Ons is amper aan die einde van die jaar en trek nou eers by die letter P. Ek wou dus net ‘n vinnige een week van P doen en toe spoel dit oor tot twee weke. Gaan ek die res van die letters in-‘squeeze’ of oorslaan tot volgende jaar? Ek weet nie.
Maar ons het lekker gepraat van Petrus. Jesus se rabbedoe vriend. Ek het vir my kinders die stukke in die Bybel gelees waar Petrus iets gesê het. En hulle het besef dat hy baie gepraat het en dikwels sonder om te dink. Ek het vor hulle die Matthew video gekyk en toe hulle sien Petrus was ‘n regte man, dring dit deur dat die gebeure in die Bybel regtig gebeur het. Omdat my kinders so baie vra: “het dit REGTIG gebeur?”, besef ek dat hulle onseker is van realiteit en fantasie. Soveel van wat hulle op televisie kyk is sprokies, sodat wanneer ek hulle iets eg wys, twyfel hulle daarin. Hoe kan ek die verwarring tussen realiteit en fantasie keer? Ek weet nie.
Elk geval, hier is ons Petrus skootboek.
Dit was Janéy se idee om die bootjie te vou met papier. Ons het twee verskillende origami metodes probeer voor ons dit reggekry het om ‘n bootjie uit papier te maak. Dis Petrus en Andreas wie visvang. Jesus het na hulle toe gestap en hulle genooi om Hom te volg. Die Bybel sê dat hulle, hulle boot net daar gelos het en dadelik Jesus gevolg.
Toe skryf Janéy af van my lysie feite oor Petrus .
Toe skryf ek sommige van Jesus en Petrus se dialoë op spreekborrels sodat mens vinnig kon sien wat het Jesus en Petrus vir mekaar gesê. Die gesigte van Petrus en Jesus was bietjie van ‘n flop. Ek het gedink om hulle gesigte, hare, oë en monde apart te teken sodat die kinders dit moes uitsny en dan saam plak. Maar toe is die oë te groot en die neus massief en die gesigte lyk verspot. Ek moes ‘n paar keer die gesigdele oorteken voordat dit ietwat okay gelyk het.
Ilani het ‘n prentjie van Petrus wat op die water loop geverf en Janéy het die vers wat daarby pas vanuit die Bybel geskryf.
Ek het ‘n prent gesoek oor Petrus wat Jesus verraai en ‘n mooi kunsstuk gevind op Google.
Ek het ook ‘n pragtige kunstuk gevind deur Carl Heinrich Bloch. ‘Peter denies Jesus’
Ons het op klip geverf omdat Petrus se naam ‘rots’ beteken.
Ons rokke van papier was nie so suksesvol of prettig soos laas jaar s’n nie en toe ek al die papier sien wat ons moes weggooi, besluit ek dat ons dit eerder moet herwin en ons eie papier daarvan maak. Toe begin die baie lang proses van papier skeur en sny in kleiner stukkies.
Toe week ons die papier in warm water en roer dit en probeer dit nog fyner maak. Pinterest sê mens moet dit in die blender gooi sodat dit die papier fyn op’chop’ maar ek wou my blender red van verbeelde gevare.
Ek het so paar maande terug ‘n hele papier-maak stel gesien by die kunswinkel Jimnettes maar ongelukkig toe ek weer gaan soek, was dit nie meer daar nie! Gelukkig, kom my kuns vriendin Dominique tot my redding! Sy het die rame om papier te maak en ons kon toe voortgaan.
Ons druk die papier pulp teen die ‘mesh’ sodat die water onder uit kan loop. Dit was moeilik om ‘n dun egalige lagie papier pulp neer te lê. Orals was daar klonte en dik stukke. Die kinders het my gehelp om dit relatief dun en netjies te kry. Ons het ‘n stuk plastiek gebruik om die papier plat te druk. En toe buite in die son gelos om droog te word.
Die eindproduk was ‘n harde stuk dik papier waarop ons laaste deel van Petrus se storie gekom het.
Dis vir my pragtig dat Jesus Petrus 3 maal gevra het of hy Hom lief het. Een vir elke keer wat Petrus Hom ontken het. Dis ‘n manier om op te maak vir sy fout.
Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei. (JOHANNES 21:17 AFR53)
En dis ook Sy opdrag aan my: ek moet Sy skapies versorg.
[…] Petrus […]
[…] Petrus […]