Dit was moeilik om die entoesiasme aan die gang te hou met ‘n vakansie dag in die middel van die week. Mens is lus om sommer paar dae af te vat maar ons het klaskamer toe gegaan en begin werk en toe gaan dit makliker.
Wiskunde vir Janéy (6) was somme met 3 nommers. Bv: 2+9+3= Ek het eers laat sy haar abakus gebruik en later in die week, ‘n nommerlyn. Die Slimkoppies boek het net so paar sulke somme, toe gee ek ektra somme by.
Daar was ook ‘n goeie bladsy oor geld en koop wat Janéy geniet het.
Ilani (4) het gewerk met groot en klein voorwerpe en ook voorsetsels van voor en oor. Sy is baie gretig om te werk en sit graag ook met haar boekie langs haar sus en hard werk.
Oo Woorde
Toe haal ek tydskrifte uit en hulle albei soek oo prentjies en knip uit en plak in hulle boek. Ek hou ook van hierdie werkie en moet myself keer om nie al die prentjies te vind en uitknip nie.
20140927-104312.jpg
Baie van my self-disspiline wanneer dit kom by tuisonderrig, is nie om elke dag pligsgetrou te werk nie (as jy eers in die gewoonte is, kom dit maklik), maar om nie my kind se werk vir haar te doen nie. Om die geduld te hê om te wag tot sy die woordjie self uitklank. Ek bieg dat ek soms een sekond wag en vir haar klaar klank k-oo- en die laaste letter is? R. Sit dit saam. Koo… Dan sê sy koor! En ek sê: ‘Baie mooi!’ Terwyl ek wonder wie het nou eintlik die woord gelees?
Elk geval, sy het so paar oo woorde self gevind. Ek het orals die woord ‘dood’ in die tydskrif gesien, eers geignoreer en later vir Janéy gevra of sy dit ook in haar boek wil plak. Sy dink toe en besluit nee. Sy soek eerder woorde soos HOOP, ROOS en NOOT.
Oompie Doompie
Ek wissel rympies met Bybelverse af en die week was dit rympie se beurt. Ons het toe Oompie Doompie uitgebeeld. Die weergawe wat ek in Klanke vir Kleuters gevind het.
20140927-103729.jpg
Kyk die You Tube video van ons dramatiseering van Oompie Doompie hier: http://www.youtube.com/watch?v=0t_yJXgrok0 (Verskoon asseblief dat ek Oompoe verkeerd gespel het in die You Tube opskrif! Lyk my mens kan dit nie edit as hy klaar opgelaai is nie. 🙁
Die Oor
Ek moes kies om my kinders te leer van die oor of die oog. Ons het goeie prentjies van albei in ons Slimkoppie boek en die oor het makliker gelyk. Ek wou graag ‘n 3D-model maak van die oor sodat my kinders dit goed sal verstaan. Ek het eers op ‘n groot skaal gedink. Hula hoops vir die halfsirkel kanale en ‘n regte hamer en stiebeul vir daardie klein oorbeentjies. Maar ek moes gou my demper op my verbeelding sit want dit het te ingewikkeld geklink. So toe soek ons kleiner parte vir die oor. Skulpies vir die koglier en ‘n ballon om die oortrommel te wees. Die kinders help soek vir ‘n klein stiebeul en ons soek orals. Later raak dit frustrerend hoe ons tyd spandeer om dinge bymekaar te kry. Ek was lateraan lus om op te gee. Maar Janéy se entoesiasme en geesdrif was nog sterk en sy maak ‘n koglier van ‘n pypskoonmaker en ons vind klein weggooi goetertjies om die drie kleinste beentjies in die liggaam te verteenwoordig. En die manier hoe sy koglier sê is vir my so oulik dat ek weer moed vind en klaar maak.
Die oorskulp was eers ‘n bak en toe ‘n kleipot, (ek wens ons het ‘n tregter gehad – sou die beste gewerk het). Maar nou soos jul kan sien is dit ‘n botter bak met ‘n gat in. Die oorkanaal was eers leë toiletrol maar toe kry ek nie die klein water ballon daaroor noe, so nou is dit ‘n pasta canelloni rol!
Die hamer, aambeeld en stiebeuel is maar klein stukkies weggooi goed wat min of meer soos die regte ding lyk. Die swart pypskoonmaker word toe eerder die halksirkel-kanale wat ons help met ons balans. En die koglier is toe gemaak van klei.
Darem deur al die veranderings en soeke vir goed, het ons die woorde oor en oor gesê.
20140927-111943.jpg
20140927-112020.jpg
20140927-112044.jpg
Brood
Ons moes brood bak vir oo week en dit was vinnig en maklik om mealie brood te bak. Een blik soetmealies, 2 eiers gemeng met 1,5 koppies meel, 2tl bakpoeier en knippie sout.
20140927-112244.jpg
Room
Ons het room met perskes geeet en suurroom op gebakte aartappels.
20140927-112416.jpg
 
Kroon
Toe sien ek oorstokkies raak en wonder wat ek daarmee kon doen. Toe haal ek voedselkleursel uit en die kinders verf toe daarmee. Ek het vir Janéy gesê sy moet ‘n kroon verf en dit daar gelos. Sy besluit toe maar sy wil ‘n kroon vir haarself en haar sussie maak wat hulle kan aantrek. Sy plak karton agter die prentjie van die kroon, sny dit uit en sê vir my waar ek die gatjies moet maak vir die wol toutjie.
20140927-112703.jpg20140927-112714.jpg
 
Ek voel ek het ‘n groot deel uitgelos omdat ek nie Bome behandel het nie. Daars baie om te leer oor Die Boom! Maar die week was kort en lui so toe wys ek maar net na die groot broodboom in ons bure se tuin.
Ons het wel ‘n vinnige uitstappie gehad by ons naaste Roos Plaas, Soleil Ludwigs Rose. En die roos katagolus wat ons daar verniet kon kry, is nou Janéy se gunsteling nuwe boek. Sy blaai graag saam my en Timothy daardeur en gesels oor al die mooi rose en bespreek die simbole se betekenis. Hoe lank die roos word, hoe sterk die geur is en hoe groei dit die beste. Ek is so bly dat sy nou al geniet om voor in ‘n boek te kyk vir die sleutel van die simbole en dan by elke roos te verduidelik wat die simbole beteken.
20140927-113517.jpg
 
My blog se titel is dat ek my kroos oor en oor moet bekoor maar dit moet eintlik lees: My Kroos bekoor my oor en oor.
 

20140927-113555.jpg

Ek en my rose kyk in die Roos boek