Ek het Me-Time gevind so tussen deur die voltydse mamma en juffrou wees. Ek deel graag met julle hoe.
Ek gaan die cliché woorde sê: dis ‘n groot voorreg om saam ons kinders te kan wees. Want dit is. Baie mammas wens hulle kon. En ek moet sê ek geniet die saamwees onsettend baie! Die snoesige reëndae waar ons onder die duvet cuddle en boek lees. Die tye wat ons tee en beskuit eet om die kombuis tafel vir ons pouse. Ek geniet dit wanneer al 5 my liefies doenig is in ons klaskamer – elkeen besig met hul takie. Ek kyk rond en gee ‘n tevrede sug. Dis die perfekte prentjie van wat mens droom vir jou tuis skool. Die reality TV mense kan maar nou in stap en ons afneem! Maar daars net n klein venster van geleëntheid.’ n Oomblik later en daars verf in kleinsus se hare en sy skree daaroor en grootsus het vinnig gewerk maar als verkeerd gekry en ander sus soek haar uitveër en ek ruik’ n doek wat ek sal moet ruil. Dan smile ek en gaan aan want dis waaroor dit gaan. Ons lewe saam.
Ek is baie lief vir Maandae want ek geniet om weer skoolwerk te doen. My kinders het heeeeltemal te veel skermtyd gehad oor die naweek en ons almal is eintlik lus om boekewerk te doen. Maar Dinsdae val die wiele dikwels af. Maandag het ons seker onsself ooreis en nou is niemand meer lus vir werk nie. Maar ek ploeg daardeur en probeer die doelwitte in my kop bereik.
En iewers tussen die lekker werk en die ekstra aktiwiteite en die kos maak en borsvoed, soek ek n knippie tyd vir myself. Wil ek stil sit sonder handjies wat aan my vat en stemme wat veg vir my aandag. Kom hulle agter dat hulle tegelyk met my praat? Dit lyk nie so nie.
Hier is n paar wenke om jouself op te pas in hierdie hoogs onselfsugtige tydperk.
1. Identifiseer wat jou ‘energize’ en doen dit een keer n week.
Is dit draf of gym, skilder of skryf. Vir my is dit om oulike idees raak te sien en te deel op social media. Gelukkig pas dit so goed in by tuisskool. Maar ek dink jou energie ‘drankie’ doen ook. Dalk is dit klavier speel of n soduko probleem oplos. Jou kinders kan deel wees van die ‘recharge’ aktiwiteit en so leer hulle ook dat mens jou siel voed deur ‘n stokperdjie te hê.
2. Lag
Al moet jy n komediant se video clip kyk, maak seker jy lag lekker elke dag. Daars soveel snaakse mamma videos deesdae wat so mooi uitbeeld hoe ons almal in dieselfde bootjie is.
Hier is so paar goeies!
Kristina Kuzmic https://www.facebook.com/KristinaKuzmic/
Mom Truths https://youtu.be/Qi_gyd1DDX0
Maryellen Hooper https://youtu.be/gxNnrBWydDg
3. Lê
Meeste naweke lê ek vir n uur in die bad. Sondae of Saterdae, soms albei! Wat doen my kinders terwyl ek dit doen? Wel, van hulle wil saam bad maar as ek dit regkry om ongesien weg te glip, weet ek nie wat doen hulle nie. Kyk TV of speel iewers saam. My man hou toesig.
Ek lê baie middae op die bank vir so halfuurtjie. Dis hemels!
Soms lê ek op die trampolien met my twee-jarige tweeling wat om my en later op my spring. Dis minder ontspannend maar dit laat my lag. En ek kyk na die wolke. En dis lekker.
4. Intelligente gesprek met ander volwassene.
Ek geniet om Radio 702 te luister. So in plaas van kinderliedjies of oulike kinderstories, (wat ek ook soms aansit), luister ek die nuus of n gesprek of onderhoud en dit voed my brein. Die kinders raas in die agtergrond, maar ek fokus op die omroeper en dis n soort ontsnapping.
My man bring vir my baie volwasse materiaal huis toe. 🙂 Ons gesprekke is vol sielkunde en dink dinge wat my uitdaag na n lang dag met die kinders. Ek moet soms hard werk om te konsentreer op wat hy verduidelik. Maar dis stimulerend en ek hou daarvan.
5. Girls Night Out!
Elke keer sê ons ons moet dit meer gereeld doen! Ja! Sommer een keer n maand! Ons sê dit elke jaar wanneer ons Girl’s Night Out hou. 😁
6. Gaan iewers alleen.
My prettige uitstappies alleen is winkels toe. Dischem is my gunsteling maar dit her nou ook n luuksheid geword want ek het eintlik net tyd vir Pick n Pay. Dan moet ek terug wees. So whoop whoop as ek alleen deur Dischem kan shop!
7. Pamper jouself
Self-versorging in die vorm van hare of naels laat doen. Bederfies soos sjokolade of ‘n glasie wyn. Dit als dra by tot jou sanity. En dit in sy beurt maak jou n beter mamma-juffrou vir jou kinders.
8. Kuier met vriendinne
Sommige dae is die petrol joggie en my bediende die enigste mense met wie ek gepraat het. Awesome mense, albei! Maar ek kan nie help om eensaam te voel nie en myself te begin jammer kry. Dan is dit tyd om op whatsapp te chat, skoonma te bel of my buurvrou te gaan soek vir n koppie tee. Maar ek moet proaktief wees. Dit help nie ek raak vies vir mense wat my NOOIT kontak nie. Ek moet uitreik. En vriendskap soms gaan soek!
9. Kom in die natuur
Ons is geseënd om op n wildlife estate te bly. Ek vind soveel plesier in die bokkies en voëls wat om ons wei. Selfs die mis op ons gras laat my glimlag. Dink die sebras het besluit ons tuin is hulle toilet. Soos my kinders die hope verwyder, word daar weer nuwe hope gelos. Ek kry baie vreugde uit die natuur en glo dit was die Here se doel daarmee. Om ons sintuie te bederf. Ons as tuisskool mammas het meer tyd om dit als in te neem. En dan ‘n les daaroor te maak! 😀
Ek gaan die perfektioniste irriteer en stop na 9 punte. Sorry julle, maar dit sal julle ook help om te chill. Dit hoef nie altyd n perfekte ronde getal te wees nie. Jou dag mag off-centre wees. Dis okei! Die lewe is nie altyd netjies en ordelik nie. Dis onvoorspelbaar en deurmekaar. Maar darem deel ons dit met MEKAAR!
So wanneer al die skool kinders weer terug gaan skool toe, en jy so klein bietjie jaloers voel, neem diep asem en trek jou lyfies nader. Sit julle hande bo op mekaar en skree julle familie kreed: Ek skree Kies, jy skree Wetters, Kies – Wetters, Kies – Wetters! Ek skree Klas, jy skree Kamer, KLAS… KAMER! KLAS! KAMER! Wie is ons? Kieswetter Klaskamer!!