Daars baie woorde in wiskunde met ee klanke daarin. Hoeveel, meet, meeste, meer en een. Ons het hulle almal gebruik die week. Ons het baie gebak sodat die kinders die meetkoppies kon gebruik. Ons het piesang muffins gebak maar die resep het te veel meel bevat. Eerlikwaar! Die muffins was te dig as gevolg van te veel meel.
Lees
Ons het biblioteek toe gegaan en boeke gesoek met ee titels. Ons was al voorheen by die biblioteek maar die keer het die kinders baie meer vrae gehad oor hoe die biblioteek werk. Dat ons boeke leen en nie koop nie. En dit was heerlik! Selfs Tenike het rond gekruip en in boeke ge’lees’. Ons het oulike stories gevind oor die see, ‘n beer, ‘n seekat en ‘n Mnr Skeel. Ek wil graag hier meedeel dat mens nie die waarde van voorlees moet onderskat nie. Die hoeveelheid goed wat die kinders leer terwyl ek vir hulle lees is onmeetbaar! Woorde, begrip, kultuur, gevoelens, sieninge, gesegdes en oor die wêreld in die algemeen. Lees, lees, lees, hoe meer jy lees, hoe meer jy weet, hoe meer jy weet, hoe meer jy groei, so lees, lees, lees! (Vertaal van die Engels.)
20140921-064301.jpg
Teken en Skryf
Dinsdag was Janéy se werk om prentjies te teken wat die ee klank inhet. Sy het dit vreeslik geniet! Sy vra my om te Google hoe om kameelperd te teken en daars altyd oulike stap-vir-stap prentjies. Toe sy uit idees hardloop, moes sy kyk deur …. Boek en soek vir woorde met ee in. Toe kry sy klomp woordjies en prentjies by. Daarna moes sy ‘n sin bou met die woordjies en dit netjies in haar boek skryf. Sy het gerskryf: Ek eet ‘n geel peer.
20140920-205317.jpg
 
Wat het my kleuter (4) gedoen? Sy het baie colour-by-number gedoen. Sy geniet uitknip en plak werkies en wiskunde werkies uit die boekie “Wiskunde vir Beginners”.
Speelgoed
In Slimkoppe Wiskunde Graad 1 boek bladsy 51 gee Jodi speelgoed weg. Dit het ons ge-inspireer om ook deur ons speelgoed te gaan en daarvan weg te gee. Dit was hoogtyd dat ons ons speelgoed uitsorteer! Daardie selfde dag vind ek ‘n mamma op Facebook wat vra vir donasies van speelgoed vir ‘n kleuterskool in Pretoria Wes. Dit was al motiveerding wat ons nodig gehad het! Janéy het my mooi gehelp kies wat gaan in die Weggee boks en wat gooi ons weg en waarmee speel sy dadelik! Ek is bly om te deel dat ‘n groot swart sak en boks word volgende week afgelewer by Booysens Beertjies Kleuterskool.
Beet
Donderdag het ons met beet ge-eksperimenteer! Ek het op Pinterest ‘n beet smoothie resep gevind. Eers skil ek rou beet en die kinders draai dit toe in foelie. Bak in die oond op 180’C vir ‘n uur. Plaas die sagte gaar beet in ‘n ‘blender’ met bietjie water en maal tot ‘n pulp. Plaas dit dan in ys houers en vries. Vries ook aarbeie en twee piesangs. Wanneer als deeglik gevries is, gooi saam in ‘blender’ saam met drie (ons het twee en ‘n half) koppies melk. Kyk die lieflike kleur! Die gesonde smoothie was so yummy maar ons het gevoel dit kort bietjie suiker. Driekwart koppie strooisuiker is bietjie te veel 🙂 Halwe koppie sou net reg wees. Heel lekker!
20140920-220653.jpg
20140920-220730.jpg
20140920-220748.jpg
20140920-220815.jpg
20140920-220832.jpg
Terwyl ons die beet geskil het, het ek gedink om te probeer daarmee skryf! Wraggies werk ‘n klein snytjie beet gedruk in die punt van ‘n strooitjie!
20140920-221036.jpg20140920-221050.jpg
Toe die sagte beet uit die oond kom, was daar bietjie sap in die foelie en verseker moes ons daarmee verf!
20140920-221302.jpg20140920-221400.jpg20140920-221411.jpg
Beet werk baie goed as verf!
Ons het beet ysies probeer. Nie so heerlik nie.
20140920-221518.jpg
Ons het beet lipstiefie aangesmeer.
20140920-221607.jpg20140920-221757.jpg
En toe ek al die beet gereedskap in water uitspoel, sien ek die pienk water en kry ‘n idee. In ons storieboek, Mnr Skeel, kleur die skoenmaker leer met purper bessies sodat hy pers skoene kon maak. Ek roep die kinders en vra wat hulle dink sou gebeur as ek ‘n wit broekie in die pienk water dip? Ons het gou uitgevind!
20140920-222141.jpg
20140920-222151.jpg
Ons het bietjie vergeet om die beet te eet!
Die geheuevers vir die week was “Wees bly in die Heer, en Hy sal vir jou die begeertes van jou hart gee.” (PSALMS 37:4 )