Vraag vanaf ‘n nuwe tuisskool mamma: “Hoe kry mens die bangheid uit n kind om foute te maak? As my kind een fout maak (bv. spelling), dan raak sy so bang, sy wil glad nie aangaan met die werk nie.”

My antwoord: My oudste het ook so gevoel toe ons eers begin tuisskool. Ek moes omtrent 6 maande lank fokus op die sin: ‘Dis okei om foute te maak.’ Ons het n studie gemaak daarvan. Ek het doelbewus vir my kind begin leer dat foute’ n gesonde deel van menswees is. Ek het die volgende gedoen:

* Praat oor die foute wat jy gemaak het en hoe jy daaruit geleer het. Jou voorbeeld is dikwels die magtigste leermeester!

* Ek het vir ‘n ruk opgehou kruisies maak by my dogters se werk. Ek sou net’ n syfer onderstreep of niks merk nie want sy kon nie kruise hanteer nie. Ek het net die fout vir haar uitgewys en haar gehelp verstaan wat sy gemis het.

‘n Wyse tuisskool pappa vra sy kinders na elke dag: watter foute het jy gemaak vandag? En wat het jy daaruit geleer?

My dogter het na baie geduld en liefde en die aanhoudende fokus op foute as ‘n geleentheid vir groei, ‘n nuwe sienswyse aangeleer. Ek is verstom oor hoe kalm sy nou is oor foute en hoeveel keer sy sal aanhou probeer.

Nog hulpbronne:

FANTASTIC FAILURES : True Stories of People who changed the world by falling down. https://ebookreader.digital/Fantastic%20Failures%20True%20Stories%20of%20People%20Who%20Changed%20the%20World%20by%20Falling%20Down%20First

The Ultimate list of free Growth Mindset Printables https://bitsofpositivity.com/the-ultimate-list-of-free-growth-mindset-printables-for-kids-and-adults/

https://fs.blog/2015/03/carol-dweck-mindset/

One Response

  1. Baie dankie Janet!!

    Mooi dag verder Nadene Naude 0823886335

    On Tue, 29 Sep 2020 at 13:22, Kieswetter Klaskamer wrote:

    > janetkies posted: ” Vraag vanaf ‘n nuwe tuisskool mamma: “Hoe kry mens die > bangheid uit n kind om foute te maak? As my kind een fout maak (bv. > spelling), dan raak sy so bang, sy wil glad nie aangaan met die werk nie.” > My antwoord: My oudste het ook so gevoel toe ons eer” >

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *