Bou 'n ou
My homeschool vriendin Dominique, het ons haar idee vir spelling oefen gewys. Hulle het ‘masking tape’ op lego gesit en woorde gebou. Ek dog dis fantasties en doen Maandag dieselfde!
En toe dink ek, maar kom ons probeer dit met somme! Ek plak ‘n 10 op die grootste blok en dan moet die nommers wat bo op gebou word 10 maak al te saam. Om blokkies te spaar, plak ek die tape regom die blok en skryf ‘n nommer op elke kant. Dan kan my kind net die blokkie draai om die som waar te maak.
Hierdie blokkies het baie goed vir ons gewerk die week. Janéy kon baie woordjies bou en die objek langs die woord plaas vir ‘n foto!
Ek het vir Ilani (4) ‘n paar blou werkies gevind om te doen. Onderandere, in haar Lollos werkboek.
Ek wou goud inbring op ‘n manier en het gewonder hoe. Ek het goue spray paint gekoop by Build It en klippies goud geverf. Maar hoe kon ek nog vir die kinders leer oor goud?
Toe kyk ek in ons Wêreldspektrum Ensiklopedië en daar was ‘n goeie prentjie van die ou-tydse skagtoring by ‘n goudmyn. Ek besluit toe ons kan een bou met Lego! Die sak Lego is eers onlangs uit die garage gehaal. Dis my man se Lego van sy kinderdae. Meskien speel ons toekomstig seuntjie nog een dag daarmee, maar intussen het ons meisies lekker gebou aan ‘n skagtoring.
My dogters het die blokkies wat ek nodig gehad het gehelp soek en ons het ‘n gesellige twee ure aan die toring spandeer. Ek het op ‘n stadium gevoel dis tyd mors. Iets sê vir my hulle moet skryf in ‘n boek of ek moet iets meer produktief doen as blokkies bou. Maar ek het die gevoel ge-onderdruk. Hierdie was goed. Kan dalk nie vandag sê hoekom nie, maar glo dit sal in die toekoms opwys.
Janéy het ‘n boek van die boekrak afgehaal oor baba diere. Ons het dit al ‘n rukkie maar nog nie regtig deurgekyk nie en dit het die nuutste Saamdra boek geword. Janéy kies gereeld ‘n gunsteling boek wat sy orals saamvat. Dit gaan saam in die kar. Saam langs haar bed in die aand en duik net orals op. Met oo week was dit die Ludwigs Roos Katagolus. Die week was dit daai Baba Diere boek. (Pragtige boek! Sal julle ander keer meer wys daarvan!) Maar dit was goeie geleentheid om gaar te leer van die Inhoud bladsy. Om vinnig te kyk wat is alles in die boek, kyk net na die Inhoud! Die les het ge’stick’ want kom Bybelstorie tyd die aand sê sy ek moet kyk voor in die boek of daar storie is oor so-en-so.
Janéy het ‘n fout opgetel op bladsy 52 in die Slimkoppie Afrikaans Graad 1 boek. Daars ‘n q-vlag op die seerower skip maar klomp t-woorde wat nie ‘n plek het nie. Sy wou hê ek moes haar afneem waar sy die fout verduidelik. Die gevolgtrekking is belangrik: Selfs boeke maak foute!
En so eindig ons ou week met klomp oe goed ingemeng. ‘n Fout in ‘n Boek is so Goed soos Goud!
[…] die nuwe klank. Ons het dus aan twee klanke gewerk die week maar ek sal julle later vertel van ons Bou OU week. Die twee klanke saam het ons darem nie deurmekaar gemaak nie maar eerder gehelp om die verskil te […]
[…] vir Oompie Doompie, ee vir Eet Beet Week (my gunsteling), uu vir Vuur, oe vir Soek ‘n Boek, ou vir Bou en ui vir Muis gedoen. Nou was dit Vlieg Papier week om die ie klank te […]
[…] Bou ‘n ou https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/2014/10/18/bou-n-ou/ […]