Die Gebed van 'n Tuisonderrig Mamma
Deur Janet Kieswetter
Here, vanaand is my hart vol
Met al die liefde wat U ons mee seën.
Al is my dae dikwels dol
Is ek so dankbaar vir die tyd geleen.
Elke dag kyk ek in my kinders se gesiggies
Of hulle nou glimlag of frons,
Ek kan bemoedig met stywe drukkies
En sien hoe leer hulle soos ‘n spons.
Hoe geseënd voel ek en ryk,
Om hulle te kan leer in U weë.
Ek doen my bes om nie te vergelyk.
Dit hou my darem op my kniee!
Ek geniet om saam hulle te leer,
Oplees en swot my lewe lank!
Ek wou nog altyd meer studeer
Wel, nou is skool my voorland!
Seën ons vandag in ons ‘skool’
U weet U is altyd tuis!
Mag dit altyd voel soos een groot jool
Hier waar ek tuisonderwys!