Dit kan baie scary wees, “die vrees van die onbekende”, die magdom informasie daar buite wat jou laat voel asof jy verdrink en kom ons vergeet nie, dat die toekoms van jou kind rus in jou hande. Geen wonder jy voel angstig en benoud.
Daarom het ek vir jou vier VIDEO’s gemaak om jou terus te stel?
Hierdie 4 video’s leer ek jou die fondasie tot jou kind se tuisskool opvoeding. (Tuisskool, Lees, Skryf en Wiskunde)
1. Leer my Tuisskool (Kyk die video hier)
(Heelwat meer ouers oorweeg tuisskool nou. Ek wil graag julle vrae beantwoord! Met die VIDEO gaan Janet Kieswetter, Tuisskool mamma vanaf 2014 van vyf pragtige dogters, al die gereelde tuisskool vrae beantwoord.)
2. Leer my Lees (Kyk die video hier)
(Janet gaan 7 verskillende beginner leesboekies wys sodat ouers kan sien watses werk die beste vir nuwe lesertjies. Sy gaan ook stap vir stap verduidelik hoe om jou kind te leer lees.)
3. Leer my Skryf (Kyk die video hier)
(Janet gee praktiese idees hoe om die aanleer van skryf prettig te maak!)
4. Pret met Wiskunde (Kyk die video hier)
(Daar is klomp wonderlike wiskunde idees daar buite maar waar begin mens? Met hierdie Wiskunde Video wil sy ouers opgewonde maak oor wiskunde!)
Copyright 2024 | Kieswetter Klaskamer