Ons A Aktiwiteite
Ek is bewus dat die Onderwys volgorde vir klankies aanleer begin met i, l, h, b. Dis seker die heel maklikste klankies om te skryf en so vorder die kindjie se skryf vermoë van ‘n strepie af tot meer ronde vorms.
Maar ek is nou bietjie eie-wys en het nou klaar begin met K vir Kieswetter Klaskamer, so ek gaan maar ‘n Sinatra trek and do it ‘My way’. Dit is hoe Wilamien Kruger die Ecletic manier van tuisonderrig beskryf. “Eclectic homeschooling is defined as compiling or writing your own home school curriculum by taking the best of different approaches and styles to suit your family’s individual needs.” Lees haar uitstekende blog vir beginners hier: http://www.homeschooling-curriculum-guide.com/eclectic-homeschooling-personal.html
Die eerste leesboekie wat ek vir Janéy gaan leer is ‘Zak die Kat’ (wat ek online gekoop het vir R18 by www.leerAfrikaans123.co.za). So om vir haar so gou moontlik te leer lees gaan ek die week A-klankie leer en volgende week T. Die letters is dalk moeiliker om te skryf, (my 6-jarige het lank gewerk en ge-oefen met k en a), maar so moet sy ook 2,3,4 en 5 in elk geval aanleer. En watse woord gaan sy met i, l en h kan lees?
So die A-aktiwiteite. Ek het deur Little Footprints kurrikulum geblaai en hulle eerste leesboek is ‘Vlieg Arend, Vlieg Hoog’, so toe bel ek rond tot ek dit by Exclusive books in Menlyn vind. Wat ‘n mooi storie van ‘n arend kuiken wat grootword tussen hoenders en homself dan soos ‘n hoender gedra. Maar hoe een man in sy vermoë om te onthou hy is ‘n arend glo en hom aanmoedig om sy vlerke te sprei en hoog te vlieg. Die mooi illustrasies deur Niki Daly het my ge-inspireer om ‘n arend te teken en ons het toe almal saam om die tafel dit ingekleur.
Natuurlik doen ons wiskunde en skryf werk tussen al die klankie werk. Die Letter van die Week gee ons net ‘n tema waarvolgens ek alle ander vakke kan onderwerp. Ek get gedink aan die woord ‘asyn’ en toe in ‘n wetenskap boek (101 Experiments) gesoek vir ‘n eksperiment met asyn.
En toe is daar ‘n goeie een met koeksoda en asyn en ‘n kers. Dit was baie opwindend om die vlammetjie te sien doodgaan as gevolg van die koolstofdioksied wat vorm wanneer asyn met koeksoda gemeng word. Ek het op die mees eenvoudigste manier dit aan my kinders verduidelik en hul pa het daardie aand weer die eksperiment herhaal met sy verduideliking.
Al asyn wat ons in die huis gehad het was Balsamic Vinegar, dus die donker kleur. Maar toe werk dit goed vir ander asyn eksperimente. Timothy (my man) het gewys hoe asyn swaarder is as water. Mens kon duidelik die donker asyn onder die deurskynende water sien lê. My dogters, veral die oudste, was baie nuuskierig oor die eksperimente. Ek het haar die volgende dag laat prentjies teken oor elke stap van die asyn en koeksoda eksperiment. Elke prent is genommer en toe skryf ek kort sinne op die swartbord wat sy in haar boek moes oorskryf. Die Engels noem dit ‘copywork’.
In pouses eet ons avokado broodjies en kry toe die idee om ‘n avokado plantjie te groei van ‘n pit. Lees hoe om dit te doen hier. Ons pit is maar nog net ‘n pit.
Een aandete het pappa heerlike maalvleis gevulde aartappels gemaak. Die kinders eet graag aartappels met suurroom.
Ek wil graag elke tweede week ‘n kort gediggie leer en onthou een van my skooldae met die woord ‘anys’ in. Ek soek weer op Google en vind die mooi kort gedig deur DJ Opperman. My kinders kon dit vinnig leer omdat die ‘props’ van ‘n naartjie, kaneel en anys byderhand was. So inkorporeer ek die reuk sintui in ons week.
“My nooi is in ‘n nartjie, my ouma in kaneel, daars iemand… iemand in anys.
Daars ‘n vrou in elke geur.”
Danksy Whatsapp kon ons my dogter opneem en vir die Ouma’s wat vêr bly die gediggie met liefde stuur.
Ek het nie ‘n blik appels in die huis gehad nie, toe bak ons ons eie. Baie eenvoudig. Skil en sny net stukkies appel. Plaas in bak met bietjie water, suiker en kaneel. Maak toe met foelie en bak op 180’C tot die hele huis ruik soos gebakte appels en kaneel.
Heerlike krummel appel tert gemaak deur om net meel en suiker met botter te meng en oor die appels te sprinkel. Eks net spyt ons roomys en vlae was klaar voor die tert was.
Nog ‘n aangename sensoriese a-aktiwiteit is die letter A en a met jou vinger in baba appel purée te teken. ‘n Hele Purity bakkie is uitgegooi op ‘n skinkbord en toe lekker mee gespeel.
Ek hoop om nog toffie appels te maak vandag, (as ek krag het in hierdie hitte!). My kinders het nog nooit een geeet nie en ek nog nooit gemaak nie so dit sal nuut wees vir ons almal.
O ja! Ons kuns aktiwiteit wat ons paar dae lank besig gehou het was die Akwarium. As jy een wil maak, verf net die binnekant van ‘n boks blou en laat jou kinders die akwarium versier met allerhande afval goeters wat in jou huis is. Plakkers en stickers, lint en papier, prentjies en pom poms. Dankie aan Annemari Straus vir die regte egte skulpies!
Wat ook spesiaal was, was om ‘n geskenkie te koop vir Tannie Amanda wie ‘n baba verwag. Ek wil graag vir my kinders leer om goedhartig te wees en ons gaan ‘n punt daarvan maak om uit te ryk aan ons naastes.
Alle wêreld! Nou’s ek sat!
Mamma soek nou ‘n breek van my Aspatats! 🙂
Baie oulike idees. Dankie dat jy dit met ons almal deel.
Dankie! 🙂
WOW! Ek hou baie van jou blog van die begin af! Sjoe, jy is ‘n inspirasie en regtig oulike idees. Baie dankie vir die deel. Sterkte 🙂
Dankie Mariska! Dis so lekker om hierdie plek te hê om kreatief te wees en my energie aan te bestee! So ‘n blessing! Seënwense x
Hi Janet,
Hoop dit gaan goed by jou?
By ons gaan dit goed – Ek dink ek en Kira kry ons ritme.
Ek wil gou by jou hoor
Wat is vir jou die belangrikste … dat die kleintjies die alphabet letters en syfers moet kan herken … met ander woorde daar waar hulle ogies dit optel dat hulle dit sommer raak “lees” of om die letter netjies te kan skryf?
Kira se handskrif is nog baie krom en skeef MAAR sy kan die letters ORALS spot. Ek val amper van my stoel af. Maar sy kan dit nog nie mooi op haar eie skryf nie. Kan ek maar net elkde dag handskrif oefeninge doen, maar aanbeweeg met nuwe letters sodat sy ook iets nuuts kan leer?
Ek dink dit is hoekom die letter tema nie so lekker vir ons werk nie – sy herken al te veel letters. My vriendin Cornel bou ook ‘n hele tema met die letters net soos jy – en ek het nou al begin sleg voel en gedink ek is glad nie so kreatief met dit nie. My natural gifting kom meer in met Bybel Disipelskap – so ek het ons tema rondom dit gebou.
Wat dink jy? Blessings vir jou daggie xxx
Fondest Blessings
Luzanne Nel
Naba’ Ministries
Tel: 021-9827174
Cell: 083 320 2235
Luzanne@immaculateskin.co.za
http://www.nabaministries.co.za / http://www.immaculateskin.co.za
Luzane, dit klink great dat jy fokus op jou sterkpunt en vanuit die Bybel ‘n tema volg. My kinders ken alweer die Bybelstories so goed dat dit vir hulle nou weer nie sal werk nie.
Kira is mos 4 nê? Sy hoef glad nie nou al te kan skryf nie. Handbeheer kom eers by 6 jaar regtig in. Werk aan ander fynmetoriese werkies soos met pennetjies en kraletjies. Iets ouliks wat ek by ander speelgroepie gesien het was tandestokkies is polistyrene druk. Teken kolle op enige stuk polystyrene (uit ‘n boks) en laat sy die tandestokkie daarin druk. Regtig, dit moet nou net prettig wees.
As jy regtig skrif wil oefen kan dit zig-zag patrone wees. Of tussen twee lyne probeer bly. Help die hasie na die wortel strepie trek ens.
My 6-jarige begin hierdie jaar eers met letters skryf.
Dis awesome dat Kira haar klankies so goed herken!! Hou so aan Mamma Juffrou, jy is perfek vir haar!
Liefde-groete
X
Janet
Hallo Julle,
Ek deel graag hierdie email en info met julle.
Mooi daggie xx
Fondest Blessings
Luzanne Nel
Naba’ Ministries
Tel: 021-9827174
Cell: 083 320 2235
Luzanne@immaculateskin.co.za
http://www.nabaministries.co.za / http://www.immaculateskin.co.za
Janet het julle bye gedoen? Indien wel kan ek asb n link kry Dankie baie Moet nooit ophou doen wat jy doen nie!
Hi Maritza
Ons het laas jaar bye behandel ja! Hiers die link https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/2016/01/30/ben-by-b-week/ Dankie vir jou bemoediging 😃🌸