Dis baie nuwe tuisonderrig mammas se bekommernis en meeste skoolgaande ouers se kritiek: kry die kinders genoeg sosialiseering?
My man grap dat almal se grootste bekommernis vind plaas in die pouses by publieke skole!
Dis nou ‘n jaar dat ek betrokke is met tuisonderrig e-pos forum asook Facebook bladsye vir homeschool gesinne. En hiers wat ek jou kan laat weet oor tuisonderrig se sosialiseering.
Ek was 3-keer genooi na altletiek byeenkomste in Februarie die jaar. Dit was Saterdae om 7:30 by skole in Pretoria. Ek het verstaan dat die tuisonderrig gesinne ontmoet onder ‘n geel gazibo en kan geel hempde aantrek sodat ons as span kon optree. Vir kinders van 6 jaar oud. Ons het nie gegaan nie maar sal moontlik volgende jaar. Die kontak persoon daar is Marise (marise@pvrca.co.za).
Ek het ‘n e-pos ontvang van Doxa Deo Oos Kampus (nou Maragon) om tuisskolers te nooi om deel van hulle sport program te word. Daar sou vergadering wees daaroor maar weereens het ek nie bygewoon nie (die skool is bietjie ver van ons af.) kontak persoon daar is: Ian Prinsloo on 082 789 7836.
Amric Sport http://amric.co.za/AmriC_Gebeure.html is ‘n sport organisasie wat voorsiening maak vir tuisskolers. Gaan kyk gerus na hulle webwerf om die baie prestasies te sien wat die kinders net in die afgelope week gewen het! Bergfiets kompetisies onder andere. Die webwerf het ook skakels na kampe vir kinders. Uittreksel:
Tuisskool Sport
Ons oefen en be-oefen weekliks verskeie sport soorte wat wissel van Kids atletiek tot Krieket, Raak Rugby, Sokker, Netbal tot Windbuks skiet en meer. Al die week se gebeure word weekliks in ons nuusbrief gekommunikeer.
Ek gaan hierdie KOOR dophou want sal graag my kinders in ‘n koor wil inskakel. Hulle gaan moontlik lesse in Centurion begin aanbied.
CHOIR News
I am excited to announce that the Home School Choirs have a new Choir Director!
Mrs Nelda Swanepoel will be directing both the:
♫ Melody/ie Makers Homeschool Choir (7-12 years)
♫ Melodious Majors Teen Singing Group (13-19 years)
If your child loves SINGING, MUSIC and PERFORMING – come for an audition!!
The Homeschool Choirs (started in 2006) perform at least 4 times a year…
We also have a pre-school group:
♫ Pre-school Minor Melodies (4-7 years)
Low quarterly fees and you only pay for maximum 2 children per family!
Meeting late Tuesday mornings in the Roodepoort, Jhb area.
(Corner of Cutten- and Raath streets in Horison.)
Contact Magda on magda.pieterse@tiscali.co.za
Dan is daar SAGTEBAL spanne wat baie goed gedoen het die jaar.
2 van “Homespun”, die homeschool-sagtebal spanne wat in Valhalla in Pretoria oefen, het hulle Liga’s gewen, en speel gevolglik volgende Saterdag teen die wenspanne van JHB; Ekhuruleni, en Noord-wes.
Die O/13 Seuns het die A-liga Gewen, en die 0/11 MEisies het die B-Liga van Tshwane gewen. Die o/11 Seuns het in die Finaal verloor en die 0/16 Seuns het in die Semi-finaal verloor.
Verder is daar 9 homeschool-spelers wat opgeneem is in die GAuteng -Noord Spanne wat aan die einde van die jaar ‘n toernooi in Pta hou, teen die ander provinsies!
Daar is ook vir die SA- toernooi aangewys as umpires, 2 van die homeschool- Pa’s asook, ‘n Ma, as telling houer en Ons “Homespun” inisieerder/organiseerder/coach, Franzette van Rensburg is as “Team Manager” vir die 0/15A Gauteng-Noord Span.
Die tuisskool-spanne word almal deur ouers afgerig, ander ouers is telling-houers en skeidsregters.
Ons is regtig baie trots op elke kind in elke span en baie dankbaar vir elke afrigter, tellinghouer en skeidregter se tyd en en moeite om dit moontlik te maak vir ons kinders!
Kontak persoon hier is Louise Kohn 0833169726.
Dis nou wat ek net van gehoor het deur die jaar. Maar wat doen ons als?
Ek is deel van Pretoria Oos Tuisonderrig Mammas en ons kom bymekaar meeste Maandae middae, gewoonlik te Zita Park in Garsfontein as die weer dit toelaat maar soms by iemand se huis. Hierdie groep mammas is so ‘on the ball’ dat ons lekker besig was deur die jaar! Ons reël uitstappies na melkplaase toe en ander goeie opvoedkundige plekke.
Ons gaan saam kamp einde November en gaan vandag weer bymekaar kom om ons konsert wat die 1ste November plaasvind, klaar te reël. Die konsert sal my kinders se eerste verhoog vertoning wees en ons sien baie uit! Die aand gaan ons ook sertifikate en toekennings gee aan ons kinders vir hulle harde werk deur die jaar.
My kinders het maats geword met die kosbare groep mense en ek het besonderse vriendinne in hierdie mammas ontdek.
Ons woon een keer ‘n maand ‘n aanbieding deur Liza de Frey by, genoem Nature Kids. Dis ‘n baie leersame en prettig aanbieding, elke keer ‘n nuwe onderwerp. Mammas en kinders sit buite onder ‘n boom en leer saam oor die aarde, diere en plante. Kontak haar by defreyem@ee-sa.com
Ons het ‘n kleiner groepie afgestig waar elke ma ‘n beurt het om ‘n kuns dag te huisves. Die Mamma is verantwoordelik vir die kunsgereedskap en idee en volgende keer is dit iemand anders se beurt. Ons kinders is nog jonk (voorskool en Graad Eentjies) so ek sien uit na die toekoms waar ons saam leer en speel!
Amper vergeet ek van die markte wat ons hou! Ons kinders kry geleentheid van jongs af om entrepeneurs te wees met klomp plaaslike markte waar ons tuisgebakte koek en koekies kan verkoop. Ons het laas week ‘n mark gaan ondersteun by Zambesi Trou Venue en die uitstallers was uitstekend! Daar was ook ‘n aanbieding deur Experilab wat my kinders baie geniet het! Baie ontploffings en wetenskap eksperimente wat lyk of hulle skeefloop.
Ter opsomming, ‘n tuisonderrig kind kan enige sport doen wat sy/haar hart begeer. En ons kuier gereeld met dieselle maats onder die toesig van ouers. Ek het nie eers gepraat van ons eie na-‘skool’ aktiwiteite wat swem, dans en kuns op die stadium is. So, ons oggende is heerlik rustig by die huis. En dan na middagete, is ons oppad na een of ander aktiwiteit waar ons sosialiseer. 🙂
Facebook skakels:
Homeschool Friends/Tuisonderwys Vriende https://www.facebook.com/groups/408098432623452/
Home-school Outings in South Africa https://www.facebook.com/groups/156810014491188/
Baie volledige lys van al die ondersteuningsgroepe in Suid Afrika is te vind hier
http://www.south-african-homeschool-curriculum.com/south-african-homeschool-support-groups.html
Dit klink alles heerlik! Ons het dieselfde tipe ondersteunimgsbasis gehad voor ona getrek het. Ons is in Middelburg Mp en hoewel ek al n klomp tuisakool gesinne ontmoet het, voel dit meer soos n elkeen-doen-sy-eie-ding omgewing as die qaarvan jy praat. Hier is nie baie uitstappiea of byeenkomste nie. Ek moet se dis nogal lonely aa mens eers dit gehad het.
Shame Marle, dit moet moeilik wees. Maar ek wil jou uitdaag om jou eie saam-leer groepie te begin! Besluit op n tema en nooi mense! Dalk is almal net skaam en bang hulle word geoordeel. Soms kruip mense weg en dit neem een brawe mamma om uit te reik om iets te begin!