← Terug na Janet se skryftafel
Uit Janet se argief

Die Gebed van ‘n Tuisonderrig Mamma

2015-05-01 · Janet Kieswetter

Deur Janet Kieswetter  Here, vanaand is my hart vol  Met al die liefde wat U ons mee seën. Al is my dae dikwels dol Is ek so dankbaar vir die tyd geleen. Elke dag kyk ek in my kinders se gesiggies Of hulle nou glimlag of frons, Ek kan bemoedig met stywe drukkies En sien hoe leer hulle soos ‘n spons.  Hoe geseënd voel ek en ryk, Om hulle te kan leer in U weë. Ek doen my bes om nie te vergelyk. Dit hou my darem op my kniee!  Ek geniet om saam hulle te leer, Oplees en swot my lewe lank! Ek wou nog altyd meer studeer Wel, nou is skool my voorland!   Seën ons vandag in ons ‘skool’ U weet U is altyd tuis!  Mag dit altyd voel soos een groot jool Hier waar ek tuisonderwys! 

Sien die oorspronklike artikel ↗