Hierdie is so goed gestel en ek stem volkome saam! My oudste dogter toon ‘n liefde vir kuns en daarom probeer ek dit in al ons skoolwerk inweef. Sy teken prentjies langs elke nuwe woord wat sy leer. Sy maak getalle boekies en skryf die prentjies vir elke nommer. Sy moes die week ‘n kalender optrek en teken toe prentjies vir wat ons op sekere dae gaan doen. (Vliegtuig vir wanneer ons Oom Jonathan weer by die lughawe gaan aflaai.) Ek sien dat sy op haar gelukkigste is as sy kan teken, skilder en kunstig wees.
Dankie aan Mariksa Pelser van Da Vinci Kind vir die volgende artikel!