Machel Streicher is die breins agter hierdie boks. Sy het hierdie blink idee gekry om alles wat kinders nodig het om 8 wetenskap eksperimente te doen saam in ‘n boks te sit en dit vir slegs R350 te verkoop!
Voor ek jou als vertel en wys, hier is haar kontak besonderhede:
Machel Streicher, The Science Box, tel:0793249531, email: thescienceboxsa@gmail.com
Machel saam met my 2 van my dogters.
Al die gereedskap en bestandele vir 8 Eksperimente
Die kinders het slym gemaak!
Die eksperimente ingesluit in The Science Box is:
1. Vulkaan wat Ontplof
2. ‘n Lava lamp
3. Slym Monster
4. Magnete en Ystervysel pret
5. Broei jou eie see diertjies uit!
6. Maak jou eie badsout
7. Aarbei DNS
8. Groei swamme
Vir elke eksperiment is die toerusting en bestandele asook die instruksies ingesluit.
Fotos van die Vulkaan wat Ontplof:
Opwindende reaksie!
Die Lawa Lamp!
Die kinders meet en gooi in en roer te lekker!
Meng die soda en die suur saam in ‘n proefbuis.
Mens kan verder gesels oor die reaksies wat n basis en n suur ontlok. Daar kan altyd werkkaarte afgelaai word van die Internet en verder hard geleer word, maar ek hou van die pret en opwinden wat slegs die eksperimente verskaf. Kinders so jonk soos 4 en 5 kan die wonder van wetenskap ontdek. My eie 5-jarige was baie betrokke met die meng en meet en het die slym vir al uitermatig geniet! My oudste dogter van 10 het dit ook baie interessant gevind. Sy het die badsout gemaak en in die pragtige fyn botteltjie gebêre wat voorsien is.
Die res gaan ons as verassing hou vir julle om self te ontdek! Ek kan net sê hierdje is elke sent werd en ‘n wonderlike stel om aan te koop! As al die bestandele eers opgebruik is, kan kindertjies nog vir ure speel met die proefbuis, tregter, wetenskaplike brille en soveel prettige goed! Dis uit en uit n puik belegging!
Die inligting weer: Machel Streicher, The Science Box, tel:0793249531, email: thescienceboxsa@gmail.com
Leave A Comment