My vriendin Stacey van der Walt het my in die gesegde gedagte gekry. Sy het vinnig ‘n bundel saamgestel om gesegdes en skrif te oefen! Baie oulik! Bestel dit by haar webwerf stacey135.wixsite.com

Ook, Cherise van Niekerk het’ n nuwe tuisskool kuns kompetisie vrygestel waar kinders n superheld moet ontwerp wat ‘n bekende Afrikaanse spreekwoord uitbeeld. Ek lees toe deur Mieliestronk se lang lysie gesegdes. Kyk hier: http://www.mieliestronk.com/idiomeboekad.html

Soos ek deurlees, besef ek hoe baie van hulle maklik uitgebeeld sal kan word deur drama! Ons spandeer toe n oggend aan 10 gesegdes. Ek het videos geneem asook fotos. Hier is die fotos. Skakels tot ons YouTube kanaal waar ons videos is, sal onderaan die artikel wees.

Beteken iemand wat baie onhandig is.

Beteken om dood te gaan.

Beteken ook om dood te gaan.

Beteken om baie ervaring en gebeurtenisse saam met iemand deur te gegaan het sodat jy hulle goed ken.

Beteken wag net ‘n bietjie!

Beteken niks gaan daarvan kom nie.

Beteken dat jy belowe jy praat die waarheid!

Vir iemand ‘n groot guns te doen.

Beteken OOK om dood te gaan.

Nee, ek is nie morbied nie. Die was net maklik om uit te beeld. En dis snaaks dat daar so baie gesegdes is wat beteken iemand is dood. Ek is seker jy ken nog!

Ek is so dankbaar aan die Here dat Hy hierdie tema van gesegdes oor my pad gebring het. Hy is ‘n regte Agtermekaar Kêrel! 😄

Ons videos van die bogenoemde gesegdes is ook oulik:

https://youtu.be/b3zZ5DWls6s en

https://youtu.be/VZvtBvjDqE8

https://youtu.be/_acbzchs-0E