Vraag vanaf ‘n nuwe tuisskool mamma: “Hoe kry mens die bangheid uit n kind om foute te maak? As my kind een fout maak (bv. spelling), dan raak sy so bang, sy wil glad nie aangaan met die werk nie.”
My antwoord: My oudste het ook so gevoel toe ons eers begin tuisskool. Ek moes omtrent 6 maande lank fokus op die sin: ‘Dis okei om foute te maak.’ Ons het n studie gemaak daarvan. Ek het doelbewus vir my kind begin leer dat foute’ n gesonde deel van menswees is. Ek het die volgende gedoen:
- Ons het gekyk na uitvindings wat ontaard het uit foute. Die boek gelees: Mistakes that Worked Een prettige voorbeeld is die donut! Die gatjie het per ongeluk in ‘n vetkoek gevorm en kyk hoe word die donut wêreldwyd geniet! 🥯
- Ons het ook geleer van Bybel karakters wat groot foute gemaak het maar God het hulle steeds gebruik.
- Vir kopiewerk, het my dogter aanhalings van bekende mense oorgeskryf. Elke kwotasie sê jy kan nie leer sonder om foute te maak nie. Hier is die gratis pakket wat ek gebruik het: https://rockyourhomeschool.net/growth-mindset-copywork-mini-book/
- ‘Growth Mindset’ is ‘n konsep wat ek oor geleer het toe ek die aanlyn kursus daaroor doen deur Coursera. Die artikels oor die verskil tussen’ Fixed Mindset’ teenoor ‘Growth Mindset’ het my gefassineer! Daar is ‘n manier van dink wat’ n reuse impak op ‘n persoon se lewe kan hê. Dit beïnvloed sukses in die werkplek asook die huwelik. Growth Mindset speel’ n belangrike rol in’ n persoon se persepsie van hulle vermoë en daarom hulle toekoms.
- Veranderde denke begin by veranderde woorde. Ouers kan hulle kinders help om minder te stres oor hul foute deur om hulle manier van praat eers te verander. Hier is ‘n tabel vanaf Carol Dweck.
* Praat oor die foute wat jy gemaak het en hoe jy daaruit geleer het. Jou voorbeeld is dikwels die magtigste leermeester!
* Ek het vir ‘n ruk opgehou kruisies maak by my dogters se werk. Ek sou net’ n syfer onderstreep of niks merk nie want sy kon nie kruise hanteer nie. Ek het net die fout vir haar uitgewys en haar gehelp verstaan wat sy gemis het.
‘n Wyse tuisskool pappa vra sy kinders na elke dag: watter foute het jy gemaak vandag? En wat het jy daaruit geleer?
My dogter het na baie geduld en liefde en die aanhoudende fokus op foute as ‘n geleentheid vir groei, ‘n nuwe sienswyse aangeleer. Ek is verstom oor hoe kalm sy nou is oor foute en hoeveel keer sy sal aanhou probeer.
Nog hulpbronne:
FANTASTIC FAILURES : True Stories of People who changed the world by falling down. https://ebookreader.digital/Fantastic%20Failures%20True%20Stories%20of%20People%20Who%20Changed%20the%20World%20by%20Falling%20Down%20First
The Ultimate list of free Growth Mindset Printables https://bitsofpositivity.com/the-ultimate-list-of-free-growth-mindset-printables-for-kids-and-adults/
Baie dankie Janet!!
Mooi dag verder Nadene Naude 0823886335
On Tue, 29 Sep 2020 at 13:22, Kieswetter Klaskamer wrote:
> janetkies posted: ” Vraag vanaf ‘n nuwe tuisskool mamma: “Hoe kry mens die > bangheid uit n kind om foute te maak? As my kind een fout maak (bv. > spelling), dan raak sy so bang, sy wil glad nie aangaan met die werk nie.” > My antwoord: My oudste het ook so gevoel toe ons eer” >