So die eerste kwartaal van Kieswetter Klaskamer is klaar! Wat ‘n asemrowende inleiding tot tuisonderrig was dit nie!
Ons het vinnig in ‘n lekker routiene ingewikkel. Harde werkies in die oggend tussen 8 en 10 en prettige sensoriese werk na pouse. Bekendstelling van nuwe klankie op Maandae met die versameling van dinge in die huis wat met daardie letter begin.
Elke oggend sit ons saam op die kussings in ons lees hoekie en dank die Here dat ons kan homeschooling doen. Dan soek elkeen die nuwe datum en weer platjie vir die dag. Dalk lys ons die maande van die jaar of sing ‘n liedjie. Gewoonlik tel ons met die hulp van my nommer plakkaat. Iemand hou ‘n liniaal en wys ons soos ons tel. Een week mermoriseer ons ‘n Bybelvers, die volgende week ‘n gedig. Die pas is gemaklik en die opsies eindeloos. Ek voel rustig en ontspanne. Ek kyk na my kinder se gesiggies en my hart loop oor.
Hierdie week was heerlike hersiening. Ons het geblaai deur my dogter se lêr en gesels oor wat sy alles gedoen het. Sy was trots op haar prentjies en besef nie sy oefen haar klankies en spraak terwyl ons kyk nie.
Ek het toevallig afgekom op die Jaarlikse Nationale Assesserings toetse (Engels ANA) van Graad 1! Op www.kleuters.co.za is daar link tot die Onderwys Departement se webtuiste met hierdie volledige toetse daarop. Daar is Afrikaans eerste taal asook wiskunde toetse vir Graad 1 (en ander grade). Daar is die amptelike toetse van 2011, 2012 en 2013.
Ek kyk toe gretig deur laas jaar se asseserings en is toe heel bly om te sien dat ons baie mooi vorder. Dit is nou as mens die nationale kurrikulum as riglyn wil gebruik. Baie tuisskolers doen nie, en ek is nie seker ek gaan dit vir ewig dophou nie. Maar vir die nuwe mamma wat maar nou net begin en meestal nog haar eie kop volg, is dit lekker om te sien dat my kind heelwat van die werkies in die toets sal kan doen. 🙂
Ons het ons eie klein toetsie gehad vandag. Sommer ‘n ou sigwoordjie toets. Die hele week leer my dogter haar sigwoordjies (wat nog al die tyd teen die muur geplak was) deur om deur hulle te flits. Sy het beter gevaar met die flitskaartjies in haar hand as toe dit teen die muur was. En toe vandag steek ons die woordjies weg en skryf sy netjies in haar boek al ses korrek uit. Ek het nooit gesê ons gaan TOETS skryf nie. Ek het nie dae lank haar op haar senuwees gehad nie. Sy leer hulle nog onskuldig elke dag. Net vandag het ek gevra dat sy hulle nou mooi moet skryf sonder om daarna te kyk. Sy het hulle ook self gemerk deur om te kyk na die flitskaarte. En geniet om regmerkie langs elkeen te sit. Haar glimlag van oorwinning was prysloos!
In tuisonderrig, leer die mamma-juffrou vinnig wat vir haar kind werk en waaraan sy moet fokus. Daarom sal elkeen se metode en kurrikulum verskil. Ek is bly ons volg nie ‘n pakket nie. Ek geniet die vryheid, die ruimte om kreatief te wees. Ek is dankbaar vir Slimkoppies en Kumon boeke. Maar dit maak op dalk ‘n uur uit die week. Die res is saamgestel met ander goeie boeke wat ons het. 101 Science Experiments, Jy kan die Wéreld Verander, Klankies vir Kleuters om ‘n paar te noem. Ek kies self die skryfstukke wat sy moet oefen. Sy kan 3-letter woordjies bou en lees. Net met die a-middel klank vir eers.
In kort, ons doen wat vir ons werk. En ek voel opgewonde oor die toekoms. Die moontlikhede is eindeloos! Die opwinden, groot. Die Here seën ons elke week met ‘n diertjie wat met die letter van die week begin. Hy help my wanneer ek moeg voel en buig my kinders se hartjies na Homself toe. Dit is ‘n absolute voorreg en ek geniet elke oomblik.
Jy is ‘n inspirasie! Dankie vir al jou wonderlike idees!
Dankie Tanya! Blessing vir julle x
Well Done julle! Dis so lekker om julle te volg. Geniet die Vakansie terdeë. Baie Blessings xx
Ag dankie Luzanne! Sou graag nader maatjies wou wees – ons dogters sou baie lekker saam speel! Maar vir nou sal ek moet tevrede wees met Cyber vriendinne 🙂 xx