Na ‘n besonderse bederfde vakansie met genoeg ruskans, het ons uitgesien om weer te begin werk in Kieswetter Klaskamer.
Dis moeilik om wiskunde werk te vind wat met Z begin maar mens kan seker redeneer dat Z die laaste letter in die alfabet is en daarom oefen ons wat kom na ‘n nommer en voor ‘n nommer. Bv. 12, ___ en 18, ___
My skoonsus het hierdie oulike wiskunde optel idee vanaf Pinterest met ons gedeel.
Ek het ‘n oulike Afrika tel boek van my rak afgehaal. Die tel idee is eenvoudig (tel items tot 10) maar die kleurvolle prentjies van Afrika potte, krale en klere het ons baie gehelp met ons Zoeloe projek.
Nog ‘n Pinterest idee is verf in Ziploc sakkies! So maklik en mors-vry (my eie nuwe woord). Hulle moes die z letter oefen bo op die plastiek en mens kan effe die z in die verf sien. Sommer die kleure en meng van kleure gehersien.
Natuurlik moes ons praat oor ons President, Jacob Zuma. Ek het nie veel gehad om te sê oor hom nie. Net dat hy ook ‘n Zoeloe is en daarom baie vrouens het. Dit het Janéy ge-intereseer om te hoor dat hy geskei was en hoeveel kinders hy het.
Toe gesels ons oor Zoeloes en ek gebruik alle naslaan boeke en media om my kinders van hulle te leer.
Om die taal gratis online te leer en uitspraak te hoor, het UNISA ‘n goeie webwerf: http://www.unisa.ac.za/free_online_course/
Ons het gebruik gemaak van Shirley Erwee se The Zulu People ‘lapbook’ om oulike maniere te kry om inligting oor die Zoeloes te vertoon. Die materiaal is beskikbaar vir aflaai teen R75 vanaf haar werbwerf. http://www.south-african-homeschool-curriculum.com/zulu-people.html Ons het net sekere goed vanaf haar werkkaarte gebruik, omdat my kinders nog jonk is, maar ek bêre die inligting- ons sal dit moontlik weer gebruik.
Janéy het besluit sy haat Sjaka Zulu toe sy hoor hoe baie mense het hy vermoor. Maar het sagte teenoor hom geraak toe sy ‘n prentjie van sy mooi ma sien, Queen Nandi. Die koningin was verwerp deur haar man en dorp maar het haar seun nogsteeds soos ‘n prins groot gemaak. Toe Sjaka groot word, het hy terug gegaan na sy dorp toe, sy halfbroer vermoor en oorgeneem as Koning. Hy het natuurlik ‘n mooi groot hut gebou vir sy ma. En toe sy dood gaan, het hy nie regtig ooit oor haar gekom nie. Hy het so geweldadig geword dat sy halfbroer, Dingaan hom vermoor het. Dis moeilik om iemand te haat wanneer jy hoor hoe lief was hulle vir hul mamma!
Maar Sjaka is meer bekend vir sy wapen verbeteringe en Janéy moes die ou assegaai en nuwe Iklwa teken asook die groter en langer skild wat hy ontwerp het.
Ek het Wilipedia prentjies uitgeprint en inligting oor die Zoeloe konings geplak. Die geel band met swart kolle is veronderstel om soos die luiperd kopband, wat slegs konings gedra het, te lyk.
Diere prentjies en hul Zoeloe name was by deel van die Zulu People pakket. Ek het dit gelamineer en kyk hoe oulik pas dit in sy eie koevertjie.
Dit was Janéy se idee om kraaletjies op die Zoeloe opskrif te plak om dit te versier.
Die byekorfhut was maklik om te maak met die deksel van ‘n KFC Krusher en droë gras uit ons veld.
Ons het nog Zoeloe feite uit die pragtige ‘My eerste atlas’ gevind asook ‘Jy kan die wêreld verander’ deur Jill Johnstone.
Janéy het vir my begin lees uit ‘Zak die Kat’ (beskikbaar om af te laai vanaf www.leerafrikaans123.co.za vir R18) en ek het vir haar die onsettend oulike boek deur die bekende Niki Daly, Zanzibarstraat, gelees. (Ons het die boek as deel van ‘n pakket gekoop vanaf www.kinderwerf.co.za)
Ons het selfs met my oorseese familie gesels op ‘n nuwe app, Zello! Dit werk soos ‘n twee-rigting radio. Amper soos druk en opneem boodskappe oor Whatsapp maar beter op ‘n manier.
Ons het iet wat en almal gegroet met Sawbona’s en Sanibonani’s! Toe Ilani ons Ndebele huishulp vra hoe gaan dit: Unjani? Toe kry sy sommer ‘n druk, ‘n soen en ‘n lag van Mercy af. Toe kon sy duidelik sien hoe geniet mense om in hulle ‘eie’ taal gegroet te word.
Wat my nogals tot stilstand gebring het hierdie week was toe ek vir my kinders voor slapenstyd ‘n You Tube video wys van ‘n kerk vol mense wat in Zoeloe Jesus prys! ( Kyk dit gerus hier https://m.youtube.com/watch?v=Ap4w6WFvVK4) Siyabonga Jesu! My ses-jarige vrae toe: “Ek dog Mamma sê Zoeloes glo nie in Jesus nie!”
O gits, ek het verduidelik oor voorvader gelowe en ons het gebid dat die Here meer Christen leiers oprig wat nie by-gelowe toelaat in hulle kerke nie. Ek moes toe die indruk geskep het dat ALLE Zoeloes heidinne is. Dit was ‘n goeie geleëntheid om dit reg te stel. “Daars baie Zoeloes wie lief is vir Jesus! Sien hierdie kerk is stampvol mense wie Jesus aanbid. Maar daars ook Zoeloes wie nie in Jesus glo nie, net soos daar baie wit mense is wat nie Jesus ken nie. Ons moet vir almal bid om gered te word… Maar vir eers, kom ons dans!!”
En ons dans toe soos impi’s in pyjamas en sing kliphard:
Siyahamb’ ekukhanyen’ kwenkos’ x4
Siyahamba, hamba, x2
Siyahamb’ ekukhanyen’ kwenkos’
Wat beteken:
Ons stap in die lig van die Here.
0 Responses