E is vir Antieke Egipte (Deel 2)
Soos belowe in Deel Een van Antieke Egipte, hier is hoe om ‘n sarkofaag (sarcophagus) te maak.
1. As jy ‘n goedkoop pop of Barbie wil gebruik om daarin te sit, kry ‘n plastiese koeldrank bottel die groote van die pop.
2. Meng die paper mâché gom aan; 1 derde meel, een derde water en een derde gom. Dip dan Carlton rol (kombuis papier) daarin en plak op die plastiese bottel. Maak so paar lagies om die hele bottel.
3. Rol bietjie Carlton rol op (natgemaak in die gom) en plaas die bolletjie op een kant van die bottel om ‘n gesig te vorm. Rol ook ‘n ‘slang’ van carlton rol, dip in die gom mengsel en plaas om die gesig om die hare te verteenwoordig. Plak dan plat stukkies carltom rol, wat eers gedoop was in die gom, bo oor als om dit aanmekaar te hou. Laat droog in die son.
4. Ek het dan met ‘n skêr, die sarkofaag in die lengte deur gesny om die bo kant en omderkant van die sarkofaag die vorm. Die sarkofaag was nog nat met gom aan die binnekant wat eintlik gehelp het om dit weg te trek van die bottel.
5. Toe is koerant papier aan die beurt. Die keer was die gom mengsel net bietjie gom en water, geen meel nie. Ons plak-verf dit op die sarkofaag. Dit het die oppevlakte gladder en stewiger gemaak. Ook aan die binnekant van die sarkofaag. Toe ek sien dat al die gom, die sarkofaag platter laat val, vou ek dit om die bottel weer om dit so te laat droog word.
6. Toe dit droog was, ‘spray’ ek dit met goue spray paint.
7. Toe verf die kinders die sarkofaag. Ek het vir hulle prentjies gewys wat hulle as voorbeeld kon gebruik.
En daar het jy dit!
Ons het Koning Toetenkamun se sarkofaag (eintlik drie van hulle maar ek gaan nie die meervoud van sarkofaag probeer nie) gesien by die King Tut uitstalling by die Silverstar Casino buite Krugersdorp. Maar meer daarvan later.
Ek hou daarvan om ‘n kuns daggie saam met maats oor die onderwerp te geniet! Ek en my vriendin Dominique het al weke vooruit beplan om saam ‘crafts’ te maak oor Egipte. Ons verdeel die werk en wie bring wat en ontmoet dan by ons huis. Almal is aangetrek as Egiptenare. Dominique help om my kinders se make-up nog helderde te maak.
Ons almal dra wit en net Janéy is versigtig genoeg om nie haar kleure vol verf te kry nie. Ek drapeer sagte wit muslin gordyne om my kinders se skouers. Dominique draai goue lint om swart ‘bottle cleaners’ sodat sy dit kan buig om ons koppe om Egiptiese krone te vorm.
Ek sny toilet papier in ‘n spiraal en ‘spray paint’ met goud om armbande te verteenwoordig. Ek sny ook papier borde uit, verf met die goud en toe plak die kinders dekor daarop. Dit was die nek versierings van die Egiptenaars. Ongelukkig het dit die kinders se nekke seer gemaak en wou niemand dit dra nie. Ek moes dit eerder in die helfde gesny het en met lint om hulle nekke laat hang.
Tussendeur eet ons tuna vis saam met Egiptiese brood. (Baie eenvoudig om te maak: net 500g bruinmeel, knippie sout en 5g gis gemeng in 200ml lou warm water. Meng alles saam, verdeel in 6 bolle en laat rys in ‘n plastiese sak vir ten minste ‘n uur. Bak dan op 180’C vir 25-30min (wanneer ‘n mes skoon uitkom).
Ons het ook appel en dadeltert geeet!
Toe verf en versier ons die draagstoel! Dominique het dit by haar huis versamel.
Toe het elke prinses ‘n beurt gekry om in die draagstoel te ry. Oe, hulle het grênd gevoel! Ons het selfs rooi vye aan hulle aangebied terwyl hulle so sit! (Baie dankie aan Dominique se ma, Amanda, vir die luukse vrugte!)
Wat ‘n lekker dag!
Twee dae later ontmoet ons weer vir die uitstappie na die King Tut uitstalling! Kaartjies kos R160 per volwassene, en R100 vir kinders bo 6jaar. Kinders onder 6 is gratis. Koop kaartjies hier https://www.webtickets.co.za/mobi/event.aspx?itemid=829836152
Die uitstalling is nog aan die week (sluit 12 April) en ek sal julle aanmoedig om te gaan! Dis regtig profesioneel en indrukwekkend!
Elke persoon (en kind!) kry ‘n luister apparaat waarna hulle na die inligting oor die uitstalling luister. Dit was so komies om my kinders te sien rondstap met die groot selfoon-tipe ding teen hulle oor. Maar dit was vir hulle lekker en my oudste kon bietjie van die inligting verstaan. Ek moes later hoor dat my 4-jarige ‘niks verstaan het nie’.
Daar was ook ‘n goeie dokumenter oor Howard Carter wie die graf van King Tut ontdek het in 1922. Die nagemaakte skatte en inhoud van die graf is op uitstalling en ek dink dis die naaste van ons aan Egipte en artefakte gaan kom en daarom verseker ‘n moet om te sien!