Shop

  • Out of stock
    'n Mooi Opvoedkundige Appelboom om jou klaskamer op te helder! Hierdie produk is 'n goeie kwaliteit hout wat my laat dink aan Melissa en Doug speelgoed.
    Die appels het nommers op en moet by die klein hoeveelheid kolle gepas word. Kinders oefen hulle fyn-motoriese vaardighede deur om die tweezer te gebruik en die appels vanaf die boom na die gepaste gatjie te skuif. Hulle leer tel en syfer herkenning en dus gepas vir enige taal!
  • Bou ‘n Woord

    Die blokkies is deugsaam en maklik om te hanteer. Daar is meer as een letter, dus kan jy baie woorde bou. Die kaartjies is Engels.
  • This clever game is ideal for children learning to build 3-letter English words! This game consists of 18 word cards with clear pictures of the word and the board with 26 letters - not the whole alphabet, but letters needed to spell the words. The vowels are all red so easy to spot! The child has to work out how to reach the letter he needs. He will have to use logic and problem-solving skills to move the letters he doesn't need out of the way. Then the learner can pick a card and build the word! Here's a challenge: Can your child spell a 3-letter word that is not on a card? Have fun spelling words!
  • Leer jou lyfie
    Die uitstekende opvoedkundige legkaart is baie goeie kwaliteit. Daar is 6 lae van die liggaam van klere tot die skelet. En elke lagie pas magneties op die vorige lagie.  Die bene van die geraamte word in Engels pragtig gemerk op 'n kaart sodat ouer kinders ook hierby kan leer! Daar is 'n spiere laag met die regte name van 18 hoofspiere! Organe laag met baie detail! Daar is ook 'n kaal lyf gedeelte wat ek voel die liggaam gesond uitbeeld en vir ouers die geleentheid gee om die liggaamsdele vir hulle kinders te leer en te normaliseer.  Daar is twee Leer jou Lyfie Magneet stelle, een vir seuns en een vir dogters. Dus baie leersaam vir jong kinders maar ook tot tieners kan leer oor die biologiese name van die spiere en bene! Hierdie produk is iets wat elke klaskamer kort!
  • Sale!
  • Sale!
  • Die Speletjie het 2 aparte dele: 1. Vissies met magnete wat kan gevang en skuif word. En balletjies wat met 'n pincet opgetel kan word. Daar is kaartjies waarvolgens die balle en vissies gepak kan word. Daar is nommers op die vissies asook + en - tekens. Als is baie mooi kleurvol en mamma kan oor kleure en getalle gesels met haar voorskool kindjie. 2. Beertjie Geheue Speletjie In dieselfde boks, ontvang jy ook 'n ander speletjie! Dit is die oulikste hout doppies wat perfek pas in die houtbord. Daar is ook 'n dobbelsteen met 6 kleure op. Jy gooi die dobbelsteen en die kleur waarop hy land is die kleur beertjie-doppies wat jy dan soek. Soos jy een vind, moet jy onthou waar dit gebêre is! Sulke geheue speletjies is uitstekend vir kinders se konsentrasie en kort-termyn geheue! Oefen die vaardighede sonder dat jou kindjie weet hulle breine oefen!
  • Waldo die Walvis - Geskryf deur Janet Kieswetter Waldo die Walvis geniet dit om deur die see te swem en na al die vissies te kyk. Terwyl hy eendag besig was om plankton te eet, sluk hy Jona heel in! “Hoe en waarom het hierdie ou in my maag beland?” wonder Waldo. Die volgende drie dae, moet Waldo hoor en voel wat Jona als in sy maag aanvang! As jy klaar gelles het waarom Jona ingesluk was, kan jy vir Waldo en Jona inkleur!
Go to Top