Ek het laas jaar ‘n streng rubriek geskryf oor die power gehalte van Afrikaanse apps en is bly dat ek my opinie nou sal bietjie moet aanpas. Ek was baie ge-eerd toe Carien van Zyl, vervaardiger van Cleverkiddo apps, my kontak en haar nuutste drie apps aan my skenk! Ons het hulle oor die naweek afgelaai en my kinders speel nou nog! Ek is opgewonde om met julle die volgende drie apps te deel, Ollie Onthou, Seisoene en Peg board deur Cleverkiddo.
Ollie Onthou
Olifante onthou mos baie goed en jy kan jou kleuter se geheue goed ontwikkel met die app. Daar is drie speletjies wat geheue bou: Geheue Kaartjies, Ouditiewe Geheue en Visuele Geheue. Die tema in die uitgawe is wildediere en die diere geluide kom gepaard met elke dier. Die Afrikaanse spreekwoorde wat deurentyd gesê word is baie oulik en bou taal vaardighede. My kinders giggel en herhaal wat die ‘tannie’ sê: “Jy is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie!” Dit word bemark vir ouderdomme 5 en onder en ek moet sê dit hou my 4-jarige se aandag die beste. Maar selfs my 21-maande oue dogtertjie verstaan dat sy die diere wat agter die bos inloop, moet onthou en dan daarop druk met haar vinger. Sy verstom my! Ek is so bly daar is reeds apps wat haar kan vermaak EN leer!
Een verbetering wat ek sou wou sien is met die ouditiewe geheue speletjie. As my kinders nie die diere mooi gheoor het nie, sou dit help as daar ‘n ‘luister weer’ knoppie was.
Die app kos R11,99 en is beskikbaar vir iPhone en iPad. Ek sien uit na die Plaasdiere en Troeteldiere weergawes wat blykbaar binnekort beskikbaar gaan wees.
Seisoene
Die oulike app bestaan uit 4 aktiwiteite: Legkaarte, Vorms, Tel en Aantrek Speletjies. Vir elke seisoen is daar ‘n boom met goed in wat tel soos die kind op die items raak. Selfs my peutertjie druk mooi aan die appels en luister hoe die stem tel tot by dertien. Die aantrek speletjie is oulik in die sin dat elke seisoen is daar verskillende klere wat pas by die klimaat. Kinders kan skoene, serpe, hoedens, rokkies en vele meer mooi uitrustings aantrek vir die pop. Daar is wel bietjie van ‘n ‘glitch’ as die kinders te veel klere bo op mekaar pak of raak aan te veel klere. Hulle kan ook nie klere weer afhaal van die pop nie. Die Vorm speletjie is vir my goed. Die vorms word genoem soos die kind hulle optel en pas op ‘n prentjie.
Hierdie app kos ook R11,99 en is gepas vir kinders 5 jaar en jonger.
Ek kan nou ongelukkig nie Peg Board opspoor op my App Store nie. O ja, seker omdat dit op die iPad beskikbaar is en nie op my iPhone nie. Maar die is ‘n goeie leervaardige speletjie in my opinie. Baie goed vir perseptuele ontwikkeling wat belangrik is vir lees. Sien Carien van Zyl se webwerf vir meer besonderhede. www.cleverkiddoapps.com (Ek sien dat die bogenoemde speletjies ook beskikbaar is in Engels.)
Ek dink ons kan verseker opgewonde wees oor die toekoms van Afrikaanse apps so lank Carien en haar span aan die gang is!
Ons gebruik nie baie apps nie, maar ek het ‘n ietsie vir ‘n noodgeval op my tablet om die kinders besig te hou. Ons gunsteling is die van http://www.hedgehogacademy.com/AppsAndGames.php. Ek sien dit nie op jou lysie nie, dalk omdat dit apps is waarin jy self die taal moet stel en Afrikaans net een van ‘n elle lange lys van tale is.
O, en ek het gesien iemand adverteer die, maar het nog glad nie na dit gaan loer nie: “Gratis app vir beperkte tyd!!!
Apple link: http://goo.gl/OzpJWp
Android link: http://goo.gl/1zBwUG“
Baie dankie! Ek sal verseker gaan kyk na die!
Do you get this site’s for S3 MINI as well
Hi Lerina, the best would be to look on the website: http://www.cleverkiddoapps.co.za