Met die tweeling wat my so baie besig en moeg hou, het ek sonder opset die wêreld van ‘Unschooling’ betree. Wikipedia defineer unschooling as “an educational method and philosophy that advocates learner-chosen activities as a primary means for learning.” In plein Afrikaans, is dit: jy los die kind om self te besluit wat hulle wil leer.
Eeeeek! Dit klink mos nie reg nie! Watter kind gaan kies om te werk? Wel, verbasenlik kies baie kinders om te werk en geniet om dit te doen wanneer hulle gelos is in ‘n omgewing waar hulle kan leer. So, die filosofie is dat as jy ‘n kind los in ‘n omgewing wat vindingryk is, dit beteken: daars klomp interessante boeke en ensiklopedies op die rakke; daars ‘n rekenaar en Internet toegang; opvoedkundige speelgoed en apparaat orals en ‘n beskikbare volwassene, gaan die kind vanself iets kies om aan te werk en BETER leer as ‘n opset waar feite in ‘n kind se brein gestop word.
George Bernard Shaw sê: “What we want to see is the child in pursuit of knowledge, not knowledge in pursuit of the child.”
So hoe sal dit lyk? Wel, ek het vir jou ‘n voorbeeld uit ons eie tuisskool reis. Ek lees die ander dag vir my kinders die storie van Mrs Tittlemouse deur Beatrix Potter. Sy bly in ‘n ondergronds se huisie met klomp kamers. Die storie is regtig baie oulik en my kinders het sommer opgestaan en begin uitbeeld hoe Mrs Tittlemouse die modder voetspore van die padda-besoeker skoonvee. Hulle het dit baie geniet. So paar dae later, teken my oudste ‘n ondergrond huis wat sy baie graag wil bou. Sy vra my hoe om die woord ‘kamer’ te spel en merk dan al die kamers in haar huis. Sonder dat ek sê sy moet, leer sy klomp nuwe spelwoorde. (En sy oefen dit weer die volgende dag toe sy nie haar tekening kon vind nie en moes van voor af begin.)
Janéy wil só graag hierdie huisie bou dat sy begin dink hoe kan sy genoeg geld maak om dit te kan doen. Sy vra my watse werkies kan sy in en om die huis doen om geld te verdien. Sy gee haar Pappa ‘n hot stone massage en sit nog ‘n geldjie in haar sak. Sy maak lysies van wat sy alles gaan nodig hê om hierdie te bou. Sy vertel my elke aand hoe vasebrade sy is om haar droom te laat waar word. Sy sê: “Mamma ek gaan hierdie bou en niks gaan my keer nie.” Hoe kon ek my kind se ‘bubble’ bars deur om te sê dis ontmoontlik?
Ek besluit om eerder sagkens die engineers aspekte te bespreek soos dat daar nie vensters sal kan wees nie, so hoe kry mens lig en lug daarin. Sy besef sy gaan ventilasie pype moet inbou en teken ligte. Ons praat selfs oor ‘n kaggel en ‘n skoorsteen. Al hierdie dinge kry haar brein aan die gaan en sy gesels ure met haar sussie oor haar planne.
Vanoggend vra sy my vir my foon om die ‘calculator’ te gebruik (is dit ‘n sakrekenaar as dit op jou foon voorkom?) Sy wil al haar geld optel. So ek wys haar hoe sente 0,1 en 0,5 gaan wees en rande 5 en 10 ens. Sy snap vinnig en tel al haar geld op tot by R92,50. Sy voel baie ryk. Sy skree van opgewondeheid dat sy naby R2000 is en dit sal genoeg wees om haar ondergrondse huis te bou asook meubels te koop en dalk as daar iets oorbly, lekkergoed ook! Ek besluit ek gaan moet verduidelik hoe baie so projek sou kos. Ek breek die nuus aan haar: Sus, met R2000 kan mens dalk een bank koop. Haar mond rek met verbasing. Julle bunk bed was R2500! Sy antwoord dat sy 2 beddens gaan nodig hê en daar besef sy hoe buite haar bereik dit is. Haar skouers val. Ek sien hoe slat die teleurstelling haar. Ek probeer troos: Selfs grootmense het nie genoeg geld om hulle huise te bou nie! Ek beskryf hoe hulle moet geld leen by die bank om ‘n huis te bou. Ek stel voor dat sy spaar om ‘n Sylvanian familie pophuis te koop. Dat dit binne haar bereik is. Ek vertel haar hoe ongelooflik great haar ondergrondse idee is – dis ‘n idee wat sy by Uitvinding Dag met haar tuisskool maatjies moet deel.
Sy dink so bietjie en besluit sy gaan spaar om baie lego te koop. Ja! Dis nou ‘n blink plan. Dan bou sy solank haar droomhuis op ‘n kleiner skaal.
So hoeveel vakke het sy geleer in hierdie een projek? Afrikaans, wiskunde, kuns (dy het klomp meubels ontwerp) tegnologie. Elk geval, ek weet van ‘n ander ‘unschooling’ gesin wie se voorbeeld baie meer indrukwekkend is. Die dogter van 7 bedryf reeds haar eie maatskapy. Bak kolwyntjies, neem bestellings daarvoor, reël vir oplewer en aflewer en hou rekord van als. Sy skryf kwotasies en doen basies rekeningkunde. Ek kan verstaan hoe dit van baie meer waarde is as om Graad 1 by te woon by ‘n skool.
So dit kom daarop neer om die proses te vertrou. Soos ek verstaan is daar baie dae waar dit lyk asof niks gebeur nie. En dan is daar ongelooflike dae waar die kind wegspring met ‘n taak en floreer.
Ek dink as iemand dit versigtig sou wou begin sal dit behels om baie vir jou kind te lees. Lees dalk net tot halfpad en los die res oor aan jou kind se nuuskierigheid. Bespreek die grootmens wêreld van besigheid en geld maak. Maak seker dat daar baie bronne en naslaanboeke rondlê vir jou kinders om in te loer. As jy (soos ek) nie bereid voel om die werkboeke te bêre nie, gee vir hulle opsies oor wat hulle kan doen. Laat hulle deur die boek blaai en self kies watse bladsye hulle gaan aanpak. Dit laat hulle voel dat hulle gekies het om te werk en daarom sal hulle dit klaar maak. Vra vir hulle waaroor wil hulle leer en dan doen julle dit in diepte. In ander woorde, julle skryf julle eie kurrikulum. Dis wat unschooling is!
Vriendin! Dit voel mos nou baie meer natuurlik! The world is their oyster!
Is so! Net moeilik vir die mamma-juffrou om te laat gaan!
my hele wese stem saam!!!!!!! Wens ek het dit gedoen met my kids. Sal soveel hartseer uitgeskakel het en hulle sal beslis nog sterker en heler kids gewees het. Welldone!!!!!!!!!
Baie dankie!
Ek dink dis net genade vir ons ma’s as ons deur ‘n tydperk gaan waar ons nie al die balle in die lug kan hou nie. En dan ontdek dat minder soms meer is.
Dis altyd heerlik om te lees wat jy en die meisies mee besig is.
Dis so waar Lizelle! Ek ervaar die Here se genade in groot maat in hierdie tyd! X
Ouers wat beskikbaar is, belangstel en die kind betrek by pligte is belangrijk vir unschooling. Ons unschool Joshua(7), maar het voorheen aan-en-af gehomeschool ook. Met homeschooling het hy op sy eie voortgeploeg deur boekies English, Phonics, Maths, Science, Bible, Multiplication, Fractions en nog meer. Die arme kind het elke oomblik daarvan gehaat. Ons het besef dis niks anders as skool nie, en dat die rigoristiese snert besig was om ons almal se lewens te versuur… My man google toe bietjie oor unschooling, en alles maak toe net sin. Joshua is nou meer leergierig, en gelukkig. Met unschooling word ons genoop om meer betrokke te wees by wat hy wil leer. Skielik kan ons sien waarin hy belangstel, waar hy voorheen net gedoen het wat ookal op die volgende baldsy was. Viva unschooling!
Ek stem! Tuisskool moet anderste wees as skool! Dit help nie mens herhaal net die werk en die stres en die druk van skool by die huis nie!
So bly julle het ‘n werkende model gevind!
Vriendelike groete
Janet