Ek het bietjie met die Here gemoan dat ek weer sy inspraak nodig het by Kieswetter Klaskamer. Die werk raak ‘monotonous’ en ek sukkel om my dogtertjie te motiveer. Ek onthou die padda met p-week en die hottentotsgot in die h-week. Ek vra myself wat soek ek nou? Daars menigte miere en motte in ons huis. Wil ek ‘n muis of ‘n mol ook hê?!
Mevrou Motshwane se kuier was verseker ‘n mooi manier om Sy guns vir my te wys. Sy het gelag toe ek noem dat haar van mooi in pas by ons M-klankie tema week. Sy het toe voorgestel dat ek m’s op papiere neerskryf en vir die kinders gee om op al die voorwerpe in die huis wat met M begin te plak. Ek het gemmm en aaah soos iemand wat ja sê vir ‘n skoonma se voorstel maar nooit van plan is om dit eintlik uit te voer nie. 🙂 maar eintlik is dit nie ‘n slegte idee nie. Meer oor haar kuier hier. Ek het smullekker melktert vir haar gemaak. Dit was my eerste keer en dit het baie yummy uitgedraai. So lekker dat dit teen die tyd dat ek ‘n foto wou neem, was dit opgeeet! (Dit lyk maar soos jou normale melktert maar proe manjefiek!)
Melk
Maandag vind ek ‘n Bazoo tydskrif met melk as tema. My amper 4-jarige spring aan die werk!
Ek besluit toe in plaas van al die melk produkte slegs te teken, moet my oudste (6) melk produkte soek, uitknip en plak. Sodoende sien sy wat alles gemaak word met melk. Maar die nuwe tegnologie beteken dat daar nie meer stickers is op feta, jogurt en roomys houers nie. Dis blykbaar direk daarop ge’print’. Wat dit nou moeilik maak om op ‘n plakkaat te plak.
Macaroni en mealies
Ek laat my kleuter die sensoriese taak geniet van macaroni plak op haar groot m terwyl ouer sus haar sommetjies doen met gedroogte mealies en M&Ms. Sy moes in twee’e tel. Sy oefen om in twee’e te tel al ‘n rukkie, maar dit was altyd op die nommerkaart of die abakus. Toe sy die keer met konkrete voorwerpe moes tel, was dit ‘n openbaring. O! Sy tel eintlik twee dinge bymekaar, nie net ‘n rympie nie! Mooi man!
Maizena
Ek het uitgesien om die kans te kry om ‘n Pinterest idee te gebruik. Maizena saam met haar konditioner maak ‘n baie lekker sagte klei. Baie morserige metode gebruik van geen meet nie maar net saam gooi. 🙂 As dit te taai was gooi ons meer maizena.
Maizena het ook sulke lekker eienskap wanneer jy dit meng met water. My dogter het gegiggel vir die loperige mengsel en skielike harde gevoel as jy dit slaan en druk. Meskien moes ek meer uitvind oor wat mens dit noem en hoekom dit so maak, maar daars nog tyd vir dit.
Maan
Dit was natuurlik volmaan die week en goeie geleentheid om dit te bespreek. Ek het ongelukkig nie daarby uitgekom om Janéy te leer van sekel, half en volmaan nie. Meskien moet ek dit volgende week nog doen. Ek het wel ‘n goeie foto van Neil Armstrong en die kinders van hom vertel. Gewys hoe hy sou gespring-loop het op die maan oordat daar min swaardekrag daar is. En toe sê hy: One small step for man, one giant leap for mankind.
Marshmallow en Muis musiek
Toe die kinders moeg gewerk was, meng ek gou bietjie botter, pakkie marshmallows en Rice crispies in ‘n pot today dit lekker saam smelt. Wat ‘n yummy bederf terwyl ons storie lees. Vyf vrolike muise maak musiek is ‘n mooi storie waarin muise hulle eie musiek instrumente maak.
Ek het vir hulle ‘n stuk musiek gespeel: Mozart se … Hulle het dadelik opgespring en begin dans. 🙂 Toe wys ek ‘n foto van Mozart in ons Wereldspektrum ensiklopedia. Die wit gepoeider haarstyl is onmisbaar.
Moses
Dan is ek SO trots op ons eerste Lapbook! As mens eers oor homeschooling begin oplees, lees jy orals van Lapbooks. Hier is vir julle links tot merkwaardige tuisonderwys mamma se Lapbook blasye.
Linnie Lues se Blog: Back to Ancient Ways http://www.backtoancientways.blogspot.com/p/lapbooking.html?m=1
Nadene se blog Practical Pages http://practicalpages.wordpress.com/free-pages/free-lapbook/
Die week van Paasfees en M-klank was dit van pas dat ons leer oor Moses.
Janéy het begin met Moses se baba biesie mandjie deur om papier te ryg. Sy het gesê sy wil ‘n Ryger word want sy geniet dit so baie.
Toe moes ons ‘n baba Moses maak om in die mandjie te pas want nie een van ons poppe pas nie. Ek gryp my stukkies felt materiaal en sny ‘n kop en lyf. Maak toe ‘n gesig met garing, stop dit met watte en soos ek dit toewerk, wil Janéy ‘n beurt hê met die naald. Ek weier toe. Nie gesink sy is oud genoeg om met naalde te werk nie. Net nou prik sy haar vinger! Baba Tenike het my toe nodig en toe ek na haar omsien, tel Janéy die naald en garing op en maak die netjieste paar steke wat ek nog ooit gesien het! Sy moes self besef het hoe om naaldwerk te doen deur om oor my skouer te kyk! Ek besef toe ek het haar onderskat en gee haar toe die lyfie om vas te werk! Die baba pop is nie veel om na te kyk nie, maar sy loop die hele dag rond met hom. Meskien het dit spesiale waarde omdat sy dit self gemaak het.
Terwyl Janéy ‘n mini boek maak van die 10 Plae, versamel ek en Ilani stokke vir ons brandende bos. Ons gebruik ‘n oulike Bybel as voorbeeld vir ons hele Moses lapboek: Die Boodskap vir kinders. Die prente gee vir ons idees en toe ons sien dat daar drie wonderwerke gebeur by die brandende bos, besluit ons dit moet in die lapbook kom. My brein geniet die nuwe uitdaging en kreatiewe idees vloei! Gou word die lapbook ‘n 3D meganiese meesterstuk! (Eks nie regtig so vol van myself nie, dis net ‘n goeie m- woord 🙂
Moses se arm kan beweeg in sy jas. Eers is dit gesond, maar toe hy dit uitrek is dit melaats! Hy steek dit weer terug in sy jas en toe hy dit uithaal is dit weer gesond.
‘n Ander pop-up boek gee my toe idee om Farao se gesigsuitdrukkings te laat verander deur ‘n sirkel te draai. Weereens, metings is nie my middelnaam nie… Soos jul kan sien.
Pasga lam en deur met bloed op die koesyne was heel eenvoudig. Prentjie met gesin wat Paasmaal eet het ek geGoogle. Wat hier belangrik was, was om vir die kinders te leer dat Jesus ons Paaslam is. God wou hê die lammetjie moet verwys na Jesus wat eendag sou kom. Ek verduidelik dat die lam ‘n mannetjie moes wees, sonder enige vlek of gebrek. ‘n Perfekte Lam! Toe hulle die fliek Prins of Egypt kyk, kon hulle mooi sien hoe die doodsengel na elke huis kom, maar die huise met die bloed van die lam op die deurkosyn, het die doodsengel van weggedraai. So red die bloed van Jesus ons van die dood!
As jy die deur oopmaak, is daar ‘n prentjie van gesin wat saam die paasmaal eet. Ons het dit eers vandag ingeplak en my kinders het intussen verkoue geword, so verskoon dat dit nie ingekleur is nie.
Toe kom die Rooi See deel. Ons het nie bruin verf nie en eerder as om te meng, maak ons bietjie modder buite en smeer-verf die blou karton om die grond waarop die Israeliete geloop het te verteenwoordig.
Eers wil my minderjarige nie haar handjies vuil maak nie en verkies om net te kyk hoe ek met modder verf. Maar kort voor lank, lyk dit te lekker en sy sê, ‘ek kan my handjies net was’ en smeer sy toe lekker saam. 🙂
Ons verf toe die blou see. Toe onthou ek hoe om baie mannetjies uit te knip – daai wat hande vas hou. Hulle kan die mense wees wat op droë grond loop! Ek onthou nou dat ons helfde soos Egiptiese soldate moes inkleur wat die Israeliete agterna gesit het. Maar o well, hulle was in elk geval op perde gewees!
En so is ons lapbook klaar! My kinders het regtig baie geleer en onthou oor die storie van Moses deur die maak van die boek. Sy kan dit ook vir almal wys wie by ons deur klop en so oefen sy die storie weer deur mondelinge! Ek kan regtig die waarde van ‘n lapbook insien en gaan nog baie maak in ons toekoms!
So ek besef ek het nie rede om to te kla nie. Die Here het iets vir my gegee: Hy het Homself vir my gegee! Geseënde Paasnaweek vir julle!
[…] Moses Lapbook M-week […]
[…] van die oes, watse plaag sou geloof in haar gepla het? My dogter onthou die plae van laas jaar se Lapbook oor Moses en sy antwoord vinnig: ‘die Sprinkane!’ Die god van ‘good luck’ sou […]
[…] Moses […]