Jenny Philips is die stigter en eienares van die pragkurrikulum, The Good and te Beautiful.
Sy het die 3de Desember, ‘n een-dag seminaar kom aanbied hier in Pretoria wat ek, en ongeveer 120 ander tuisskolers, kon bywoon. Ek gaan julle terugvoer gee van dit wat sy met ons gedeel het!
Jenny Phillips se menswees is ook goed en mooi. Sy skenk haar hele Engelse asook splinternuwe wiskunde kurrikulum program verniet aan die publiek! Die Language Arts, Maths Level K- 6 en so par ander pragtige pdf’s is verniet op haar webwerf; al kostes is die uitdruk en bind daarvan! https://www.goodandbeautiful.com/free/
En dis mooi boeke hoor! Ek het Level 1- 5 by ‘n ander tuisskool mamma gekoop. (Sy het dit reeds uitgedruk en wou daardie kostes dek.) My hart het begin sing soos ek deur die boeke geblaai het! Die formaat en font is asteties aantreklik. Ek is seker daar is ander tuisskool mamma’s wat ook blaai en oooh en aaaah na die mooi prente en netjiese uiteensetting. Julle kan na video’s kyk waar hulle deur die boeke blaai hier: https://youtu.be/cgNtN8ET0Uo
Die werk lyk nie maklik nie. Onthou, Amerikaners se eerste taal is Engels en die meederheid van hulle het geen ander taal behalwe Engels om op te fokus nie. So, hulle spelling en moeiliksheid graad is meer gevorderd as ons tweetwalige kinders aan gewoond is. Ek sien, byvoorbeeld, dat my 12-jarige saal baatvind by Level 2 se spelling boek! Dalk is dit deur Jenny Phillips ontwerp vir Graad 2 kinders, maar daardie spelwoorde ken my amper Graad 7 kind nog nie. So, ek voel opgewonde dat die kurrikulum my dogters se Engelse standaard gaan verbeter en verhoog!
En dit maak nie vir my saak as dit dalk agter lyk of ons ‘n ruk neem om ‘in te haal’ nie. My Ilani se Afrikaans is heel goed, so ek hou im gedagte dat Engels haar tweede taal is (en dat sy deur die jare self bietjie Suid-Afrikaanse gebaretaal en Hebreeus ook geleer het!) Ons kan nie onsself vergelyk met Amerikaanse kinders nie. Dit maak net sin dat hulle meer gevorderd sal wees in Engels as dit hulle enigste taal is!
Maar ek het nou ‘n resensie gekyk van The Good and the Beautiful (afkorting TGTB) deur ‘n Amerikaanse tuisskool mamma en sy sê sy en baie ander tuisskolers voel dat dit ‘n baie ‘advanced’ kurrikulum is. Sy voel Die Graad 1 is meer gepas vir Graad 2 en die Kindergarten vlak is eintlik Graad 1. Sy het gesê dat haar dogter baie goed kan lees as gevolg van die kurrikulum maar dat haar tweeling seuns meer sukkel met die gevorderde kurrikulum. Sy het die woord ‘robust’ oor en oor gebruik. TGTB is in haar opinie’ ‘n baie ‘robust’ program. Kom ons leer Engels terwyl ons daaroor praat 🙂 Robust= vigorous, powerful, tough
Ek hou van daardie woord. Sy sê dit dek taal em spelling asook kuns met bietjie Aardrykskunde ingegooi. Dis ‘n vol kurrikulum. So ek verstaan as tweede-taal sprekers dit eers later opneem of glad nie kans sien daarvoor nie.
Ek het vroër jare van tuisskool geloer daarna en dele van die handskrif boeke uitgedruk. Ek kon gou agterkom dat my kinders nog nie gereed was daarvoor nie. Ek is opgewonde dat hulle nou is!
Maar terug na daardie dag seminaar met Jenny Phillips.
Sy het vir ons agtergrond gegee oor hoe sy met die kurrikulum begin het. Sy was eers ‘n sangeres. Het meer as ‘n miljoen CD’s verkoop wêreldwyd! (Haar musiek is op Spotify:) Met die gelde, kon sy TGTB begin, en dit verniet vrystel.
Sy het eerlik gedeel dat jare gelede, het haar tiener dogter haar oë vir haar gerol en ‘n swak houding gehad. Jenny ruim haar dogter se kamer een dag op en sien die boek wat sy lees. Haar oë val op ‘n sin wat iets soos: “How could her mother be so stupid?!” Jenny besef daar en dan dat haar dogter nie goeie literatuur lees nie en besluit om iets daaromtrent te doen. Sy soek toe mooi klassieke boeke uit. Boeke met goeie waardes en familie verhoudings wat positief en opbouend is.
Jenny wys vir ons uit dat baie gewilde boeke van vadag, se gesinne baie negatief uitgebeeld word. Die skrywers se poging om relevant te bly veroorsaak swak skryfstyl en tiener houdings en gedrag wat ons nie wil hê ons eie kinders moet na-aap nie.
Sy het ‘n versameling van pragtige, taalryk boeke gesoek en dit op ‘n boeklys gepubliseer. Dit is waar TGTB begin het, met die Booklist: https://goodandbeautifulbooklist.com/
Jenny Phillips het baie vir Charlotte Mason aangehaal, (terwyl sy ons knipoog herhinner dat Mej Mason geen kinders van haar eie gehad het nie.)
“And all the time we have books, books teeming with ideas fresh from the minds of thinkers upon every subject to which we can wish to introduce children.” -Charlotte Mason
Jenny het ‘n lesing gegee oor goeie gewoontes (Good Habits). Sy het vertel dat om ons kinders goeie gewoontes te leer is deel van ons Tuisonderrig. Een gewoonte wat sy voorgestel het, ek ek dringend nodig om aan te werk, is om die kinders te leer om dinge uit die kar te haal soos ons by die huis stop. As jou kinders soos myne is, en lyk my soos Jenny s’n ook, dra hulle goed kar toe en haal dit nooit weer uit nie. En so hoop die goed op in die kar. Wel, dis iets wat my vanaf haar praatjie bybly en nog nie ge-implementeer is hier nie. 🙈
Ek wil graag my notas vir julle hier neertik oor What makes an Effective Teacher?
1. Have an enthusiastic attitude about learning. Attitudes are contagious, make yours worth catching!
* Good teachers find the subject fascinating.
2. Don’t spend time on the wrong things.
* Preparation, lesson planning, researching vs. exercise, sleep, time with spouse, home organization.
* Spend time taking care of your physical and spiritual health. You cannot be a good teacher otherwise.
3. Be consistent. Consistency gives children a sense of security, empowers children, eliminates anxiety and eliminates power struggles.
Progress comes slowly and is often hard to see.
4. Understand the child
– Identify why a child struggles with something.
– Understand how much you can challenge a child.
– Adapt learning to the child’s needs.
5. Lighten up. 🙂
“Power dwells with cheerfulness.” -Ralph Waldo Emerson
Sy het nog baie goeie goed gesê. Wat moet ek als in die artikel insluit en wanneer raak dit te lank om te konsentreer?
O, hierso is nog iets uitstekend. Jenny het ons vertel dat hulle vyfde kind nogals ‘n wilde wragtig is. Sy het gesê: Wild child. Dit was so verfrissend om te hoor hoe ‘n ander tuisskool moeder eerlik deel oor ‘n moeilike kind. Sy het die gehoor gevra wie het ook ‘n uitdagende kind by die huis en daar was so paar hande opgelig en angstige laggies.
Sy het toe punte gelys om strategies te deel met probleme. Sy het gesê mens moet jouself vra: hoekom sukkel hulle nou hiermee? Praat en gesels met jou kind en vra wat is dit wat nou moeilik is. Sy het voorbeelde gegee van sulke gesprekke uit haar eie lewe en gesin. Wat ons lekker laat giggel het, want dit klink so bekend. Orals oor die wêreld, gaan ma’s en kinders deur dieselfde. 😄
Sy beveel die boek ‘The Exolosive Child’ deur Dr Ross Greene aan, vir die met plofbare kinders. Ek moes hierdie aanhaling uit daardie boek vinnig neerskryf voor Jenny na die volgende punt beweeg het.
“Which skill set is more important in the real world? Blind adherence to authority or identifying and articulating one’s concerns and taking others concerns into account.”
Dit was ‘n baie goeie seminaar en ek en die ander ouers het dit vreeslik geniet! Ek waardeer Jenny se eerlikheid. Ek waardeer dat sy pragtige boeke soek en laat skryf en beskikbaar maak in haar kurrikulum. Sy het trekkings gedoen en baie boeke weggegee daai dag. Ek was die gelukkige wenner van hierdie 5 boekies, wat sappig en mooi en leersaam lyk!
Oor die jare, wanneer ek luister na Amerikaanse nuusberigte, Focus on the Family radio opnames, of opvoedkundige video’s, is ek altyd beïndruk met hulle woordeskat en hulle foutlose spraak. Hulle um of aah nie. Is dit net ek wat elke keer soek vir die regte woord? Hulle kan seker vlot praat want hulle dink net in een taal!
Maar ek wil my kinders blootstel aan pragtige woorde en uitmuntende Engels. En hierdie kurrikulum gaan dit vir ons doen!
Jenny Phillips tuisskool haar 5 kinders in die VSA en neem hande met ons mamma’s wat hier ook hard werk om ons kinders die beste opvoeding te gee wat ons moontlik kan. Ek los jou met har wyse raad:
Teach your children to sit down and evaluate problems. Keep working on them as problems are not always solved quickly.
“