Die O klank kan op ‘n paar maniere uitgespreek word. Ek wou probeer om net ô vir ôt vir my kind te leer maar ō vir olifant het ook ingeglip. My plan is nadat ons deur die alfabet klankies gewerk het, om met die dubbel klankies soos aa en oo te begin. Sien uit om later in die jaar die oog en oor te bespreek!
20140531-101905.jpg
Olifante, otters, otjies en oerang-oetange!
Dis baie maklik om olifant ore en kop te teken op karton, in te kleur en gatjie te maak vir jou kind se vinger. Dit gee ons toe geleentheid om te gesels oor hoe olifante eet en drink en waarvoor hulle hulle slurpe gebruik.
20140531-085721.jpg
En toe sing ons lekker:
O Olifant! Jou reuse dier!
Die mense lag,
Vir hul plesier.
Want waar het jy,
Al ooit gehoor
Van ‘n stertjje van agter,
En ‘n stertjie van voor!
Ons het die oulikste You Tube video gekyk van mamma olifante wat saam werk om ‘n baba olifantjie te red uit ‘n modder waterput. Dit was so ongelooflik om te sien hoe die olifante omgee vir hul kleintjie en aanhou probeer op verskillende maniere tot die olifant veilig is.
olifant video: http://youtu.be/Cd-LtWtNvDw
Ander O diere
Goeie video oor otters wat ‘n dam bou. otter video: http://youtu.be/Na2HYq11yuM
Oerang-oetang spreek mens nou bietjie anderste uit maar die video van Rickina was net so oulik dat ons dit moet insluit. http://youtu.be/XrH_zkWGIHM

20140531-101843.jpg

Onderstebo Oerang-oetang


Onderstebo
Ons het so lekker gelag vir al die onderstebo dinge.
20140531-092438.jpg

Onderstebo Oreos eet!


En toe gee my vriendin Saartjie vir ons ‘n opwindende idee: plak ‘n prent onder aan die tafel en kleur dit in! Amper soos wat Michelangelo die Sistine Kapel geverf het – op sy rug!
20140531-092654.jpg
Ek het dit ook probeer en laat ek jou vertel, dis effens onplesierig! Hoe Michelangelo dit gedoen het vir jare aan een met stinkende verf wat op hom drip, sal ek nie weet nie! Ek het vir die kinders prente gewys van die Sistine Kapel en toe Janéy al die prente van die Skepping en Bybelhelde sien vra sy, “Was Michelango lief vir God?” Ek antwoord dat ek glo hy was want kyk hoe teken hy God wat uitstrek na die mens toe.
20140531-093453.jpg
(In ons Wereldspektrum, sien mens net die twee se arms, nie Adam se hele lyf nie 😉
Ander onderstebo aktiwiteite is om prentjies onderstebo te kyk en die begin en eindklank te indentifiseer. Ek het ook vir my dogter die klankies wat ons tot dusver geleer het eers reg om hersien en toe onderstebo gewys. Sy het elkeen reg gekry en gelag daaroor ook! Toe ek ons spraakterapeut vertel van die aktiwiteit, stem sy saam dat dit goed is vir brein stimuleering omdat Janéy moet die prentjie van die klankie in haar verbeelding sien en die onderstebo klankie verstandelik reg omdraai.
Optel werkies
My dogter het fluks aan haar Wiskunde gewerk die week. Sy het selfs gevra om die volgende dag weer deur haar Prinses pak kaarte te werk! Dis regtig ‘n wenner om sulke wiskunde speletjies te hê waar die kind nie hoef te skryf nie maar slegs op die vingers te tel en hul brein te gebruik. Tuisskolers kan dan in die bed sit of op die bank styf teen mamma en lekker dink werkies doen! Ons het hierdie Wiskunde kaartspeletjie gekoop by PNA.
20140531-094307.jpg
20140531-094338.jpg
Onderwater Ontploffing Eksperiment
Janéy was bietjie teleurgesteld met die ‘ontploffing’. Sy het groot vuurwerke verwag maar toe loop die gekleurde warm water net stadig in die koue water in. Moontlik sou dit beter gewerk het as die klein glas bottel se nek nouer was soos in ons 101 Science Experiments boek. Maar, ons kon net gebruik wat ons in die huis het so Purity botteltjie moes voldoende wees.
Janéy het eers die prentjie van die eksperiment in haar boek geteken (wat dalk ook die verwagting laat opbou het), en toe die gereedskap versamel vir die taak. Ek het die tou aan die klein glas bottel vasgemaak en die ketelwater ingegooi. Sy het die kleursel ingegooi en toe die warm rooi water opgetel by die tou en versigtig in die groot beker koue water laat sak. ‘n Paar sekondes later was al die water rooi. 🙂 Nie baie van ‘n ontploffing nie!
20140531-095347.jpg
5. Voer onderhoud met iemand
Ek het ons buurvrou gevra om te kom kuier sodat my kinders met haar onderhoud kon voer. Sy was nou onlangs by die ortodontis om draaitjies aan haar tande te kry. Ons het gehoor wat is ‘n ortodontis en die verskille tussen so dokter en ‘n tandarts bespreek. Die kinders het gevra “Was dit seer?” en natuurlik is die antwoord dat dit nie toe seer was nie maar so paar dae daarna nogal seer soos die draatjies aan die tande trek.
6. Bak Donuts
Ek het vir die eerste keer donuts gemaak en (ek dink) ook die laaste keer! Dis baie harde werk! Deeg meng met gis in en dan dit knie en dan uitrol, sirkels uitdruk en in olie braai! Ek het vir ure in die kombuis gestaan! Die olie was eers te warm, so baie donuts het te donker uitgekom. 😜 Die laaste drie was die mooiste goud-bruin kleur. En dan moet mens dit nog versier ook! Nee vet! Dis ongewens!
20140531-101651.jpg
Ek moes lag toe ek my kinders vra, “Weet julle hoekom ons donuts maak?” Hulle bly bietjie stil en toe antwoord die vier-jarige: “Want dit begin met die letter?”
Nee Sus, omdat dit lyk soos ‘n O!
Ooooooo!
 
20140531-101823.jpg