Ek het laas jaar ‘n You Tube video gesien waar die man ‘n eier op 6 verskillende maniere toedraai en dan van sy dak af gooi. Hy het dan gekyk of die eier gebreek het en elke keer was die eier nog heel. Ek het dadelik besluit dat hierdie aktiwiteit een is wat ons tuisskool groepie moet doen!
Ons is ‘n groepie van sowat 7 mammas en ons baie kinders wat gereeld ontmoet vir kuns aktiwiteite. Ons maak beurte om te huisves en iets aan te bied. Ons kinders kry dan gereelde speeltyd saam met dieselfde goeie maats.
Ek het almal op ons groepie genooi en die video gewys. Sommige mammas het toe reeds vir hulle kinders vertel wat ons gaan doen en die opwinden het gebou!
Ek het vooraf al die nodoge gereedskap bymekaar gemaak. Dinge soos ballonne en sponsies, klein houertjies, koerantpapier en selotape. Ook natuurlik die eiers! My manlief het gelukkig ‘n groot sak van die nodige polystyrene stukkies by sy werk en kon vir ons bring. Ek het op aparte papier die eenvoudige-toedraai instruksies getik en ‘n prentjie geteken van die eier-beskerm metode. Die hele idee is dat die eier van ‘n hoë plek afgegooi word en nie breek nie. Een seuntjie het vir sy maatjie dit so verduidelik: die eier gaan al hoe vinniger begin val en ons moet dit stadiger laat val. Daar verstaan hy Newton se wet van versnelling sonder dat ons ooit dit vir hom geleer het!
Ek het vir my eie kinders in die week vertel van Isaac Newton en hoe die appel op sy kop geval het. Hulle het ‘n prentjie van hom wat onder die appelboom sit geteken. Toe sny ons ‘n snit in die papier en plaas ‘n stukkie papier met ‘n appel op daarin sodat mens die appel kan beweeg van die boom tot bo op Isaac se kop! Die kinders het dit baie geniet en besef dat die insident Newton laat wonder het oor die krag wat die appel af aarde toe laat val het. Hy het dit swaartekrag genoem.

Terug na ons Egg Drop Dag! Ons het die kinders in spanne verdeel en vir elkeen ‘n kleur lint gegee om die span uit te ken.

Elke groep trek toe ‘n metode vannuit ‘n hoed en sit toe by hulle eie spasie met al hul gereedskap. My kinders moes eers die eier in watte en dan koerantpapier toedraai en toe vasmaak aan ‘n sambreel.
‘n Ander groep het die eier tussen sponsies gebêre, goed vasgemaak met lint en toe ‘n valskerm gemaak met ‘n stuk materiaal.
‘n Derde groep het ballonne gebruik om die eier se val sag te maak. Die ander span het weer polystyrene ertjies gebruik en so het elkeen die eier goed toegedraai en beskerm teen die impak.
Toe almal klaar was, gaan ek en my vriendin met almal se eksperimente na my eerste verdieping kamervenster. Al die kinders staan buite op die gras en wag in spanning.
Ons gooi toe eers ‘n kontrool eier af. Sal dit breek van so hoog, of is hierdie dalk Super Eiers? Dit spat toe lekker oop sodat die kinders gil van plesier! Toe gooi ons elkeen se kontrapsie daar af en elke groepie gil soos hulle s’n land.
Dit was so lekker om hulle opgewondeheid te hoor soos hulle die eier-kassie weer opsny. Almal is so gretig om die selotape en koerantpapier af te skeur dat ons moet keer dat hulle nie die eier breek in die proses nie! En een vir een hoor ons YAY!! soos hulle die eier heel ontdek. Ek het so gelag vir die sukses! Ek neem net af en videos orals waar ek kan.
Sekerlik kan ons middag nie daar eindig nie! Nee, ek wou hê dat hulle nou bietjie self moes dink, hoe sou hulle hulle eier self beskerm? Ek gee vir hulle toegang tot ander gereedskap en sê hulle moet nou iets anders probeer. Dadelik spring hulle aan die werk en dit was heel aangenaam om te sien wat die kinders van 8 jaar en jonger vorendag mee kom.
My dogter se groep het met leë toiletrolle hulle eier toegespan.
Nou was ek ook nuuskierig of die planne sou werk! Toe almal klaar was, neem ons dit weer boëntoe en almal hou hul asem op toe ek een vir een hulle uitgooi. Die met ballonne land met ‘n pop hier en daar. Sommiges val teleurstellend saggies. (Dis seker die idee maar dis nie so plesierig soos ‘n SPLAT nie!) Die sambreel draai om ‘n keer of twee maar dit het verseker die eier se val gestuit.
Weereens is almal gretig om die papiere oop te skeur en sien of die Oompie Kadoompie iets oorgekom het. Yipppeee!! Die eiers is heel en die kinders is trots!
Tyd vir koek en tee en opruim.
One Response