My gunsteling ding om vir tuisskolers te sê is: fokus op jou kind se sterkpunte.
Dis die teenoorgestelde ding as wat die skoolstelsel doen. Die sisteem van toetse en rapporte is ingestel om te wys waarin jou kind sukkel. Waar moet hulle nog verbeter? Okei, daai en daai vak is goed, kry ‘n 6 en 7 maar hy sukkel nog met daai en daai. Punt 3 en 4 wys: moet nog verbeter.
So die kind en die ouer voel aanhoudend daar kort nog werk. Daar moet nog verbeter word. Daar is ‘n leemte, ‘n tekortkoming, ‘n swakheid.
So, sommige ouers betaal vir ekstra lesse. En Tina Cowley tipe leessentrums het baie kliënte. En tutors is gesog deesdae! Wow! Almal soek help vir hulle kind se probleemarea. En ek weet die ekstra help en tyd en oefening toon verbetering in daardie vak! Met soveel ure se oefening en harde werk, is daar resultate.
Maar ek kry die kinders jammer! Dis ‘n al ewige sokkies-optrek taak.
En dis hoekom lief ek dit om vir ouers te vertel dat die fokus van Tuisskool draai na die kind se Strengths toe! (Dis net beter in Engels.) Dit waarmee hulle goed is!
Ek het laas week ‘n mamma en haar seun by my huis gehad. Die ma vertel my dat haar graad drie seun lief wiskunde maar sukkel nog met lees. Ek sê toe tot haar verbasing: “Maar laat hy aangaan met wiskunde en los bietjie die lees! Laat hy net wiskunde doen op ‘n dag en vorder tot die volgende jaar se graad as hy wil! Hoekom nie? Skuif die lees eenkant toe vir ‘n rukkie.”
Jy moes haar seun wat langs haar sit se gesig gesien het! “Ek sal daarvan hou!” het hy opgewonde uitgeroep.
Kan julle vir ‘n oomblik saam met my verbeel wat sal gebeur met so kind as hy net aangaan met wiskunde? Is daar lees in wiskunde? Ja, hy gaan woordsomme moet lees. Hy gaan vrae en probleme moet lees so dis nie asof hy glad nie gaan lees oefen nie. Maar hy gaan opgewonde voel oor sy skoolwerk. Hy gaan uitsien na elke dag. Hy gaan vorder en soos hy moeiliker en moeiliker dinge regkry, gaan sy selfbeeld soos ‘n vuurpyl opstuig.
Een van twee dinge kan gebeur:
1. Hy kan wiskunde boffin word en grade vooruit werk. Hy het later nodig om goed te lees om verder te vorder met sy wiskunde passie en hy lees dit nou uit keuse uit. Hy kies ‘n wiskundige loopbaan en floreer.
2. OF hy kan ‘n punt van moeilike wiskunde bereik en vashaak. Hy lief steeds wiskunde maar besef dit raak nou moeiliker. Hy is bereid om ander werk te doen sodat sy brein van wiskunde bietjie rus. Hy het die baie wiskunde geniet maar stel nou ook belang in wetenskap en eksperimente.
Albei scenarios is steeds ‘n WEN!
My boodskap is: laat die kunstige kind verf. Laat die skrywertjie skryf! Laat die sportman sport doen. Sodat hulle uitblinkers word op hulle gebied. Betaal vir hulle talente om te ontwikkel eerder as om hulle swakpunte te verbeter. Ek dink dit gaan jou taak as ouer soveel makliker maak want jy gaan minder hoef te stamp en stoot om jou kind te kry om iets te doen. Jy gaan die wind in hulle seile wees!
Nou, julle hou hiervan en stem saam dat dit sin maak om jou kinders te laat fokus aan dit wat hulle in goed is. Ek wil dit deurtrek na jou ouerskap styl en manier van tuisskool.
Danksy Hettie Brittz, weet baie van julle watse boomsoort jou persoonlikheid is. Selfs al ken jy nie Hettie of haar boeke nie, ken jy jou eie swak en sterkpunte. Jy weet of jy netjies en geörganiseerd is of spontaan en prettig is. Jy weet of jy roetiene en riglyne verkies of verskeindenheid en kreatiwiteit.
So met dit in gedagte, hoe tuisskool jy jou kinders? Ek dink ons as ma’s probeer ook om all-rounders te wees. Nes ons verwag dat kinders in 6 of meer vakke moet presteer, verwag ons dat ons goeie beplanners en kreatiewe mamma’s moet wees! Ons wil die partytjies beplan soos daardie mamma asook die boeke deurwerk en lysies aftiek soos daai mamma doen. Dit tref my die ander dag dat ons ook heeltyd probeer verbeter in ons swakareas en dikwels faal in ons doelwitte.
Hoe kan ons rustige, gelukkige tuisskool mamma’s wees? Deur om te kyk na ons Sterkpunte en te fokus daarop. Ek het die volgende raad vir ‘n Amerikaanse tuisskool mamma gegee:
Hi Christa
What a beautiful family you have! So nice to hear from a Pine Tree homeschool mom.
I see you have lots of boys there 🙂 I only have daughters so I can only share my experience as a homeschool mom of conscientious girls.
I’m very bad at planning and scheduling and routine. I love to give choices and options and have lots of variety. So I really believe in playing to your strengths. Rather than keep trying to schedule and bring in structure, make peace that it’s not your strong suit.
I found trying to be who I’m not just takes so much energy and makes me feel like a failure. I envy the mom who has a year planner and crosses off work day by day. But that’s not me.
What I am good at is creativity and patience and adjusting to each child’s need at that moment in time. Once I realised what I’m good at, I felt proud of myself and those became my daily goals.
At the end of the day, did I see each one’s heart? Did I connect with them? Did I hold them close in a hug? So not academic at all! But still a value and joy for me personally. And an attainable goal!
And I found my children filled in my gaps. My children have some Boxwood character traits and THEY decided to plan their day and start a morning routine. (Something they saw on YouTube 😉 They decided to make their own beds and tidy their room! (I’m terrible with chore charts and house rules too! 🙈)
My eldest daughter decided to make herself a timetable and set daily goals! Her sisters then followed her example! I was astonished! Where I lacked, they (and the Lord) filled in! It’s almost like the space we create, allows them to grow! In our weakness, He is strong!
Kind regards
Janet 🌷
Ek kan nie genoeg sê hoe mal ek oor die plasing is nie! Dis die waarste woorde ooit. Een miljoen “likes” van my af! Ek sien dit met my eie kinders ook. Hoe meer mens fokus op hul sterkpunte en belangstellings, hoe meer is hulle bereid om ook die meer uitdagende dinge aan te pak.
En o, hoe waar van ons as ma’s! Ons kyk altyd na die dinge wat iemand anders beter doen en vergeet van dit waarmee ons goed is. Dankie dat jy my weer herinner dat ons ook ons eie gawes en talente het en nie iemand anders hoef te wees nie.