Ek spog dat tuisonderrig vir kinders die geleëntheid skep om vrae te vra en hulle nuuskierigheid asem te gee maar dan mis ek so amper die goue oomblikke!
Ilani wil so rukkie terug weet, wat sal met bordkryt gebeur as mens dit in kookwater plaas. Sy vra so tussendeur ons skoolwerk en ek gee haar nie my volle aandag nie. Eks besig! Gelukkig is sy vasberade en hou aan om my te vra totdat ek belowe dat wanneer ons gaan tee drink, sal ons die eksperiment doen!
Met tee tyd is sy daar met die bordkryt en ons gooi toe sit saam met kookwater in ‘n glas. Daar word ons beloon met borrels wat van die kryt afkom! Dit was meer opwindend as wat ek verwag het! Wat veroorsaak die borrels? Ek weet nie! Is dit die chemikale in die bordkryt wat reageer met die water? Ek weet nie! Dalk net lug wat vasgevang is in die kryt wat nou los kom sooa die buite lagie van bordkryt wegsmelt. Maar hierdie is my vrae. Ons het reeds Ilani se vraag beantwoord en sy is tevrede. Ek wys haar toe hoe om ‘n prentjie te teken van haar eksperiment en daar leer sy bietjie van data versameling en navorsing se opteken. Goeie leer dag! Maar ampertjies gemis omdat ek besig was met skoolwerk.
Janèy daag my ook uit laas week: “Hoekom is die knoppies nie soos die alfabet nie?” Hoekom is die sleutels op die sleutelbord nie in alfabetiese order nie? Ek probeer half-hartig antwoord dat dit makliker is om so te tik. Maar toe ek later self tik, wonder ek hoe het dit nou juis so ge-eindig. Dit was eers die volgende dag toe ek besluit om te Google en toe waa die storie daaragter heel interresant!
Kortliks hier vir julle: die tik masjien was eers in alfabetiese order ontwerp deur Christofer Sholes in 1867. Maar toe plak die sleutels van party letters te gereeld vas omdat hulle so dikwels gebruik word. Daarom her Shole die QWERTY rangskiking uitgevind wat minders met mekaar gebots het! Aanhaling uit Wikipedia: “the QWERTY layout was not designed to slow the typist down, but rather to speed up typing by preventing jams.”
Ek het toe my dogter al hierdie vertel en daar leer ek ook iets as gevolg van haar nuuskierigheid.
Ek wil verseker meer attent wees op my kinders se vrae sodat ons nóg meer leer as wat ek dalk beplan het.
Leave A Comment