Ek het vir die eerste keer gekrOEk tOE ek die laaste week se OE klank neem na die volgende week en tegelyk werk aan die nuwe klank. Ons het dus aan twee klanke gewerk die week maar ek sal julle later vertel van ons Bou OU week. Die twee klanke saam het ons darem nie deurmekaar gemaak nie maar eerder gehelp om die verskil te hoor tussen die klanke. Lees meer oor ouditiewe persepsie in my post “Hoe leer ek my kind lees?”
Laas week het ons oor die oe klank geleer. Ons het bOEkwinkel tOE gegaan en klomp bOEke gesOEk. Ons het hierdie oulike boek gevind:
Die boek gaan oor die wonder van lees en vind plaas in ‘n biblioteek. Bertus stap deur die rye bOEke saam die eksentriese Me HaasbrOEk wie vir hom die wonders wat bOEke inhou wys.
Ons het ook hierdie sOEk bOEk gekoop sodat die kinders tussen al die
muise mOEt sOEk vir Mandie.
Ons het weer ‘n ou gedig opgesê ‘Die Skoen’ wat ons geleer het as deel van ons Spontane S-week. En toe besluit ek dat die kinders hulle eie gedig moet skryf in ‘n klein boekie. Ek het oe woorde vir my dogter genOEm maar aan die einde van die dag, het ek die gedig uitgedink, neergeskryf en toe moes sussie dit net afskryf.
‘Die boer was baie moeg
Want hy get hard geploeg.
Hy is bly hy het dit gedoen
Want sy vrou het hom gesoen.
En vanaand eet hulle pampoensop!’
(Janéy wou die ‘sop’ aan die einde byvoeg en toe kon ek sien dat sy nog nie die konsep van rym strofies verstaan nie.) Ek was nie heeltemal tevrede met die verloop van die taak nie.
So hierdie week het Janéy ‘n nuwe boekie gemaak op haar eie: ‘My oe Boek’. Sy het een oe woord per bladsy geskryf en ‘n pragtige prentjie saam elke woord geteken. Dit was mos nou baie beter! Ongelukkig is die boek loop sOEk! Wou dit so graag vir julle wys!
Ons het natuurlik baie koek gebak en geeet!
Die kOEk was vir die maatjies wat kom speel het. Ek het een kaart geteken vir ‘n skattejag. Janéy het 4 kopieë van die kaart geteken. En toe die maats in hulle vOErtuie arriveer, mOEs hulle die kaarte gebruik om die skat te sOEk wat ek weggesteek het onder ‘n mOErbeiboom. Die kinders het die kOElsak vol ysies baie geniet op die warm dag.
Ons het ook oor skOEnlappers geleer en hulle geverf.
My 4-jarige het haar materiaal verf prentjie binne 10minute klaar gedOEn terwyl my oudste omtrent 2 ure daaraan gewerk het! Ek geniet hulle verskillende persoonlikhede so baie! Ilani (4) is die een wat eerste aan die werk wil spring in die oggende. Sy sal vra vir haar werk en as ek te lank slOEr, sal sy self besig raak met iets. Janéy (6) is ingesteld op die detail. Sy sal iets uitvee as dit nie vir haar reg of netjies genOEg lyk nie. Sy sal aanhou werk aan iets al neem dit lank. Ek is baie trots op my liefies!
Ons het in ‘n telboek oor Zoeloes gelees oor ‘n pampOEn gereg wat die ZOElOEs graag eet. En ek mOEs dit maak sodat my kinders dit kon prOE. Die naam daarvan is iSijingi en ek het ‘n resep op die Internet gevind. http://www.mzansistylecuisine.co.za/setjetsa-pumpkin-and-maize-meal-dish/
Mens kook net die pampoen tot sag en vOEg dan 2 koppies mealiemeel by. Dit mOEt dan kook tot gaar. Die resultaat was heerlik lekker en baie vullend! My baba Tenike (1) het baie daarvan geeet.
Toe ek die mooi oranje pampoen sien in Woolworths, mOEs ek dit koop! Ek meen, natuurlik beOEfen ons nie Halloween nie, net gedink ons kan dalk kruise of gatjies inboor en dit mooi maak. Die pampOEn het lank op ‘n stOEl gesit en vir my gekyk. Ek kon nie besluit wat om daarmee te maak nie.
Op ‘n dag, kom die blink idee: ‘n pampOEn kOEts! Soos AspOEstertjie s’n! Pinterest het klomp prentjies as voorbeeld. Ek sal eerlik met julle wees en sê dit was totaal my projek. Die pampoen was lekker sag en maklik om te sny. Glad nie moeilik om uit te hol nie. Toe my dogter vra om te help verf, sê ek eers ja en toe kon ek nie die verfkwas vir haar gee nie. Dit was net te lekker!
Klink na baie pret.
[…] Ons het al aa vir aap, oo vir Oompie Doompie, ee vir Eet Beet Week (my gunsteling), uu vir Vuur, oe vir Soek ‘n Boek, ou vir Bou en ui vir Muis gedoen. Nou was dit Vlieg Papier week om die ie klank te […]
[…] Pampoen Koets oe Week https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/2014/10/18/pampoen-koets-oe-week/ […]