hier is my baba foto. Dit is lekker om by mamma te lê.’ Vandat ons tuisskool, is daar baie geleentheid vir ons om te ‘bond’. 🙂 Jonger sussie moes ‘n prentjie teken van haar gunsteling foto. Dit was ook van haarself as pasgebore baba wat saam haar ouer sussie langs my op die hospitaal bed lê.
Wiskunde
Ek blaai altyd deur ons hulpbronne boekies en kyk watter werk gaan pas by ons tema letter. Verbasend is daar baie! Byvoorbeeld, sommetjies in ballonne. (Maths Workbook, )
Slimkoppe Graad 1 Wiskunde het Bokse en Balle vorm werk op bl 3 en die Besige Bytjies werk op bladsy 13. Dit pla my glad nie op rond te bons van bladsy tot bladsy nie, ons sal wel deur als kom mettertyd.
Kleinsus (3) het ballonne geteken vir bere on haar werkboekie. Toe kon albei susters saam uitknip en plak aan hul seilboot. Driekhoeke en halfsirkels en golwe maak ‘n mooi boot prentjie.
20140228-185916.jpg20140228-190020.jpg
Bak en Brou
Sussie wou baie graag brood bak. Ons het ‘n broodmasjien wat ons byna nooit gebruik nie en ek haal dit toe uit en volg die instruksies om bruin brood te bak. Drie ure later dop ons hierdie plat brood uit die broodmasjien. Hy was dalk te swaar om te rys. My kind sê: “Mamma, dis nie ‘n lekker brood nie. Ons gaan nog een moet bak.”
En toe ek later die week baie geinspireerd voel na ‘n lekker kook klas, kom ek huis toe en bak ‘n brood met klomp bestandele wat ek self saamgooi. Bran muffin mix van Ina Paarmen met buttermilk. Ook, ek was lus vir Butternut, so ek kook die groente, sit botter en kaneel by en ‘n groot eetlepel peanut-butter ook! Die meng ek saam met die muffin mix en bam! Ek het Butternut en Bran Brood!
20140228-173409.jpg
Wetenskap
Ek het bos gegaan by Plasticland by Atterbury Value Mart. Ek meen, ons spaar geld met die dat ons nie skoolfooi betaal nie, so hoekom nie bietjie oulike opvoedkundige speelgoed koop so nou en dan nie. En hierdie ‘Little Scientist Bouncing Ball’ is ideaal! Dit was so maklik om te maak: Gooi die vulsel in die vorm, 3 minute in water, minuut buite en dis gereed om te bons!20140228-173429.jpg
Lewensvaardigheid
Ons het gesels oor beroepe en die beroepe by die persoon gepas. Kinders is trots dat Pappa se beroep ‘n berader is! 20140228-173639.jpg
In ons breek, het ons biltong geproe. Janéy hou van rooibok die meeste en Ilani begeer springbok biltong al is dit bietjie branderig.
20140228-173736.jpg

20140228-173704.jpg

B met bokse


Konstruksie:
Ek het my dogter beveel om n b uit bokse te bou. Ek besef gou dat sy nie weet wat ek bedoel nie. Sy pak die bokse op die tafel uit in ‘n b vorm. Ek wou hê sy moes dit bo op mekaar bou. Ek het iets belangriks geleer oor my onderwys metode: ek moet baie duidelike instruksies gee. Hoe moet sy weet wat ek in my brein aangaan? Haar manier gaan anderste wees en ek moet dit òf aanvaar of meer duidelik wees oor wat ek verwag.
Toe ek Woensdag bietjie mamma-tyd neem, was Pappa aan die beurt met die bou van ‘n baksteen huisie. Hy sê my oudste was die argitek. Sy het gekyk na die instruksies op die boks en bedui hoe hy moet bou. Die middel sussie het die bakstene aangegee en Pappa was die bouer. Hierdie Baksteen Huis kit het ek by Plasticland gekoop.
20140228-173516.jpg20140228-173535.jpg
Bybel
Geheuevers was: Psalms 119:40 “Daar is net een begeerte in my hart: om te doen wat U sê. Beskerm my, want U doen wat U belowe.”
Bileam se donkie is ‘n baie oulike storie. Asook die bose Koning Nebukadnesar wat gras geeet het soos ‘n bees. Albei die stories het ek jare gelede opgeneem op ‘n CD en nou luister my kinders daarna in die aande voor bedtyd.
Speletjie
Behalwe vir baljaar met balle en ballonne het ek ‘n idee gekry om ‘n B-letter Bingo te maak. Omdat die kinders nog nie lees nie, is daar prentjies by elke woord. Hier is vir jou jou eie Binge speletjie.
20140228-182301.jpgHoe om te speel: Druk twee van dieselfde Bingo tabelle uit. Indien moontlik, lamineer een bord vir elke kind. Die tweede stel is om uit te knip. Knip elke woordjie individueel uit en lamineer. Hierdie is dan in ‘n blik gegooi en een vir een uitgetrek. As ‘n speler dieselfde woordjie op sy Bingo bord het as die een uit die blik, kan hy ‘n merkertjie op die woordjie plaas. Ons het klein blokkies gebruik. Die eerste speler om ‘n ry van 4 blokkies te pak, horizonteel of vertikaal, moet Bingo skree. En sy is die briljante baas van Bingo!
Vandag het ons ‘n boeklesing bygewoon. Dit was ‘n lekker Tuisskolers Aktiwiteitsdag en al die kinders kon of ‘n gedeelte uit die hul boek lees of net daaroor gesels, soos myne gedoen het. My dogtertjies se boek was Die Vriendelike Ballerina, so hulle het aangetrek soos twee ballerina’s en pragtig vir die maatjies vertel van die storie van Bella, die ballerina.
Al wat die B-week nog beter sou maak, sal ‘n Babatee by die Botaniesetuine wees! Bome, blomme en baba bottels! En raai wat, dis wat ons more beplan! 🙂

20140301-081849.jpg