Dis ‘n lekker kontroversiele vraag. Daars twee groot opinies daaroor. Eerstens, jong kinders is ‘n spons en kan meer leer en inneem terwyl hulle jonger is. Leer dus vir hulle sommer meer as een taal terwyl hulle jonk is en hulle sal glad nie sukkel nie (http://www.parents.com/toddlers-preschoolers/development/language/teaching-second-language/

En tweedens, glo mense dat kinders kan net so ver vorder in ‘n tweede taal as wat hulle bereik het in hulle eerste taal. So maak eers hulle moeder taal sterk voordat jy begin met nog ‘n taal. 

Ek dink albei is waar en kan werk! Mens kan meer as een taal van jonks af vir jou kind leer PRAAT. En dis belangrik om sterk te word en bly in jou eerste taal. Dis die lees en skryf daarvan wat bietjie later moet plaasvind. 

 Baie tuisonderrig teorie is basseer op die Charlotte Mason benadering. Mev Mason het kinders klomp tale laat leer. Maar sistematies. Sy het geglo dat ‘n kind eers die taal moet leer deur hoor en praat daarvan, verkieslik met iemand wie se moedertaal dit is. En dan later die lees en skryf daarvan aanleer. Dus, sou die Graad1-3 kind liedjies en rympies leer in ‘n tweede taal (in hulle geval, Frans) en dan teen Graad 4 die taal begin lees en skryf (https://simplycharlottemason.com/blog/teaching-foreign-language-subject-by-subject-part-9/) Sy sou die derde taal dan inbring deur geslesies, liedjies en stories in daardie taal (bv Duits) en dan teen Graad 7 die Duits saam met die Frans se lees en skrywe leer. 

As ons dit van toepassing maak op ons kultuur, sal die mammas wie se moedertaal Afrikaans is, vir hulle voorskoolse kinders klomp Afrikaanse stories lees en rympies leer. Hulle sal gesels oor prentjies en die lewe om hulle. Teen die tyd dat hulle kind met Graad R of 1 begin, word Engels voorgestel aan die kind. Nog nie lees nie, maar ook gesprekke, liedere en storie boeke voorgelees. So leer die kind die gramatika, die aksent, die uitspraak van woorde voor hulle dit hoef te moet spel.

In ons tweetalige land, word ons kinders van jongs af bloodgestel aan albei Engels en Afrikaans. My kinders leer so baie net van TV kyk. Maar ons het ook familielede en vriende wat Engels is met wie my kinders Engels praat.  Daarom, sal jy as ma weet wanneer jou kind gereed is om in die tweede taal te begin lees en skryf. 

Die week het ons ‘C is for Clever Cat’ gedoen en die Engels het net vanself gevloei!   

My oudste het my verbaas en sommer drie Engelse begin-leesboekies gelees in een dag! Sonder dat ek die Engelse klanke eers vir haar leer, tel sy die boek op en kom baie goed reg! (Ek het die klein leesboekies as deel van LLATL kurrikulum gekry wat ek by www.oikosfamily.org aangekoop het.) Sy het dit terdeë geniet al het sy ‘with’ soos ‘wiff’ uitgespraak.  

Ek het laat my kinders drie-letter woorde wat met ‘cat’ rym uitpak.  

  

En na sy baie woorde gespel het, kon my oudste sinne begin vorm en neerskryf. 

Al wou sussie (5) ook baie graag Engels lees, kon ek sien dat sy nie gereed is nie omdat sy nie al haar Afrikaanse klankies ken nie. Maar sy kan hoor wat rym met ‘cat’ so ons het lekker gesels oor rym woordjies en dit was vir haar baie lekker.  

c letter werkkaarte
 Werkkaarte vanaf http://kidsactivitiesblog.com/wp-content/uploads/2014/07/letter-c-worksheets.pdf 

Nou hoe maak ek van hier af? Ek sal aanhou om Engels (en Afrikaanse) stories vir hulle te lees . Ek sal Engelse sigwoorde vir my oudste leer. Net een nuwe een per week. Ons sal Engelse liedjies sing in die kar. Ek sal die lees stadig vat want Afrikaans lees is steeds my prioriteit. Maar ek sal ook laat Janéy se belangstelling in Engels my lei sodat ons nie te vinnig of stadig daarmee beweeg nie.

 Dis my siening. En ek glo elke tuisskool gesin moet maak soos wat die beste vir hulle gaan werk. Vir die ma-juffrou en vir die kinders.

Wat ek nog meer oor wroeg en meer oor sal moet uitvind, is die ander vakke se leer taal! Vir nou is als Afrikaans, maar wanneer gaan ons aardryskunde, wetenskap en wiskunde MOET oorskuif Engels toe?  Dit sal ek nog moet wag en sien. 

2 Responses

  1. Ons volg ook basies dieselfde benadering. En alhoewel ons glad nie leer Engels lees het nie het die kinders nou skielik self Engels oral om hulle begin lees. En soos hul met ‘n woord sukkel praat ons sommer so bietjie oor die Engels waar mens soms nie ‘n klank se nie of klanke se wat daar nie is nie 🙂
    Is dit nie hartseer dat Afrikaanse hulpbronne so min is dat ons klaar begin wonder wanneer ons moet oorslaan na Engels toe nie.

    1. Dit klink so lekker! Daardie geselsies en gesprekke oor dinge is my ‘favourite’! So lekker om hierdie tuisonderrig reis saam jou te doen vriendin! Liefde-groete! xxx

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *