Ek is bly oor ons produktiewe B-week! 

Ons doen eers wiskunde elke oggend en dan letterkunde. My kinders oefen hulle skrif. 

Janéy (8) se Lopende Skrif
Ilani (5) se B-werk in haar Klanke boek

 

Ons het Kuns Waardeering gedoen deur om na die pragtige skilderye van Charles Burton Barber te kyk en dit te waardeer. Janéy het toe ‘n PowerPoint presentation gemaak met haar gunseteling skilderye en ‘n sonnetjie getik oor elkeen. Sy tik nog met een vinger maar ek los haar vir eers. Sy speel rond met ontwerp en leer die program en die sleutelbord ken. Sy geniet dit vreeslik baie en het die volgende dag self aangegaan. Die tik werk goed vir spelling ook omdat sy soveel keer ‘dogtertjie’ kyk op die papier waar ek dit geskeyf het en dan self stadig tik dat sy nou die woord uit haar kop ken. 

Charles Burton Barber se skilder tema was kinders en hulle troeteldiere.   

Janéy werk aan haar Powerpoint

Anna Emm het ‘n luister CD, Ben By wat saam met ‘n Pretpak gekom het. Ek het dit uitgehaal en vir Ilani gegee om aan te werk. (Soek op FB vir Anna Emm Kinderstories.)

En Katuti Creative blad op Facebook het die inkleurprent van die letter b gratis vrygestel die week wat my girls lekker besig gehou het. 

   

 

Ek dink nou die b-woordjies in die prent hierbo kan die spelwoorde wees vir die week. Moes dalk laat my dogter hulle leer en speltoetsie skryf!

Ons het toe baie oor bye geleer. You Tube videos is wonderlik en ons kon lekker al 4 op die bank sit en videos kyk een na die ander. 

Ek sal die reeks FlowHive aanbeveel. Goeie kamera werk laat jou die by van baie naby bestudeer. http://youtu.be/Tk0rj0-npTI

‘n Goeie prent vanaf Google het ook die lewensiklus van die by mooi verduidelik. Ek het wasgoed mandjies in die sitkamer uitgepak om die byekorf te verteenwoordig en die kinders het die lewensiklus uitgebeeld. Maar dit was vir hulle soos speel. Die Koningin by dra ‘n kroon en lê ‘n eier (balletjie sokkies) in die ‘mandjie’. Dan klim Ilani in die mandjie en word die larwe. Janéy trek aan soos verpleegster en kom voer die klein larwe. Ek kon hulle los om te speel want Janéy het die inligting op haar papier gebruik as verwysing en hulle gesels oor al die werke en fases van die by se lewe. 

  

Ek het laat die kinders die by lewensiklus teken in hulle boeke. 

  

Janéy se leesboek die week.

Ek is trots op my 2-jarige. Sy was so soet terwyl ons gewerk het. Sy het self klei uitgehaal en gespeel. Sy het in haar Barney inkleur boek ingekleur. Ek het vir haar ook ‘n skoolboek soos haar ouer sussies. Ek teken toe ‘n boom en knip blaartjies vir haar wat sy self op die boom geplak het. Sy het heeltyd gevra vir nog ‘n blaar. 

  

Ons het bytjie kolwyntjies gebak!

   

   

En Vrydag het ons weer ‘Show en Tell’ waar ons tuisskool maats bymekaar kom en oefen om voor mense te praat. My kinders het so mooi verduidelik van die by. Vir die doel het ek ‘n by van felt gemaak en die kinders het bye op ballonne geteken. 

   

Die kinders by Show and Tell

Nou rus my brein so bietjie en dan begin ek dink aan die volgende week se letter en werk. 🙂 Ek leef ‘n bevoorregte bestaan! 

5 Responses

  1. Jy iy is sowaar oulik! Ekt uiteindelik my bedanking ingedien en gaan vanaf 1 Maart ons seuntjies tuisskool. Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek gaan die hele tema-bou-om-die-letters-van -die-alfabet by jou steel☺️. Natuurlik meer temas wat vir seuntjies sal pas. Dankie dat jy alles so deel!

    1. Hi Jeannine!
      Ek voel geeer dat jy die idee wil gebruik! Go for it! Dis een ding waaroor ek hartseer is dat ek nie seuns het nie, ons idees is maar baie dogtertjie-rig 😄
      Maar seker jy sal klomp oulike idees kry! Mag julle ‘n baie geseënde tyd hê saam! X

  2. Ek het b vir bye gevind Janet Dankie dis so oulik Daars n tuisskolers uitstappie Byeplaas toe as jy nie daarvan weet nie Uit op Moloto pad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *