Die Yummy Alfabet
Die idee is om so baie sintuie te betrek by die aanleer van die Alfabet as moontlik. En wat beter manier as soet, sappige eetgoed? Waarin jy jou vinger kan doop en die letter vorm en dan aflek! Dan proe jy die letter en sien dit en ruik dit en hoor dit as mamma dit vir jou sê en voel dit met jou vinger. Die Yummy Alfabet maak gebruik van al 5 die sintuie!
Ek werk al jare aan die alfabet en het dit laas jaar, 2020, voltooi. Ek het in die verlede, hier en daar fotos geneem van letters, maar nog nooit die hele alfabet week na week aan gewerk soos die jaar op my WhatsApp Klub nie. Met die help van ‘n sekere slim seuntjie! Christo Kemp het so ingekoop in die idee van eetbare letters dat hy vir my idees elke week begin stuur het. So kon ek Yummy goed kry vir moeilike letters soos Q en X! Wag en kyk hoe kreatief was Christo.
Ek het sopas ‘n beter idee vir die Letter B gekry. Butterscotch geur instant pudding. Daardie vinnige mengsel met melk. Wat is Butterscotch in Afrikaans? Botterskorsie?
Cornflake Cookiies
Ek het ook appelkoos konfyt al probeer. Dit smeer bietjie moeilik maar mens kan k daarin skryf. Koffie is nie vir kinders nie maar kan werk vir moë mammas.