‘n Frenektomie is die klein operasie om ‘n frenum te sny. ‘n Frenum is ‘n stukkie vel wat die lip vasmaak aan die tandvleis. Daars ook ‘n frenum onder mens se tong. Toe ons, ons F week begin, het ons nie geweet dat die tandarts Dinsdag vir ons sou inlig dat Janéy se frenum onder haar bo lip baie groot was en het veroorsaak dat daar ‘n spasie is tussen haar twee voorste tande. Die dokter sê sy sal dit moet sny sodat die nuwe groot tande wat deur kom teen mekaar sal groei. Maar meer oor die frenektomie later.
Die paar F woorde in Afrikaans wat dadelik by my opgekom het was familie en fotos. So ons vra die familie wat ver bly vir ‘selfies’ en beplan ons familie stamboom wat ons eers Saterdag kon klaar maak.
 
 
Ek soek toe alle werkies in al ons werkboekies wat te doen het met familie.
20140713-071938.jpg
20140713-072009.jpg
Ilani (4) het die prentjie van haar familie geteken. Diegene wat net een oog het is omdat hulle links kyk en mens sien net hulle kant profiel. Daarom, net die een oog. Sy het haar sussie Janéy eerste geteken (met die hare wat regop staan) wat vir my aandui dat haar sus die belangrikste persoon is in haar lewe. Toe Pappa met die hoed. Mamma het twee oë waarmee sy als sien wat gebeur! Sy het moeg geraak voor sy haarself geteken het. 🙂
Net sodat julle weet, ons sit ook vas soms oor wiskunde. My oudste werk nie vinnig genoeg vir my sin nie en dan verloor ek my cool en raak ongeduldig. Die beste is dan om kombuis toe te gaan, tee te maak en net ‘n breek te neem. Hoe fantasties dat ons dit kan doen!
En toe ons terug klas toe kom na een so breek, teken Janéy die mooiste flamink! Ons soek altyd op Google vir mooi prentjies wat sy vanaf kan kyk en kry toe die flamink:
20140713-081902.jpg
En toe teken Janéy so pragtig en voel so goed dat ons nog lank kon werk en flamink feite bespreek. Ons het gepraat oor die verskil tussen feite en opinies. En geoefen om feite of opinies te lewer. Sy het geskryf, geknip en geplak en gesê hoe baie sy dit geniet om homeschooling te doen!
20140713-082258.jpg
Ons het in die Wêreldspektrum gekyk na al die verskillende fietse wat al ontwerp was. Die Penny Farthing is een van die bekendes. Hoe snaaks dat eers was die voor wiel baie groot en die agter wiel klein en later eksperimenteer hulle met groot agter wiel en klein voorwiel.
20140713-101145.jpg

Die Penny Farthing

Die Penny Farthing


 
Die sussies het toe self baie fiets gery – op en af in ons straat.
20140713-082715.jpg20140713-082725.jpg
 
Ons het oor die koue front gesels wat ons tans beleef. En gekyk na die simbool vir so front.
Ons het geleer oor die Figi eilande en gelees oor die politieke klimaat van die land. Indieërs was ingevoer om die suikerriet lande te bewerk en nou sit die nageslagte Indieërs en oorspronklinke Figi inwoners se nageslagte vas oor geloof. Die Indieërs is Moslems terwyl die Figians deur sendelinge geleer was van Christenskap. Ons het gebid dat hulle ‘n vredevolle manier sou vind om saam te leef.
Die vers vir die week gaan oor fonteine. “Met blydskap sal julle drink van die fonteine van redding!” (JESAJA 12:3 NLV)
Toe sing ons “I’ve got joy like a fountain…”
Ons het fluister speletjie gespeel en fluitjies geblaas. Ook die stuk op Sound of Music fliek gekyk waar die pa al die kinders roep deur om sy fluit te blaas.
En toe gaan ons Vrydag saam maats na Fort Klapperkop toe! Ons het warm aangetrek en piekniek kos ingepak. Ek was verbaas om te besef waar die Fort is! Ry net reguit aan met Rigellaan tot bo op die heuwel. Daar bo die stad, is daar so groot stuk van ons geskiedenis wat ek nie van geweet het nie. As jul moontlik kan, maak ‘n draai daar.
20140713-085726.jpg
20140713-085737.jpg
20140713-085758.jpg
20140713-090245.jpg

h Die Fort was gebou deur Friedrich Krupp AG.


So Woensdagmiddag is ons weer tandarts toe vir die frenektomie. Janéy het klaar oor die foon gesels met haar maatjie wie net so 3 weke gelede deur hierdie ervaring gegaan het, en het meer voorberei gevoel. Ten minste het sy geweet wat om te verwag. Maar toe sy daar in die stoel sit en die oomblik kom vir die prosedure, was dit te veel. Die dokter weier om te werk aan ‘n huilende kind. Sy wil nie trauma veroorsaak nie. Blykbaar is dit nie nodig om die frenem te sny tot die groot tande klaar uit is nie! Nou wat maak ‘n mamma onder sulke omstandighede? Ek het ingegee en my kind weer huis toe geneem. Dalk was dit ‘n fout? Want die frenektomie lê nog voor.