My hart was bly toe ek die week weer hoor hoe my dogter sê “Ek LOVE homeschooling!” En dit oor dat sy haar tyd kan neem en rustig skilder. Sy neem kunsklasse maar sê sy voel altyd gejaag. As ek daar aankom, sien ek hoe sit en droom sy, of kyk na die maatjies se werk, of luister hulle geselsies. (Sy lyk nie regtig vir my gejaag nie.) Nietemin, die week het my kind haar uitgeleef in haar kuns.
Ek het haar eers gehelp om ‘n PowerPoint presentation te doen oor Klimt en sy bekendste kunswerke. En sal Klimt nou ‘n foto van homself hê met ‘n kat!
Ons kan toe fyn na sy skilderye kyk en sien dat hy geniet om goud te gebruik. Seker omdat sy pa op goud gegraveer het en hy het van kleins af die kleur waardeer. Janéy het vinnig die program verstaan en kon self aangaan. Sy tik die opskrif en ‘insert’ dan die prentjie wat ek reeds in ‘n lêr afgelaai het. Sy eksperimenteer tot met rame en maak die prentjies groter. Daars natuurlik nog baie om te leer maar ek is bly oor die goeie begin!
Ek volg graag vir Nadene Esterhuizen se blog, Practical Pages en sy het vir twee Dinsdae vertel oor hulle Klimt kuns en dit is wat my inspireer het! Ek gaan soek op Pinterest en vind daar ‘n swart en wit ‘Portrait of Adele Bloch-Bauer’ is en vra my man om dit vir ons uit te druk. Ek koop skakerings van goud en ‘n goue pen. Ek wys die kinders Klimt se oorspronklike skildery maar sê dat hulle mag maak soos hulle wil.
So tussendeur die kuns, werk ons aan wiskunde en Afrikaans. In wiskunde het ons nog klok werk gedoen. Afrikaans behels nuwe speleoordjies, sinne skryf en boekies lees. Vir my jonger dogter, is daar prentjies om in te kleur en woorde te pas by die prentjies wat ek geteken het. Sy is ook lief vir haar Singapore Maths werkboek. Ek het nuwe klei gemaak en sy het geniet om daarmee te speel.
Ons het toevallig in dieselfde week ‘n kunsdag gehad wat ‘n vriendin gereël het en kerse gemaak! Die hele dip in die warm was proses! Die kinders het die pit in verskillende kleure gedoop en dadelik in ‘n emmer water. Toe weer in die was sodat die lagies so opgebou het.
En toe was dit tyd om Gustav Klimt se ‘Tree of Life’ aan te pak. Gelukkig met die help van ‘n handleiding kon ons sien hoe om die boom stap vir stap te teken. Die kinders kon hul tyd neem met die verf daarvan. Ek laat hulle verf so lank hulle lus het en later weer terugkom. Ek het gesê ek wil hê hulle moet trots wees op hulle werk. Ek veg die temptasie om hulle te druk om dit meer soos Klimt s’n te maak. Ek het gevra: “Wil jy nie al die takke goud verf nie?” Maar die antwoord was dat sy daarvan hou soos sy dit gemaak het. Wel, ek kan nie daarmee stry nie!
Leave A Comment