Ek het die begin van die week op Facebook gevra wat begin met U en wil dankie sê vir die groot reaksie. Nou sien julle hoe verslawend dit kan raak om woordjies en dan aktiwiteite wat werk met daardie woorde uit te dink! Een vriendin sê “nou kan ek nie ophou U woorde uitdink nie”. Dis wat gebeur! En dis SO lekker!
Maar soos met ‘e’ het ‘u’ ook probleme gegee. Want daars baie min woorde waar die ‘u’ klank mooi uitgespreek word. Meeste woorde wat met ‘u’ begin, kry ook ‘n ‘i’ by en dan hoor mens die ‘ui’ klank en nie meer die ‘u’ nie. So wat staan my te doen?
Ek het besluit om soveel moontlik die ‘u’ klankie te oefen, ook in die middel van woorde en hier en daar die ‘ui’ klank toe te laat. Ek meen, kyk net na al die Afrikaanse alfabet posters en boeke en jy sal sien, hulle kies maar die Uil om die U letter te verteenwoordig.
So, ek skop af met Janéy se pragtige uil werk!
Sy het die Uil en wat hy eet als self geteken. Ek het vir haar ‘n keuse gegee: om die woorde om die uil te skryf of die prentjies te teken. Dis wat ek geniet van tuisonderrig, die vryheid om te kies. En dis okay as sy eerder wil teken, sy kan ander dag weer skryf. Sy skryf reeds baie netjies so laat sy eerder doen wat sy geniet om te doen. En sy het dit baie geniet! Elke dier is op Google ‘step-by-step how to draw a…’ ge’search’ en sy het dit noukeurig gevolg. Sy vra of sy drie vissies hier mag teken. Ja! Mag sy ‘n dammetjie om die vissies teken? Ja! Is dit okay as die akkedis se stert so opswaai plaas van reguit lê? Ja ja ja! Lyk my daars nog ‘skool’ in haar kop want sy moet nog vir als permissie kry. (Of ek dikteer nog te veel!)
Nou dat ons al die klinkers goed ken, kan ons werkies doen wat al 5 inkorporeer. Sy moet nou fyn luister na watse klinker in die woord pas.
Sy moes woordjies lees wat ek uitpak, en woordjies uitpak wat ek vir haar vra.
Dankie aan almal wie vir my herhinner het van die ‘uur’ of ‘ure’ woordjie. Janéy was gretig om te leer tyd lees, so ek het vroer vanjaar vir haar die ure geleer. Maar nou kon ons hersien en ook dit uitskryf. Ek gebruik oulike produk wat ek by Exclusive Books gekoop het: Kumon Flash Cards, Easy Telling Time, Write and Wipe.
Ons het gepraat oor uniforms, en hoekom mense hulle dra. Hulle moes puzzle stukkies uitsorteer en groepie maak van die loopbane waar mens uniforms dra en die sonder uniforms. Dit doen hulle sommer op die sitkamer mat terwyl tee drink. Daars ook ‘n gratis app op my foon, ‘Educational Games for Kids’ waar hulle mense met uniforms moet paar met ‘n stuk gereedskap. Byvoorbeeld, die soldaat met die tank en die verpleegster met ‘n inspuiting. Janéy het geniet om dit te speel.
Ons het gekyk na die lande op die wêreldkaart wat met U begin. Janéy wys na Uzbekistan.
Toe lees ons in ons sendingboek, ‘Jy kan die Wêreld Verander’ deur Jill Johnston oor die Uzbeks. En vir hulle gebid.
Ek het geleer oor die formele U form om die Here of iemand in gesag te addresseer. Toe sing ons ‘Hallelujah, U is Koning, ons aanbid U, in U woning…’
Uno! Die speletjie UNO begin ook met U. En hier is Pinterest idees van Wiskunde werkies net Uno kaarte! Hoe oulik is dit?!
O
ns het bietjie begin praat van Uitvindsels en begin lees in die pragtige boek: Die Storie van Uitvindings deur Anna Claybourne en Adam Larkum beskikbaar vanaf Galileo Books vir R130. Maar ek het so skuldig gevoel oor die ‘ui’ klank plaas van ‘u’ dat ek op ‘n later stadium meer in diepte daardie boek sal bestudeer en moontlik ‘n projek daarvan maak! Sien UIT! :
En, ook soos iemand slim voorgestel het, het ons Ultramel vlae by die Uniegeboue gaan eet! Saam met ultra (Engelse woorde, ek weet) cool vriende!
Afrikaans rule !!!!!!!!!!!!! u ek dink woorde wat begin met “u” is wonderlik en hierdie webblad het my baie gehelp dankie .
Groot plesier! 🙂
n het op sy rug geval en gesê: “uhhh!” Die ander u woorde het ‘n langer klank of verbeel ek my??? uniform, uniek… Vir my klink almal soos die dubbel uu klank????
kan iemand my asb help met woorde wat met n U begin
Hi Elizna
Uniek, uniegebou, universiteit, uil, uiters, uit, uitneem, ui, uniform, uit
Wat van “urn”. Ja, ek weet dit is effe “anglisisties, maar elke skool het een en ‘n besoekie aan die skool se kombuis is mos lekker en spreek die nuuskierigheid van die kinders aan. Die HAT gee die tweede verduideliking aan as ” waterkruik”.
Ek benodig n woord wat die u fonetiese klank aan die begin het… asb!
Hi Aniska!
Wat van uniform?!
U-boot
Jy’t nou my ratte laat draai. Nie een van my alfabet plakkate (en ek het ‘n duisternis) het ‘n regte u klank nie. Almal is die u of in die middel van die woord of dis ‘n ui of uu klank. Meeste woorde wat met u begin is immers nie in ‘n geslote lettergreep nie en dis dus eintlik uu. So nou’t ek gaan krap in my liewe dikke HAT en werklik die moontlikhede is min! Wat maak mens immers met ultimatum of ulster (ek het nie eers geweet dis ‘n lang, dik los oorjas nie!) Maar toe kom ek darem ook op ultravoilet af en ultrasonies.
NS. Ek is mal oor die Uzbekistan, sou nooit aan dit gedink het nie. ‘n Ander plek opsie is ook Ur (waarvandaan Abraham gekom het).
Ultra is weer n woord wat ek nie aan gedink het nie. Wel, dog eintlik dis Engels! Is dit net Afrikaans in die konteks van ultrasonies en ultraviolet? Nie op sy eie soos Ultra mel vlae. 😜