Wiskunde Speletjies vir 1 Jariges

Ek is mal oor speletjies! Leer terwyl jy speel, dis die beste manier! Een jariges leer nog taal so mamma en pappa kan die woord ‘Een’ baie herhaal terwyl hulle een vinger wys en een voorwerp. Hoe klink een klippie of deksel in n houer? En hoe klink sommer baie klippies in n bottel? Kan […]

Die Yummy Alfabet

Die idee is om so baie sintuie te betrek by die aanleer van die Alfabet as moontlik. En wat beter manier as soet, sappige eetgoed? Waarin jy jou vinger kan doop en die letter vorm en dan aflek! Dan proe jy die letter en sien dit en ruik dit en hoor dit as mamma dit […]

Wag met skool

As jy nie ‘n keuse het nie; jy moet werk, daarom gaan jou kind skooltjie toe, is hierdie artikel nie vir jou nie. Ek verstaan dat met vandag se ekonomie, is ‘n een-inkomste huisgesin raar en ‘n groot voorreg. So, ek is nie hier om werkende mammas te laat skuldig voel nie. Dankie vir julle […]

Maal Idees

Speletjies moet deel wees van leer, voel ek. Ek soek die lekkerste maniere om iets te leer. Oor die laaste ses jaar, het ek baaaaie metodes, webwerwe, boeke en prettige idees probeer om maaltafels vir my kinders te leer. Hier is ‘n lysie van hulle. Begin by die begin. Leer eers in 2’e tel. Ek […]

Wat doen my Graad 7 dogter die jaar? (2021)

Sy moes haar eie doelwitte opstel. En ek help kies watse boeke en kursusse haar sal help om haar doelwitte te bereik. Wiskunde: steeds Graad 6 Simply Maths met die plan om so gou moontlik Graad 7 boek toe te gaan. Maar sy sukkel met wiskunde so ons vat dit stadig. Afrikaans: hierdie pragtige IGSCE […]

Hy is Sterk in my Swakheid

Ek vind dat as ek te trots of oor selfversekerd van my eie vermoë raak, kom ek met ‘n harde slag aarde toe direk daarna! Vanoggend wou ek spog op Bakkiesboek oor die wonderlike tyd wat ek Maandag met my kinders spandeer het. So lekker geTuisskool deur die oggend en dan het ek nog geswem […]

BANG vir foute maak.

Vraag vanaf ‘n nuwe tuisskool mamma: “Hoe kry mens die bangheid uit n kind om foute te maak? As my kind een fout maak (bv. spelling), dan raak sy so bang, sy wil glad nie aangaan met die werk nie.” My antwoord: My oudste het ook so gevoel toe ons eers begin tuisskool. Ek moes […]

Leefstyl van Leer

Nóg ‘n kopskuif wat nuwe tuisskolers moet maak is die een van skooltyd tot leefstyl van leer. Oor die algemeen, gebeur skool tussen 7:30 en 14h00. Dit is waar die leer plaasvind. In die skoolgebou. Huiswerk is blykbaar hersiening, (alhoewel ek weet dit al hoe meer nuwe werk en projekte is wat ouers hulle kinders […]

As jou dag nie gaan soos jy beplan het nie…

Gister was die loodgieters hier om vir ons ‘n nuwe geyser te installeer. Die ou een het gebars. Ons het bietjie wiskunde tussendeur gedoen. Ek het geweet dit gaan chaos wees. So, daar was reeds genade vir myself oor die ongewone dag. Maar vandag was daar geen onderbrekings nie. Ons het niks aan nie. Hoef […]

Beatrix Potter verjaar!

28 Julie 1866 was Helen Beatrix Potter gebore in London, Engeland. Ek het nota gemaak hiervan ‘n paar jaar gelede en vier haar verjaarsdag nou elke jaar. Hoekom? Want dis ‘n goeie manier om oor ‘n skrywer te leer! Julle wat my’ n rukkie al volg sal weet ons hou Dr Seuss partytjies op die […]