Afrikaans is so ‘n mooi taal! En ons wil dit aan ons kinders oordra. Baie buitelanders kan nie so maklik Afrikaanse boeke bekom nie, daarom soek ons aanlyn opsies!
Ek het die voorreg om twee aanlyn storie webwerwe te besoek, bepeins en bemark! LUISTERVINKSTORIES EN ANNA EMM POD 😀
Luistervinkstories
As tuisskool mamma van 5 kinders, het Hannekie Verwoerd die waarde van voorlees vroeg-vroeg gesien. Maar meer as dit, is Hannekie ‘n ervare spraak- en taalterapeut. Sy sê op haar webblad dat om vir jou kinders voor te lees onsettend baie help vir hulle taal ontwikkeling en later lees- en skryfvaardighede. Mens kan mos nie woorde skryf wat jy nie ken nie! Hannekie glo dat die epidemiese afmetings wat leesprobleme in die afgelope jare aangeneem het, gestuit en omgekeer kan word as daar meer aandag geskenk kan word aan jong kinders se taal ontwikkeling.
So hoe lees besige ouers meer storieboeke vir hulle kinders voor? Hulle sluit aan by Luistervinkstories waar hulle ‘n hele biblioteek vol pragtige, lewendige stories het tot hul beskikking! Hannekie kies taalryk en klassieke stories en fabels. Skrywers soos Freda Linde, CJ Langenhoven en die Broers Grim verleen tot vindingryke Afrikaanse stories wat net soveel leer as vermaak!
Hannekie het ‘n video biblioteek, waar kindertjies die prente van die boek kan sien terwyl hul luister na die storie asook’ n audio biblioteek met hoofstuk boeke (soos Maja se Avonture) sodat kinders langer verhale lekker kan luister. Sy het ook slim die stories in tydafdelings verdeel vir jong luisteraars (korter as 5 minute), die wat 5-9min wil luister of ouer kinders wie graag langer as n 9 minute wil luister en kyk (die videos stories wys die prente in die boek).
Hannekie laai gereeld nuwe stories op die webblad, so die maandelikse subskripsie van R80 is uit en uit die geld werd! Sluit nou aan by Luistervinkstories https://luistervinkstories.co.za/kontak-ons/ of epos Hannekie by luistervinkstories@gmail.com
Anna Emm Pod
NUUT!! DIE ANNA EMM POD!
Stream meer as 120x kinderstories live of laai die MP3’s af na jou device.
Registreer nou gratis by www.annaemmpod.co.za en ontvang 4x gratis stories om af te laai!
Ek was ook baie bevoorreg om 5 stories vanaf Anna Emm se nuwe potgooi webwerf as geskenk te kry! Een CD vir elkeen van my kinders.
My dogters het gekyk na die CD covers (al die stories is mos op CD beskikbaar en nou laai Anna al die stories op die webwerf sodat hulle aanlyn beskikbaar is.)
My dogters het soos volgende gekies:
Janéy: Speurder Morris Muis
Ilani: Vier Konings
Tenike: Lievelant
Michaela: Haai Sies, Jy Jok!
Nivea: Siebert Trapsuutjies
(Michaela sing graag Baby Shark doe doe doe doe, so sy het dadelik van daardie haai prentjie gehou. 😉)
Die stories is so kleurvol soos die voorbladprentjies verklap. Anna Emm is ‘n begaafde skrywer en die plotte en komplotte is so snaaks en interessant, dit strek jou kind se verbeelding tot by die sterre en verby!
Anna maak gebruik van talentvolle stemme om die stories te lees. Kunstenaars soos Anna-Mart van der Merwe and Anrich Herbst is van die beroemdes wie vir haar voorlees.
Anna sê dat sy al 3000 van haar stories mettertyd gaan oplaai op die webblad so almal gaan moeilik kies en keur tussen die skatte!
So tussen Luistervinkstories en Anna Emm Pod is ouers bederf met massas stories! Om na te luister op lang of kort reise, terwyl julle kuns doen of net saam snoenig lê in die bed en weggevoer word saam karakters op asemrowende avonture.
Vir almal wat Kieswetter Klaskamer volg – tot aan die einde van Julie kan julle die Luistervink Stories biblioteek gratis oopsluit deur op http://www.luistervinkstories.co.za op die tuisblad by TEKEN AAN te klik en die volgende gebruikersnaam en wagwoord te gebruik:
Gebruikersnaam (username): luistervinkstories
Wagwoord (pass word): kaggelvuur
Net tot einde Julie!
Hannekie