Ek was baie staaaadig die week. Baie na-uurse werk gedoen. My baba was heelwat wakker deur die nag. Sy het baie genies en nou sien ek haar neus loop. So ek voel trots op al die werk wat ons wel gedoen gekry het!
Wiskunde
Die Name van nommers. Ek het laat my dogter kyk teen ons muur na die nommers en hul name en toe ‘n tabel invul. Toe lamineer ons nog nommer name van een tot tien sodat sy die maatjies moet pas. Skommel die lamineerde nommer name en dan moet sy op haar tabel kyk hoe lyk een en twee ens. (Dit voel nie om ek mooi verduidelik nie. Kyk maar na die prentjie:)
Sy moes ook nege dinge teken wat met ‘n’ begin. Toe teken sy nege verskillende neuse. Dit was snaaks! En ook nege neute.
Toe versamel ons ‘n’ dinge om op ons boekrak te pak. Nee, ons het nie neuse daar neergesit nie, alhoewel nou dat ek dit noem, ons het ‘n plastiek neus wat ons kon gebruik! Ons het wel n naaldekoker, neut en nagapie daar geplaas.
Toe lees ek ‘n boekie oor Nagdiere. En ons bespreek elkeen se spesiale sintuig wat hulle in die nag help. Groot oë of ore of neuse.
Noodhulp
Daardie middag het ons weer ons tuisonderrig maats gesien. (Ons kom elke Maandagmiddag bymekaar.) Ek het ‘n kort demonstrasie gegee oor CPR. Ook die noodhulp nommer vir die kinders geleer. 082 911 Ek voel die belangrikste ding om vir kleintjies te leer is om ‘Help’ te skree. Soms is kinders so stomgeslaan of bang dat hulle niks doen nie. Dis natuurlik verstaanbaar, maar as jy die kennis kan plant om HELP kliphard te roep, om ‘n 082 911 in ‘n selfoon te kan tik of om na die naaste volwassene te hardloop, het jy jou kind in staat stel om lewens te red!
Ek het ook beklemtoon dat niemand in die swembad moet spring om hondjie of ander kind te probeer red nie. Nooit moet hulle in die straat hardloop om by ‘n beseerde persoon te kom nie. Soek HULP!!
Ek wou ook die basiese CPR vir hulle wys. Dis so eenvoudig en dalk gee hulle, in ‘n noodgeval, die inligting vir ‘n volwassene wat nie weet nie. Hiers ‘n eenvoudige prentjie wat die stappe wys: http://www.son.washington.edu/safety/firstaid.asp
Almal het ‘n pop gehad om op te oefen. Daar is oneenheid in die navorsing oor hoeveel keer moet mens afrdruk op die bors. Ek het net soveel gelees van 30 keer as 15 keer! Ek het toe besluit om met 15 keer te gaan aangesien ons vir kinders leer en nie almal kan al tot 30 tel nie!
Die kinders het elke dag geoefen aan hulle Bybelvers. Hebreërs 13:5 God het self gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, nooit in die steek laat nie.”
Natuurlik het ons gelees oor Noag en sy ark! En toe Donderdag by die Acrobranch was daar ‘n reuse ark net vir ons! Toe ek dit sien, glimlag ek en sê, ‘Dankie Here vir my Noag ark!’
Ons het een oggend rondgery en gesoek vir voël neste. Toe ons baie min, amper geen, vink neste vind nie wonder ek of vinke slegs neste bou sekere tye van die jaar? Wel, my antwoord was op Wikipedia. Hulle bou slegs neste tussen September en Januarie. Die mannetjies bou tot 25 neste in daardie tyd! Nou wonder ek of hulle noord gevlieg het vir die winter? Maar dit kan selfs Google nie vir my beantwoord nie.
Ons het darem verskillende soort neste gesien en fotos daarvan geneem.
Al kos wat ek aan kon dink wat met N begin is Nik Naks en neute. So ons het daarvan geeet. Ek het die Afrikaanse name van die neute vir Janéy geleer.
My oudste dogter is baie lief vir handskoene en toe ek sê ons gaan bietjie naaldwerk doen, vra sy dat ons asseblief handskoene moet maak. En sy wil die soort handskoen hê waar die vingers uitsteek sodat sy nog kan skryf met hulle aan.
Nou ek het nie ‘n werkende naaimasjien nie so als moet met die hand gemaak word. So ons sny twee hand vorms uit ‘n klein stukkie felt lap. Ek het baie rooi felt maar dit moet pink wees jy verstaan. So ek kom toe net uit met die pink felt en Janéy gebruik naald en garing en doen omtrent die helfde naaldwerk op haar eie! ‘n Klein probleem: ek het nie genoeg ruimte gelos by die gewrig gedeelte vir haar hand om in te pas nie. Dit was te nou gesny. Sy was in trane! Goeie geleentheid om die Engelse gesegde te leer: ‘If at first, you don’t succeed, try try try again!’
Ek trek toe die garing uit en daar pas dit – net net!
Ek het my ma se naaimasjien uit die stoorkamer gaan haal en Janéy het dit liefdevol afgestof en skoon gevee. Al is dit stukkend het sy en sussie ‘n gelukkige halfuur spandeer om ‘Naaldwerk, Naaldwerk’ te speel en klomp items reg gestik.
Wow Janet!!! Dit is amazing!!!! Well done julle! X
Dankie Justine! 😃