Hoe ek 'n 7-jarige en 'n 4-jarige tegelyk tuisonderrig

Daar is baie meer gesoute tuisonderrig mammas daar buite wat 6+ kinders tegelyk tuisonderrig. So my tweetjies is nou regtig nie ‘n prestasie nie. Ek sal graag wil hoor hoe doen ander mamma’s die ‘juggling act’ maar hier is my weergawe.
Ek gaan die week gebruik as voorbeeld.
Ilani (4) leer oor die B-letter. Daarom oefen sy b-woordjies en om b te skryf. Ek maak gebruik van die werkkaarte wat ek laas jaar gekoop het vanaf www.leerafrikaans123.co.za Terwyl sy haar b-woordjies inkleur, help ek Janéy met haar wiskunde.
2015/02/img_0628.jpg
Soveel as moontlik, doen ons aktiwiteite saam. Bingo speletjie is een sulke aktiwiteit. Janéy moet dan spelwoordjies kies wat sy die week gaan oefen. Ek het ‘n nuwe instelling waar sy elke Vrydag speltoets skryf. Die week, kon sy kies vannuit ons B-woorde Bingo-speletjie wat ek laas jaar gemaak het. (Sien Printables om jou eie Bingo spel uit te druk.) Die Bingo speletjie het prentjies langs die b-woorde so Janéy kies toe 10 woorde wat sy die week sou leer en skryf hulle neer op ‘n ander papier.
Ons Bybelkarakter van die week was bietjie moeilik om te kies aangesien dit met ‘n B moet begin. Boas en Barnabas speel klein rolle in die Bybel. Ek vertel toe vir albei dogtertjies die storie van Batseba. Ek lees dit eintlik vanuit die Bybel @ kinders.co.za wat ‘n baie lekker vertaling is is vir kinders. Die storie veral was mooi vertel en ek hoef niks meer te verduidelik oor die hoe Batseba swanger geraak het as wat die Bybel self gesê het: “Koning Dawid het met haar geslaap.” ‘n Interessante gesprek het onaard toe Janéy hoor hoe Koning Dawid gereël het vir Batseba se man, Urija se dood. Toe sê Janéy: “Dawid is ‘n baie slegte man!” Dit is ‘n normale opsomming na so storie en omdat sy nie die res van Dawid se storie ken nie, is dit verstaanbaar. Ek verduidelik toe dat hierdie Dawid se grootste fout was in sy lewe en dat hy andersins ‘n baie goeie man was! Ons sal defintief hom behandel wanneer ons by D-week kom! Sien uit!
Janéy teken toe die verhaal met Koning Dawif op sy paleis se dak en Batseba in haar ‘swembad’ soos Janèy dit verstaan. Ek moes giggel toe Janéy Batseba teken met haar swembroek aan. Ilani loer oor haar skouer en sê: “Sy was eintlik kaal. Want dit is haar bad!” Hulle het albei gegiggel oor Koning Dawid se groot glimlag en hoe hy koekeloor vir Batseba.
Ilani moes ‘n tema skinkbord vol maak met B- voorwerpe. Ek moes bietjie meer help met idees as wat ek sou wou. Hopelik, kom die voorwerp idees makliker in latere weke.
Janéy se Songapore Maths het baie vorm werk ingehad, waar sy die woorde moes neeskryf. Ek sien toe dat ons daaraan moet werk en besluit toe om ‘n vorm sakkie te maak soos haar kleur sakkie van laas jaar. Ek love om met felt te werk!
So terwyl ek bietjie naalwerk doen, moet Janéy vir my lees en Ilani oefen met bordkryt om die letter b te teken. Sy besef toe dat sy baba kan skryf omdat sy nou b en a letters ken.
2015/02/img_0643.jpg
2015/02/img_0644.jpg
Ek was nie tevrede met ons kort Batseba storie nie, so toe luister die kinders na die storie van Elia en die Baal profete. B vir Baal. Die is nog ‘n storie wat ek voorheen op CD opgeneem het. My manlief gaan binnekort vir my help om die Bybelstories op MP3 beskikbaar te maak sodat julle dit sal kan aflaai en luister.
Ons het toe felt gebruik om twee altare te bou. Een vir die Baal profete en een, heeltemal met water gesous, om Elia se altaar tot God te verteenwoordig. Op die binne blad is die Baal profeet se altaar wat dieselfde lyk (nog met ‘n bees daarop). En ‘n groot flam om te wys hoe Elia se hele altaar en offerande opgebrand was. Hierdie kan nou nie ‘n lapbook genoem word nie. Dit was sommer maar ‘n kunsprojekkie.
2015/02/img_0663.jpg
2015/02/img_0664.jpg
 
 
 
Laastens, het ek ‘n geheue speletjie gemaak met Janéy se sigwoordjies. Ek sien sy sukkel om hulle te onthou (al is hulle deur die hele huis geplak!) Daarom het ek so paar sogwoorde getik (beskikbaar hier vir jou gebruik), uitgesny en gelamineer sodat sy dan hulle in ‘n geheue speletjie kan gebruik. Skommel die woorde, pak hulle onderstebo uit. Neem dan beurte om twee kaarte op te tel. Die doel is om elke woord hardop te lees soos jy hulle omdraai en pakke van pare te maak. Wenk: Voor jy lamineer, plak donker papier agterop die wit papier sodat die sigwoorde nie deurskyn nie!
2015/02/img_0624.jpg
Ilani sal ook die geheuespeletjie kan saamspeel al kan sy nog nie lees nie. Sy sal kyk na die woorde wat dieselfde lyk. Hierdie is ‘n tipe persepsiële diskriminasie en ‘n bou blok vir lees.
Terwyl Janéy by ballet was, het ek stories vir Ilani gelees uit die Hat Storie Woordeboek. Die boek verbreer ‘n kind se woordeskat deur stories te vertel. Ek het dit nogal ‘n negatiewe resensie gegee laas jaar, maar die week het dit baie handig ingekom en Ilani het die kort stories en rym woordjies baie geniet. Neem die goed uit iets en los die sleg. Dis wat ek besluit het oor die boek asook die afgelope week!