Beste Graad R Tuisskool Ouers!

 
Janet Kieswetter het die laaste paar weke so baie nuwe tuisskool mammas ‘ontmoet’ deur WhatsApp dat sy nou besluit het om ‘n Graad R WhatsApp Klub te begin!
 
Soos met haar Graad 1 WhatsApp Klub, gaan sy oulike werk stuur per whatsapp elke week. 
 
In Graad R, fokus Janet op 3 kern vaardighede: klankies leer, skryf vaardighede en wiskunde. Die fyn en grootmotoriese vaardighede gaan sommer deur die kuns en prettige aktiwiteite wat ek saam gee gedek wees! 
 
Daardie 3 fokusareas moet nie langer as 45 minute mamma en kind beset nie! So, weet dat julle kort en kragtige lesidees sal ontvang wat julle by die huis kan doen net wanneer julle tyd kry. Dit hoef nie eers 45 minute al te saam te wees nie. Julle kan dit opbreek en 10min aan iets spandeer. 
 
So die Graad R WhatsApp Klub neem mamma se hand en help jou om ‘n skreesuksesvolle Graad R jaar te geniet saam jou kind! 
 

Wat kan jy als verwag?

  • Yummy Alfabet en kuns alfabet idees! 
  • Prettige fotos en videos van wiskunde of klankie aktiwiteite. 
  • Werkkaarte wat ek aanlyn gekoop het en met permissie met julle as my klas deel. 
  • Oulike bronne en voorstelle van praktiese aankope; produkte wat julle Graad R jaar super prettig gaan maak! 
  • In die laaste kwartaal sal ek julle deur ‘n 10-weke skoolgereedheidskursus neem sodat julle vertroud voel dat jou kindjie gereed is vir Graad 1! 
 

Sluit aan en tuisskool Graad R 2022 saam Kieswetter Klaskamer! 

 

Daar is twee betaal opsies:

R99 per maand (Jy kan enige tyd kanseleer) R789 Jaar vooruit betaal (spaar R300)

Kliek hier om per maand te betaal.

Subscribe

 


of om vir die jaar vooruit te betaal @R789
(Spaar R300)

Pay

 

Sluit aan vandag nog vir hierdie eksklusiewe whatsapp Klub!