Ek glo dat die Here ons op hierdie pad gelei het. Ek gaan daarop bly totdat Hy vir my andersins wys.
Ek wil ‘n liefde vir leer kweek in my kinders. Ek gaan dit doen deur om hulle nuuskierigheid toe te laat en te bemoedig. Ons gaan vrae ondersoek en onderwerpe waarin hulle belangstel bestudeer. Ons gaan lewende boeke lees wat hulle verbeelding strek en hulle idees vlerke gee. Ons gaan leer oor regte mense, hulle suksesse en hulle mislukkings. Ons gaan toelaat dat mense se lewenstories ons harte roer en ons inspireer tot grootheid.
Ek gaan vreugde in ons huis ‘n prioriteit maak. Iewers in ons dag moet ons vir mekaar glimlag, oogknip en giggel. Ek gaan dit doen deur om nie als ernstig op te neem nie, te lag oor my foute en te soek vir die silwer randjie om elke wolk.
Ons gaan volhard, ons gaan werk maar ons gaan ook rus. Ons gaan innerlike vrede kweek deur om God se skepping te waardeer en inneem. Ons gaan uitkyk vir als wat Hy vir ons wil wys.
Ons gaan die mense om ons seën. Ons bure gaan die liefde en vreugde van die Here ervaar deur die lekkergoed en bederfies wat ons vir hulle neem. Ons gaan help verleën aan die behoeftiges om ons. Ook ons maats sal weet ons gee om in woord en in daad.
My doel is dat my kinders die lewe ingaan seker van wie hulle is en waarvoor God hulle op die aarde geplaas het en dat hulle daardie roeping paraat aandurf! Dit en dit alleen, sal beteken dat ek geslaag het.
Leave A Comment