Ek is altyd op die uitkyk vir kreatiewe maniere om letters en klankies te leer!
Hoekom moet dit vervelig wees? Ons werk tog met kinders en hulle geniet prettige goed! Hier is so paar idees vir die letter p. Om dit te klank, te skryf, te onthou!
Die pennetjies en pennetjie bord het op die vloer gele. Ek pak toe p uit en maak ook ‘n Patroon.
Pak’ n patroon p met pennetjies op die pennetjiebord.
Toe gaan soek ek p bestandele in die kombuis. En daar is Paprika, papaya, piesang en peer baba kossies, pizza en pannekoek! O, en Pink Pronutro!
En nou vloei die idees:
6. Gooi pannekoek deeg in’ n pan in die vorm van ‘n P.
7. Skeur pink en pers papiere en plak hulle op’ n P letter geskryf op’ n papierbord.
8. Sny ‘n p in die pizza.
9. Plant Petunias in’ n potplant en verf ‘n p op die pot!
10. Pak wasgoedpenne in die vorm van’ n P! En pink poms in die vorm van ‘n P! Laat kleuter die pink poms poms met die pennetjies optel tot op die papier!
Kyk hoe baie p pak ek nou in’ n sin! 😉
Baie baie oulik!! Jy koppel die visueel, visueel-motories en ouditiewe eienskappe van ‘p’ aanmekaar op hierdie manier.