Die Speletjie het 2 aparte dele:

1. Vissies met magnete wat kan gevang en skuif word. En balletjies wat met ‘n pincet opgetel kan word. Daar is kaartjies waarvolgens die balle en vissies gepak kan word. Daar is nommers op die vissies asook + en – tekens. Als is baie mooi kleurvol en mamma kan oor kleure en getalle gesels met haar voorskool kindjie.

2. Beertjie Geheue Speletjie

In dieselfde boks, ontvang jy ook ‘n ander speletjie! Dit is die oulikste hout doppies wat perfek pas in die houtbord. Daar is ook ‘n dobbelsteen met 6 kleure op. Jy gooi die dobbelsteen en die kleur waarop hy land is die kleur beertjie-doppies wat jy dan soek. Soos jy een vind, moet jy onthou waar dit gebêre is! Sulke geheue speletjies is uitstekend vir kinders se konsentrasie en kort-termyn geheue!

Oefen die vaardighede sonder dat jou kindjie weet hulle breine oefen!