Wêreldlande Jaar 1

In 2021, het ek en ‘n 100 ander gesinne deur 23 lande gewerk! Ons het hulle meestal in Engels geleer, so ek lys hulle hier met die Engelse spelling: Albania, Australia, Botswana, Brazil, Canada, China, Denmark, England, France, Egypt, England, France, Germany, Greece, Haiti, India, Israel, Italy, Japan, Kenya, Lesotho, Madagascar and Mexico.

Nathasia van der Walt se drie dogters het sulke mooi maskers gemaak vir Brazil se Karnivaal!

Wel, die gesinne wie my volg op my WhatsApp Klub het al die werk en idees ontvang en kon kies wanneer hulle aan die land werk. Daar is geen druk om saam ons te vorder nie. En party kon net by so paar lande uitkom. Maar dis die vreugde en voorreg van tuisskool: gesinne werk volgens hulle eie pas! Hulle doen net wat hulle nuuskierigheid prikkel en waarvoor hulle tyd kry. As hulle siek of weg was met vakansie, kon hulle later aan die land begin of dit heeltemal skip.

Die oulike werk van die Kritizingers!

Ek en my kinders het ook baie oor elke land geleer. Sommige kere, het ons meer in diepte gedelf. Soos my oudste wat oor Moeder Teresa geleer het met Albanië omdat die verpleegster daar gebore was. En my 11-jarige wou graag oor tiere leer toe ons Indië dek. En my 8-jarige was gretig om die Mexiko lapbook te maak! So hulle het lêrs met klomp skootboeke in van baie lande.

Lapbooks is manila lêrs met opsommings en gevoude papiertjies met feite en prentjies oor die land. Dis ‘n baie viseuele manier om inligting oor die land te rangskik en sodoende leer.

Israel Lapbook

Ek moet sê dat om die Whatsapp groep te bestuur het my forseer om werk te soek op die Internet en af te laai. Ek moes dikwels die lisensie koop om dit met ‘n klas te deel. Die Whatsapp groep is dus my klas en ek deel pdf’s slegs met hulle. Dit kos R99 per maand en sluit so baie wonderlike inhoud in!

My dogter beeld Haiti

My Ilani wys hoe trek Haiti vrouens aan.

Ek vind meeste lapbooks vanaf Homeschool Share. Hulle het die werkkaarte en eenheid studies verniet! Sommige lande soos Haïti en Lesotho was moeiliker. Inligting oor die lande was nie so volop op die wêreldweb nie. Dan moes het meer noukeurige soek en self oplees en inligting deurgee aan my klublede.

Ek plaas net goed op die WhatsApp groep Maandae tot Woensdae. En dis pdf’s met lapbooks en drukbare werkkaarte. So ons leer oor die vlag en kyk na die kaart en bekendste plekke in die land op ‘n Maandag. Dinsdae probeer ek kunsflyt idees stuur vanaf Pinterest. Iets oulik oor die land se nasionale dier of craft idees vir ‘n gebou of landmerk. Woensdae stuur ek nog prentjies en pdf’s sodat mens kan uitdruk en ‘n temabord versier as jy wou. Ek stuur ook resepte sodat mens die tradisonele kos kan maak van daardie land.

Soms stuur ek ‘n video waar my kinders ietsie sê of verduidelk van die land. Die videos is ongelukkig te groot om hier op te laai. Maar kyk gerus na my blad Kieswetter Klaskamer op Facebook.

So wat sê die mammas wat die jaar op my groep was?

Nathasia sê: “Wow, waar om te begin. Van Albanië tot Mexiko, wat ń avontuur! Ons het soveel pret gehad terwyl ons geleer het! Dit was ń wonderlike avontuur om saam my meisies te deel🤗”

Joanne de Jonge sê: “Ons geniet die wêreld lande vreeslik baie saam met julle en as mamma waardeer ek die ekstra tyd wat ek spaar met al die inligting wat jy stuur.”

Marilé Otto sê:
“Baie dankie vir al die info. Ons geniet dit so om die wêreld saam met jou en jou kinders te ontdek. 😃” Hierdie is haar kinders se pragtige lemurs toe ons leer oor Madagaskar! Hulle is Shaun 13, Imi 12, Jean 11, Luna 7

Marilé se kinders se ouderdomme beeld goed uit hoe die Wêreldlande Klub vir baie ouderdomme kinders werk. My tweeling is 5 die jaar en ek is verbaas oor hoe baie hulle onthou! My Michaela kind het vir al geniet om te leer hoe groet mens in verskillende tale. Sy sal op ‘n dag vir my sê: “Mamma, Goeiemore, hello, Ola, Bonjour, Shalom, Namaste en Kownichiwa!” Wow, het my hart gebars van trots!

Hier werk Michaela aan haar bonsai boompie vir Japan.

So kleintjies kan baie leer en deelneem. Asook ouer kinders. My oudste was 13 die jaar en het die meeste geniet om te kook en verskillende kulture se respete te kook. Sy besef hoe mense heeltemal anders kosmaak en hoe geure en bestandele verskil van land tot land. Ons was bevoorreg om kooklesse by te woon by Elvana Bunsee se huis. Sy het resepte genavors en uitgetoets en aangepas vir ons kinders. Sy het hulle mooi uitgetik en my toegelaat om dit op my Wêreldlande groep te deel.

Hier maak my Janéy en Ilani sushi by Elvana se kookklas!

So, meeste van die pdf’s is in Engels. So Engelse gesinne kan vir seker ook aansluit by Wêreldlande WhatsApp Klub. Maar ek het iets spesiaals vir die Afrikaans gesinne: ek lees elke keer ‘n verhaal van die land vanuit die uitstekende reeks boeke: ‘Kinders van die Wêreld’. So Afrikaans gesinne sowel as Engelse kinders kan die Wêreldlande geniet!

Hoekom WhatsApp? Wel, ek werk ook om ‘n geheuestokkie saam te stel met al die werk van die jaar daarop. En dit gaan binnekort te koop wees! Maar die WhatsApp Klub beteken dat mens saam ander gesinne week vir week aan die land werk. Ek gee, na elke 2de week, geleëntheid vir die mammas om foto’s te deel van hulle werkies. Dit spoor ons almal aan en inspireer ander mammas met nog oulike idees! Mens voel dat jy saam tuisskool al is ons elkeen by ons eie huise.

Hier versier my 8-jarige Tenike haar Madagaskar vlag met eetbare goedjies!

Om aan te sluit by Wêreldlande WhatsApp Klub, kliek die skakel. Mens kan per maand betaal of vir die jaar vooruit, wat goedkoper uitwerk.

Wêreldlande Deel 1 eindig met Mexiko. Ek beplan om eers in 2023 verder met nog 20 lande Deel 2 te voltooi. Dit sal lande dek van Mongolia tot Zimbabwe! So hou die blad dop om daardie jaar saam ons te toer deur nog Wêreldlande!

By |2022-01-04T15:50:43+00:00December 7, 2021|kurrikulum|2 Comments

Wat doen my Graad 7 dogter die jaar? (2021)

Sy moes haar eie doelwitte opstel. En ek help kies watse boeke en kursusse haar sal help om haar doelwitte te bereik.

Ek probeer nie vaskyk in haar een spelfout nie, het dit nie eers vir haar genoem nie. 🙂



Wiskunde: steeds Graad 6 Simply Maths met die plan om so gou moontlik Graad 7 boek toe te gaan. Maar sy sukkel met wiskunde so ons vat dit stadig.



Afrikaans: hierdie pragtige IGSCE Tweede-taal Afrikaans boeke tweedehands gekoop op Homeschool Exchange South Africa (New and 2nd hand educational material)

Ek weet nie of sy Cambridge roete gaan loop nie, maar ek hou van hierdie boek en werk en dink dis nou presies reg vir Janéy.



Engels: Writer’s in Residence vanaf https://cumbooks.co.za/products/gr-4-8-writers-in-residence-vol-1-apprentice-spiral-bound

Janéy hou van skryf, so ek wil haar help ontwikkel daarmee.



Bybel: Proverbs People vanaf https://oikosstore.co.za/product/proverbs-people-book-1/#:~:text=’Proverbs%20People’%20are%20character%20workbooks,children%20of%20around%205%2D10.



Aardrykskunde saam my Wêreldlande aanbieding wat sy as assistent werk met my met my kontak klasse. Lees meer oor hoe julle kan deel kan wees al bly julle nie naby nie. https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/whatsapp-klub/



Sy stel belang in Onderwys en droom van Au Pair en met kleuters werk. So ek het haar ingeskryf vir kollege-vlak kursus: Childcare and Early Learning Diploma (baie bo haar vuurmaakplek so ek moet saam lees en verduidelik wat dit beteken maar dis okay. Sy sal daarin groei!) https://www.centreofexcellence.com/shop/childcare-early-learning-diploma-course/



So ek vra haar gereeld om lessies met my tweeling te doen en dan neem ek fotos daarvan. Dit gaan soos haar portfolio van ondervinding wees. Dis voorbereiding vir haar toekoms en dit help my baie! Wen-wen situasie!



Sy leer haarself Spaans op Duolingo.

En een van haar doelwitte is om haar eie kookboek uit te bring! So sy soek resep idees en pas hulle aan en eksperimenteeer, en tik dan die resepteboek op Word. Dis als haar eie inisiatief.



Wat is missing? Wetenskap vakke en Biologie. Maar dis nie waar haar belangstelling lê nie. So ons los dit vir eers. Meskien kom dit later by. Of meskien raak sy nooit daaraan nie. Sy loop in ‘n rigting en ek is trots op haar!

By |2021-01-06T13:28:35+00:00January 6, 2021|kurrikulum, Uncategorized|0 Comments
Go to Top