Wat ‘n verligting om die artikel te lees! My babas is normaal! Al het ek reeds drie kinders gehad en ken die baba fase al te goed, is die uitdagings van ‘n tweeling ‘n hele nuwe leerproses.
Hoorah vir mammas orals wat die beste van ‘n moeilike situasie maak. Ek hoop elkeen wat probeer ‘homeschool’ terwyl hul jong babas het, sal troos vind in die artikel en die nodige aanpassings maak om hul kop bo water te kan hou.
Vir my is dit om dag vir dag te neem en nie uitspattige tuisonderrig projekte aan te pak nie, al wil ek só graag!