Die laaste dag van ons Suidkus toer het aangebreek en Pappa Timothy wou slaap voor ons deurnag terug huis toe ry. Die weer was bewolk en nie ideaal vir strand toe gaan nie, so waarheen kon ons gaan, wonder ek. Ek soek toe op Google Maps in die omgewing waar ons gebly het. En daar sien ek mooi duidelik: ‘Shell Museumʼ, slegs 6 minute vanaf ons vakansie huisie! Ek is so opgewonde omdat teen die tyd, het Janéy vir ons almal hangertjies gemaak met die skulpe wat sy by Gansbaai se strand opgetel het.
En Ilani het my onlangs gevra hoe skulpe gevorm word. Ek is te skaam om my oningeligte antwoord vir julle hier te vertel, maar dit was verkeerd, sommer baie verkeerd! So, hoorah vir die skulp museum en AJ, wie ons op n toer geneem het. Hy verduidelik gewoonlik vir skoolgroepe oor die skulpe maar hy was so gaaf om ons tuisskool gesin ook als te vertel en hy het klomp interessante feite gedeel. (Ek wens ek het ‘n selfie saam AJ geneem want ek wil graag spog oor hom en hom bemoedig in sy loopbaan. Hy swot self verder op oor skulpe omdat daar nog so baie is wat ons nie weet nie. Maar my tweeling het genoeg gehad en straat se kant toe gehardloop, so ek moes vinnig groet. Ek gaan nog die museum bel en vra vir sy fotograaf!)
Ek wil graag van die interessante feite wat ons geleer het met jul deel!
Eerstens, skulpe is die geraamtes van klein seediere! Haha, dis my definisie. Wêreldspektrum stel dit so: ‘Skulpe is die uitwendige skelet van weekdiere (phylum Mollusca). In Engels, die skulp is die diertjies se ‘exoskeleton’.
Nou ek het geweet van slakke en mossels en die kluisenaar krap wat van skulp tot skulp trek soos hy groei. Maar ek het nie besef dat ALLE skulpe die woning is van diertjies nie. En julle moet sien hoe lyk die goed! Sommige is vieslike seekat tipe goeters. Hier is n voorbeeld:
AJ, ons vriendelike toergids het die Paper Nautilus skulp uit die stoor kamer gaan haal sodat ons kon voel hoe delikaat die skulp is.
So hoe word die skulp gevorm? AJ het vertel dat soos ons gebore word met ons skelet binne ons en dit groei saam ons, so word die skulp binne in die seedier gevorm vanaf die eier tydperk todat dit groei tot buite die dier se lyf!
In Wêreldspektrum ensiklipodie woorde: dit word deur die weekdiere self van organiese materiaal gemaak en die struktuur wissel van spesie tot spesie.
Ons het uitgevind dat die meer kleurvolle soort skulp spesies kom voor in die warm waters van Indo-Pacific oseane.
En die wit vaal skulpe kom voor in koue waters soos die Algulhas stroom.
Daars 3 kategorië van voeding: karnivore, herbivore en filter voerders.
Karnivore het tentakels om hulle prooi mee te vang. Kyk weer die mooi skulp en sy woner.
Die skulpe hierbo is Draerskulpe. Dit was vir my SO interessant dat sommige Draerskulpe net skulpies ‘optel’ wat hulle kamofleer. Ander tel slegs klippies op. En ‘n derde soort draerskulp laat klippies of skulpe of enige ding – selfs haaitande! op hulle skulp plak! Nou hoe weet die skulp wat alles op die seebodem lê? Dat dit NET ander skulpe òf klippe optel?! Wat’ n misterie!
So
Oorkant die skulp museum is daar n skulp winkel. My oudste dogter dog sys in die hemel!
By die huis aangekom en sy maam skulp hangertjies om te verkoop. Mamma kry verniet, nee, vir liefde.
Ek het skulpe prente uitgedruk sodat die kinders hulle skulpe kon sorteer. Ongelukkig is die prente van Amerikaanse skulpe en nie als gehad wat ons soek nie. Toe moes my 10 jarige n tabel maak van haar skulpe.
En gistraand het ek vir hulle You Tube aangesit sodat hulle stap vir stap kan volg hoe om skulpe te teken.
Ek sal almal aanbeveel om die Skulpmuseum te gaan besoek!
Leave A Comment