Ek het die week begin (op Maandag die vakansie dag) met soveel entoesiasme en moed.
Ek het ‘n plan gehad vir wiskunde. Om dit meer interessant te maak, sal ek my dogter vra om sommetjies vir my neer te skryf. Dan moet ek die antwoord skryf en sy moet dit merk! Soms gaan ek aspris ‘n fout maak en sy gaan vir my vir my ‘n kruis moet maak lanks my antwoord. Wel, natuurlik klink dit vir haar baie goed! Maar toe sy besef sy gaan eers self die som moet doen voordat sy kan weet of ek reg of verkeerd geantwoord het, is sy nie meer lus nie. Sy voel eintlik bietjie gekul. Hier het sy uitgesien om te tiek of kruis en nou moet sy somme doen! Dinge het van daar af begin skeefloop.
Die kinders was verkoue. Nie koorsig nie maar loop neus en hoes. Baie kinders moet nog skool toe gaan terwyl hulle bietjie siek is. Ek het gevoel ons kan nogsteeds werkies doen in ons snoesige Klaskamer, maar moes later so dryg en smeek en aandag terug roep, dat ek moedeloos begin voel het. Al die gedagtes van onsekerheid het in my kop begin pop: ‘Ons werk te stadig! Sy ken nog nie genoeg nie! Sy kort te veel van my hulp en inspraak, ander kinders het nie ‘n juffrou wat langs hul sit en heeltyd knik of sê, gaan aan!’
En dis waar die probleem lê, ek vergelyk te veel met openbare skool! Ons hoef nie by iemand by te bly nie! As ons volgende jaar nog Graad een werk doen is dit okay!! Dis juis die doel en voordeel van tuisonderrig! Om te werk teen my kind se pas en met die metode wat vir haar werk!
Ek het iets belangriks gesnap die week: as ek my kind gaan druk en stoot, skel en skree, leer sy niks!! Sy sit so vreesbevange dat sy nie kan dink nie! Ek raak kwaad want volgens my is dit n heel eenvoudige taak, maar al wat sy sien is Ma se kwaai gevreet. 😳
So, ek het een aand met my man gesit en gesels. My frustrasies met hom gedeel. Hy het onthou hoe frustreed het hy geraak met ons kind, die een keer toe hy ‘skool’ gee in my plek. Hy het ge-eindig om vir haar pak te gee! Gedink sy is net moedawillig! Dit het my baie beter laat voel! Toe bespreek ons ‘n beter benadering. Sy wil heeltyd opstaan en gaan speel. Dis duidelik nie genoeg om te sê, ‘dis nog nie twaalf uur nie’. Ek moet meer konkreet wees met hoeveel werk gedoen moet word.
So Donderdag sê ek vir haar dat sy net drie werkies moet doen vandag. En ek wys haar wat ek verwag. Sy was baie bly! En dit was baie skryf werk, maar sy kon die wenstreep sien! So, sy kon aanhou werk! En kyk hoe netjies en mooi het sy geskryf! Ek was so trots!
Ek deel hierdie persoonlike dinge met julle sodat julle kan sien dat dit nie aldag opwindende projekte is nie. Dis onrealisties om te hoor hoe ons elke dag lag en mekaar drukkies gee. Op hierdie blog gaan julle hoor van ons high’s en low’s. Want dit is die werklikheid van tuisonderrig en Kieswetter Klaskamer.
Om hierdie werkkaart af te laai, kliek hier.
Baie dankie vir die blog Janet! Ek het ook ‘n slegte J-week gehad. My nuwe babatjie is ‘n maand oud en al 4 my seuns was ook siek. Ons was veronderstel om die week weer skool te hervat na ‘n maand se vakansie, maar ek kon net nie aan die gang kom nie. Het hier en daar ietsie gedoen maar ek het so skuldig gevoel. Dit help om te weet dis nie net ek wat ‘n slegte week gehad het nie. Baie sterkte vir julle, hoop jou poppe is gou gesond!
Hi Andrea! Sjoe, jy klink soos ‘n Super Mamma! 4 siek seuns en 4-week oue baba en jy kry werk gedoen!! Wow! Ek gaan nooit weer kla nie! :p dankie vir die dankie! Ek stem, die las is ligter wanneer ons dit deel!
Liefde-groete-sterkte!
Janet