Ek het lank geworstel oor watter taal om my kinders in te onderrig. Ek ken ‘n paar homeschool gesinne wat suksesvol onderwys gee in Engels terwyl hulle huistaal Afrikaans is. Verseker is die aantal beskikbare Engelse kurrikulums en hulpbronne heelwat meer as Afrikaans. Online videos, werkkaarte, blogs en gratis kurrikulums is daar baie! In Engels! (Sal hieronder links post tot die paar wat ek van weet.)
En natuurlik as jy gaan homeschool tot Matriek, is die enigste Afrikaanse opsie, die staat matriek (NSS) . Terwyl goeie Engelse opsies Cambridge, Amerikaanse GED, en die SAT. (Meer hieroor op ‘n ander dag.)
Ek is self tweetalig maar voel akademies sterker in Engels omdat ek in Engelse skole was as kind. Daar is nie twyfel dat dit noodsaaklik is, in vandag se World-Wide-Web wêreld, vir n kind om gemaklik te wees met Engels lees en skryf nie. So, hoe gemaak?
‘n Vriendelike tuisskool mamma  het my goeie raad gegee. Sy sê Afrikaans is ‘n makliker taal as Engels. So, ons kan begin leer lees en skryf in ons huistaal en dan binnekort, (sy het gesê ‘laat jou kind jou lei’) Engels in bring. Sy sê haar kinders het maklik die skuif gemaak na Engels toe.
Die ander ding wat ek moes oorweeg is dat my kind Graad R (0) in Afrikaans gedoen het en so al klaar die letter en klanke van die alfabet in Afrikaans geleer het. Sou ek nou skielik Engelse klankies inbring is daar moontlikheid van verwarring.
Dis waar dat Engels orals om ons is. My kinders leer Engels deur kinder televisie stories, asook boeke wat ek vir hulle lees. Hulle oupa’s is Engels en sommige maats ook! My oudste geniet om nou en dan ‘n Engesle gesprek met my of Timothy te voer, so sy leer dit sommer in die verbygaan. En wanneer ons Afrikaans onder die knie het en sy begin met verlange kyk na Engelse storie boeke, sal ons met die Engelse alfabet begin. Intussen doen ons Engels woordeskat en vertaal klomp woorde sommer terwyl ons in die kar ry.
Jou keuse van watter taal om mee te BEGIN homeschool gaan jou keuse van kurrikulum en boeke aankope beïnvloed. So, as jy nog onseker is, wag nog so rukkie. Maar ek het vir eers die Engelse alfabet plakkate gebêre en al die Afrikaanse alfabet aktiwiteite versamel wat ek my hande op kon kry.
Afrikaanse Hulpbronne vir Voorskool en Grondleggingsfase
Ek het paar goedkoop aankope gemaak by http://www.leerafrikaans123.co.za/ Hulle e-pos vir jou die leesboekies en werkkaarte en mens druk dit eenvoudig uit. Hulle het baie goeie Klankie oefen werkkaarte vir Graad R-3.
Ek is seker julle het Slimkoppe se reeks al ontdek! Ek het dit in Dischem en Exclusive Books en Bargain Books. Wow, dit is pragtig kleurvolle boeke wat voldoen aan die Nasionale Kurrikulum en Assesserings-beleidverklaring (NKABV). Na my mening is dit ‘n MOET koop vir tuisskool mammas. http://www.slimkoppe.co.za Wat ek van hou van hierdie reeks en wat vir my baie belangrik is, dis trots Suid-Afrikaans. Dit lê klem op ons reenboog nasie en al ons nasies is verteenwoordig in die prentjies en name.
Image
Hulle het nou ook ‘n Lees reeks uit. Ek versamel hulle, maar sal hulle eers na Lees Afrikaans 123 se leesboeke gebruik. Vlak 1 is nog steeds nie vir my eenvoudig genoeg vir beginner leesertjies nie.
Wonderlike Afrikaanse hulpbron is dan ook www.kinderwerf.co.za  Hulle het klomp gratis werkkaarte wat hul ook e-pos en hul pakkette is uitstekend uiteengesit! Ek het so pas hul 10 Weke Skoolgereedheid kursus klaar ontvang. Dit was slegs R120! Elke Maandag het ek e-pos ontvang met gemiddeld 22 bladsye se aktiwiteite en vaardighede wat Graad R kinders moet kan doen. Dit is puik!
Dan het ek pragtige Suid-Afrikaanse tydskrif in Pick ‘n Pay ontdek: Bazoo (die karakter is ‘n Proudly South African skilpad). Dit adverteer as ‘n Afrikaanse Kleutertydskrif met stories en aktiwiteite vir 4-7 jariges. My 3-jarige het die baie geniet! Sy kon al die aktiwiteite maklik doen waar dit nie my 5-jarige se belangstelling behou het nie. (Sy verkies Barbie tydskrifte.) www.bazoo.co.za Ek hou van hoe Bazoo my kind gaan leer van Suid-Afrika. Ons provinsies, ons vlag, ons geld, ons mense! So my kind gaan meer as een vak doen met hierdie tydskrif. Hulle het nou Somerpromosie van al 27 vorige uitgawes met so paar ander great produkte daarby! Gaan loer gerus.
Image
En dan, is my my kleutertjie, soos baie Suid-Afrikaners se kleinspan, ‘n  groot aanhanger van Lollos! Sjoe, Alta en Minki het goed gedoen met die konsep en hulle Facebook blad is druk besig. Ek het onlangse hul kleuter werkboek bestel en was baie opgewonde om dit te ontvang! Ek sien dis maar baie eenvoudige werkies, maar sal jou Lollos aanhanger happy en besig hou! www.lollos.co.za
Image,Image
Soos julle kan sien, is daar heelwat produkte op die mark vir ons Afrikaner kindertjies!
Vriendelike groete
Janet

0 Responses

  1. Hi Janet, goeie blog artikel. Jy kan gerus ook connect met Anna Emm Baie stunning Afrikaanse stories op CD, DVD en lees boekies. http://www.annaemm.co.za Kira leer gewelding Baie Afrikaans deur haar produkte.
    En dan op http://www.zentium.co.za is daar ‘n Rekenaar program Dina Dinasorus wat BAIE goed geprys is en alles insluit Vir kleuters tot 7 jarige ouderdom. Op die program druk jy die werk boeke ook uit. Dit help baie … hierdie Mamma het die “Print Workbook” knoppie eers drie maande down the line ontdek! Lekker gelag vir myself. Dina is in Afrikaans en Engels – allles op dieselfde pakket. Op die Zentium web is daar ook ‘n ontwikkellings kaart van baba tot 5 jaar met daaglikse oefeningkies met die naam Dla Dla Mila. Ons volg ook die STEPS Character & Faith Building programme – stunning produk, goed geprys maar in Engels. Loer ook op http://www.kleuters.co.za vir oulike idees.

  2. Ek wou ook kleuters aanbeveel het. Jy kan ook kyk na Juffer Juffrou se blog – baie oulik.
    Soos jy weet Admin ek die groep op FB Tuisonderwys in Afrikaans. Dit is so belangrik dat kinders in hul moedertaal onderrig word. Ek self ken die struweling met die Afrikaans en Engels omdat alles op die net vir die Engelse mense so ‘juicy’ lyk. En vir Afrikaans is dit so droog jy wil verstik of daar is amper niks.
    Baie van ons vertaal maar alles in Afrikaans, ek maak wel van ‘n paar ander Engelse curriculums en boeke gebruik. Ons het eers heelwat later Engels begin inbring. Ons gaan Afrikaans leer tot op die einde, maar ons gaan die GED/SAT eksamen skryf. Moet mos se ons want ma leer net so hard saam hehe.
    As ek net een belangrike ding kan noem, passop vir alle oulike boeke. Ons is geneig om net alle boeke te wil koop en alles te wil doen. Jy sal nie glo hoeveel boeke het ek al in my jare van TO gekoop en nooit eens gebruik nie.
    Geniet dit!

    1. Dankie Maryna!
      Waardeer jou kommentaar en aanbeveeling! Dit is waar dat mens boek mal kan word en net koop koop koop! 🙂 Sal stil hou en eers vra, het ons dit regtig nodig?
      Vriendelike groete
      Janet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *